Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die man van weinig woorde se solder is so klein dat daar nie plek vir kaf is nie, het Langenhoven gesê. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan want dit bepaal jou hele lewe. Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolge dra, leer die Bybel ons.
1885: DS ML DE VILLIERS, KOMPONIS VAN DIE STEM VAN SA
KULTUURDAGBOEK 31 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Marthinus Lourens de Villiers is op hierdie dag in die Paarl gebore. Hy was die oudste seun van Dirk de Villiers, wat self 45 jaar lank orrelis op Wellington was en saam met sy vrou Tina, aan die hoof van hulle eie Musiekinstituut gestaan het.
Marthinus het min formele onderrig van sy ouers ontvang maar het gou in 'n bruikbare pianis, violis, orrelis en klarinetspeler ontwikkel.
Na matriek studeer hy drie jaar lank aan die Hugenote Kollege in Wellington, en behaal die BA-graad in 1904, 'n jaar na die eerste publikasie van een van sy komposisies: ' 'n Mars vir klavier'.
Van 1905 tot 1907 gee hy onderwys op Wepener, waar hy die spil word waarom die dorp se musieklewe draai – hy stig 'n blaasorkes, gee les in verskeie musiekinstrumente, word orrelis van die NG Gemeente en bring 'n kerkkoor op die been vir wie hy koorstukke komponeer.
ONS HET GESONDIG
As daar tans 'n gedeelte in die Bybel is wat volkome op ons Afrikanervolk van toepassing is, is dit hierdie gedeelte uit II KRONIEKE 6:36-39 AFR53:
"As hulle teen U sondig — want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na 'n land, ver of naby, en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gehandel, en ons was goddeloos — en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die land van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het, wil dan uit die hemel, uit u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smekinge hoor en aan hulle hul reg verskaf en u volk vergewe wat hulle teen U gesondig het."
Almagtige liefdevolle Vader in die hemel, vergewe asseblief ons volk vir al die afdwalinge, bring ons asseblief in opregte berou op ons knieë voor U, en kom reinig ons land van al die afgode en dwaalleringe sodat ons weer die volk vir U sal wees wat U wou hê. O Heer, verlos Suid-Afrika van die sataniese tirannie wat tans oor die hele wêreld spoel en kom regeer asseblief self hier sodat ons nooit weer hierdie pad hoef te stap nie en Suid-Afrika 'n veilige toevlugsoord vir al u kinders oor die wêreld sal wees. U alleen kan hierdie wonderwerk verrig. Dankie Vader dat U ons eerste liefgehad het en steeds liefhet; ons glo in U en u almag.
Amen.
1903: AFRIKAANS-NEDERLANDSE LITERATUUR AGV OORLOG 1899-1902
KULTUURDAGBOEK 30 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ditt is besonder opmerklik hoeveel literatuur in Afrikaans-Nederlands kort na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog verskyn het. Terwyl sommige boeke hoofsaaklik die klem op die gebeure van die oorlog laat val het, het andere weer die leiers van die oorlog beskryf. 'n Derde groep skrywers het weer die wyse waarop die oorlog die menslike lewe ontwrig het, aangetoon.
In De Zuid-Afrikaan van 30 Julie 1903 verskyn 'n aankondiging van boeke wat verteenwoordigend is van wat in die Afrikaans-Nederlands in daardie tyd verskyn het.
GAAN IN HIERDIE KRAG VAN JOU
Hannes Ollewagen
Rigt. 6:1-40
“Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie? Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie. Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.” (:14-16).
Is dit nie Ek wat jou stuur nie? Hierdie is die krag waarin Gídeon sy volk moet gaan verlos – die krag van die Een wat Hom stuur. Hy hoef nie, tewens, hy moenie op sy eie krag of vermoë steun nie. Hy moet gehoorsaam aan God en in geloof in sy getrouheid, bystand, krag en leiding God se opdrag uitvoer. Hy moet die instrument wees waardeur God se krag kan werk – hy is nie die krag wat God nodig het om sy doel te bereik nie.
1845: OHRIGSTAD AANGELÊ
KULTUURDAGBOEK 29 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe Natal op 12 Mei 1843 deur Brittanje geannekseer is, was nie alleen die gebied vir die Trekkers verlore nie maar ook die seehawe en die moontlikheid om 'n geestelike en handelsverbinding met Holland aan te knoop.
Vir Andries Hendrik Potgieter was dit genoegsame motivering om in die rigting van Oos-Transvaal te trek, hoewel daardie streek ongesond en nie so geskik was vir boerdery as die omstreke van Potchefstroom nie. Maar daar sou hy immers buite die grense van die Britse invloedsfeer leef en in staat wees om lewensnoodsaaklike kontak met die Portugese hawens te maak.
KULTUUR- DAGBOEK 29 JULIE
> >>
1. 1845: Lees in hoofartikel oor die aanlê van Ohrigstad. > >U kan ook heelwat meer te wete kom hieroor in die reeks Voortrekker-pioniers >
2. 1869: Die verdrag wat die grens tussen Transvaal en Mosambiek vasstel het uiteindelik na onderhandeling van etlike jare tussen Portugal en die Zuid-Afrikaansche Republliek op 29 Julie 1869 tot stand gekom. In hoofsaak was dit die erkenning van die kant van Transvaal van Delagoabaai as Portugese gebied in ruil vir handelskonsessies van Portugese kant.
U kan heelwat meer te wete kom hieroor in die reeks Voortrekker-pioniers
>>ONS SAL HERSTEL!
KRAGTIGE DENKE, GROOT DADE EN DIEPE GELOOF
Ps.68 staan daar geskrywe: In God sal ons kragtige dade doen en Hyself sal ons vyande vertrap.
Frikkie Strauss
Baie van die ja-stemmers van 1992 sal vandag sekerlik wens dat hulle die horlosie kon terugdraai na 17 Maart 1992. Dis egter nie moontlik nie. Ons moet nou vorentoe beweeg. In die proses is daar 'n aantal werklikhede wat ons in die oë moet kyk.
Die belangrikste daarvan is dat daar vir ons en ons kinders geen toekoms is binne die politieke bedeling wat in Maart 1992 geskep is nie. Enige pogings om ons lewens en ons belange binne hierdie bedeling te beskerm kan net van korte duur en weinig waarde wees. Ons moet onsself daaruit ontworstel en weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word. Dit sal kragtige denke, groot dade en diepe geloof verg.
1902: DR JAN BOUWS
KULTUURDAGBOEK 28 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Bouws, Nederlands-Afrikaanse musiekwetenskaplike, musiekpedagoog, skrywer en komponis (onder andere 'Op my ou ramkietjie') is op hierdie dag in Purmerend, Nederland gebore. Na opleiding as onderwyser en gedurende sy lang onderwysloopbaan studeer hy in Amsterdam musiekwetenskap onder proff. Bernet Kempers, Smits van Waesberghe en andere, en begin vroeg reeds intens belangstel in die Afrikaner en veral sy musiekkultuur.
In 1946 verskyn in Brugge uit sy pen in Afrikaans, die eerste en tot nog toe enigste poging tot 'n omvattende musiekgeskiedenis van Suid-Afrika 'Musiek in Suid-Afrika'. Die huis van Jan en Juliana Bouws in Amsterdam was 'n toevlug en tuiste vir baie Afrikaanse studente in Nederland.
MANNE EN VROUE WIE SE HARTE...
...in die bloed van Jesus gewas is
"Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans. Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom! Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer: Moet op prinse nie vertrou nie! Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red. Toe gebeur die teenoorgestelde. En dit het ons vryheid gekos."
“En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat… Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers” - Rig. 2:10,15,16
God gebruik soms onwaardige mense as kragtige instrumente in sy diens. Ja, Hy slaan reguit houe met krom stokke, soos in die tyd van die Rigters gebeur het. Ná die dood van Josua het Israel onverskillig teenoor hul verlede geword en geestelik verval. Op daardie stadium was al die mense wat saam met Moses uit Egipte getrek het, feitlik almal dood. Die wonder van God se ingryping, die volksbevryding en die gedagtes aan die grootse belewenis met God in die woestyn, het so goed as verdwyn!
1904: SA LANDBOU-UNIE
KULTUURDAGBOEK 27 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, ofte wel die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika soos dit destyds geheet het, en waaroor ons ook gister berig het aangesien die stigting or die dae 25-29 Julie gestrek het, is tydens 'n konferensie in Pretoria gestig. Die besluit om 'n sentrale Suid-Afrikaanse Landbou-unie te stig wat verteenwoordigend van alle landbou-organisasies dwarsoor Suid-Afrika sou wees, sowel as 'n besluit in verband met die verteenwoordiging wat die verskillende destydse kolonies in die nasionale organisasie sou hê, is op 26 Julie geneem.
Die volgende oggend is die reëls vir die fuksionering van die organisasie oorweeg en goedgekeur, sodat die Suid-Afrikaanse Landbou-unie formeel op 27 Julie 1904 tot stand gekom het.
1863: SUSANNA SMIT (MARITZ)
KULTUURDAGBOEK 27 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Susanna Catharina Maritz, suster van die Voortrekkerleier Gerrit Maritz, is op 28 Augustus 1799 in Uitenhage gebore. Teen haar sin is sy op 13-jarige leeftyd met Erasmus Smit in die huwelik bevestig. Twee seuns is uit hierdie huwelik gebore naamlik Salomon (genoem na genl Manie Maritz) en Hermanus Samuel George.
Sy het besondere deursettingsvermoë, heldemoed en onverskrokkenheid aan die dag gelê. Susanna was 'n belangrike kampvegter vir die regte van die Voortrekkers en het by die vrouedeputasie se konfrontasie met adv Henry Cloete, Britse Kommissaris in Natal, sterk gevoel dat die Voortrekkers eerder kaalvoet oor die Drakensberge sou terugkeer as om onder die Britse Magte te staan.
VERBONDSKINDERS
Ds A.E. van den Berg
“En kyk, Ek is met jou en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het” (Gen.28:15).
Die verhaal van Gen.28 is 'n ietwat ongewone verhaal. Dat God met iemand soos Jakob bemoeienis gemaak het, klink vreemd. Jakob was die laaste een wat op daardie stadium iets vir God sou kon beteken – alles behalwe 'n voorbeeldige mens. Van sy geboorte af het dinge verkeerd geloop. Daarbenewens beteken sy naam in Hebreeus bedrieër – presies wat hy was!
Jakob het op slinkse wyses God se beloftes bekom om homself te bevoordeel. Hy het nie eens sy bejaarde vader ontsien nie en hom openlik bedrieg om sy broer se seën te bekom. Jakob was selfgesentreerd, egoïsties, impulsief en eiegeregtig. As ’n sielkundige verslag oor Jakob se persoonlikheid opgestel kon word, sou daarop gestaan het: psigopaat!
1915: EERSTE UITGAWE VAN 'DIE BURGER'
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die eerste uitgawe van Die Burger, oudste Afrikaanse dagblad, verskyn. Dit het gevolg op 'n vergadering van sestien vooraanstaande Afrikaners op 18 Desember 1914 op Stellenbosch, waar besluit is "dat het wenselik is een Hollands nieusblad uit te geven." Daarop is die Nasionale Pers gestig om die koerant uit te gee wat, op voorstel van mnr HJ Bergh, De Burger sou heet.
Bergh, sowel as mnr Jannie Marais, wat die onderneming moontlik gemaak het deur aandele op te neem vir meer as sestig persent van die aanvanklike nodige bedrag en later geld voor te skiet vir die aankoop van 'n rolpers, is oorlede voor die eerste koerant verskyn het.
1876: GENL MANIE MARITZ
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Salomon Gerhardus Maritz is op hierdie dag in Kimberley gebore. Hy was 'n polisieman in Johannesburg toe hy in Oktober 1899 saam met die Boksburgkommando na die oorlogsfront in Natal gegaan het. Hy het lid van Danie Theron se dapper Verkennerskorps geword.
In Februarie 1901 gaan veg hy in die Kaapkolonie en word tot veggeneraal bevorder. Hy weier om die wapen met die vredesluiting op 31 Mei 1902 neer te lê en gaan deur Duits-Suidwes na Europa.
1649: OORHANDIGING VAN DIE REMONSTRANTIE AAN DIE KAMER VAN AMSTERDAM
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
L Janszen en M Proot het hulle Remonstrantie, wat gebaseer was op die ervarings van die skipbreukeling van die Haarlem, aan die Kamer van Amsterdam oorhandig. Leendert Janszen is te Tongeren in die Suidelike Nederlande gebore. Ten tye van die stranding van die Haarlem was hy 'n onderkoopman. In 1651 is hy as 'n 'tweede persoon' aangestel in Wingurla aan die weskus van Voor-Indië, en in 1864 het hy gesagvoerder van die gebied geword. In dieselfde jaar is hy tot koopman bevorder.
KULTUUR- DAGBOEK 25 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1874: Lees in hoofartikel oor die eerste Burgerspond in die ZAR.
2. 1904: Die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika is op 'n konferensie in Pretoria, 26-29 Julie 1904 gestig om boerebelange op nasionale vlak te behartig. Later word die naam daarvan verander nadie Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU).
3. 1826: Dr James Barry, mediese inspekteur van die Kaapkolonie, voer in 1826 die eerste bekende suksesvolle keisersnit in Suid-Afrika uit op die vrou van TF Munnik – die baba is na hom vernoem as James Barry Munnik. Toe die latere generaal en Suid-Afrikaanse premier, JBM Hertzog in 1866 gebore word, word hy vernoem na JB Munnik, wat sy peetpa en die broerskind van sy ouma (Christina Munnik) aan vaderskant was.
4. 1971: Dr Christiaan Barnard, Afrikaanse hartchirurg, plant op hierdie dag in Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad 'n hart en twee longe in Adrian Herbert oor. Dit was die eerste operasie van sy soort te wêreld.
1874: EERSTE BURGERSPOND OORHANDIG
KULTUURDAGBOEK 25 JULIE
Van die bekendste Suid-Afrikaanse munte is die Burgersponde van 1874, wat genoem is na pres TF Burgers wat die inisiatief geneem het om goud uit Pelgrimsrus na Londen te stuur om gemunt te word.
Die eerste Burgerspond is op 25 Julie 1874 in Londen aan mnr JJ Pratt, konsul-generaal van die ZAR oorhandig. In 1898 het pres SJP Kruger aan Samuel Marks verlof gegee om die Munt van die ZAR vir een dag te gebruik in ruil vir 'n paar leeus uit klip gekap.
1866: DS ANDREW MURRAY
KULTUURDAGBOEK 24 JULIE
Andrew Murray is op 26 Mei 1794 in Clatt, Aberdeenshire, Skotland, gebore. Hy bekwaam hom in die teologie aan die Kings College in Aberdeen met die vaste bedoeling om hom aan die sending te wy. 'n Beroep om na Newfoundland as sendeling te gaan wys hy van die hand. Toe hy egter kort daarna deur ds George Thom, wat juis in Skotland was om geskikte leraars vir die NG Kerk in die Kaap te soek, gevra word om hom beskikbaar te stel, het hy onmiddellik daartoe ingewillig.
In ons verlede was daar seker min gebeurtenisse waarvan die gevolge so 'n diepgaande en verreikende invloed op die godsdientig-kerklike lewe van ons vaderland gehad het as die aankoms van Andrew Murray in die begin van Julie 1822 aan die suiderstrand.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (28)
5)Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis vreemd hoe ‘n mens se brein werk. Daar was vir ‘n baie lang tyd tekens dat Suid-Afrika aan die verval is en die logiese uiteinde sou wees dat chaos en anargie die plek van orde en veiligheid in neem. Tog het die ANC elke keer ‘n haas uit die hoed gepluk, dit wat op ‘n mespunt was en gedreig het om na die verkeerde kant te val, beredder. Nie reggemaak nie, maar op ‘n manier die bus nog ‘n ent laat voortstu teen die afgrond, sonder ‘n botsing.
Telkens het die blankes gedink die tyd het feitlik aangebreek, net om na ‘n paar dae te besef dis nog nie daar nie, byvoorbeeld toe die ’94 verkiesing aangebreek het en die ANC wen, toe Mandela oorlede is; toe die rand tuimel van R6.50 na oor die nege rand binne ‘n week, toe die onluste in Julie 2021 plaasvind in Natal en oorgespoel het na Gauteng. Toe beurtkrag van fase 3 na 6 opgeskaal is en fase 8 het gedreig.
1885: JF VAN WYK – NOG 'N ONDERWYSLEIER IN SA
KULTUURDAGBOEK 23 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Frederikus van Wyk is die skrywer van DIE MAUSER KNAL waarin hy 'n lewendige voorstelling gee van die kommandolewe en krygsgevangeneskap tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 – 1902. Hierdie man wat vir 15 jaar lank gratis onderwys gegee en skole gebou het, is op hierdie dag in 1885 op die plaas Leeuwfontein in die distrik Wolmaranstad gebore waar hy ook sy skoolopleiding ontvang het.
Op 14-jarige ouderdom lê hy sy eindeksamen af en in dieselfde jaar (1899) breek die Tweede Vryheidsoorlog in ons land uit. As 15-jarige penkop sluit hy hom by die Boeremagte aan, neem aan minstens agt veldslae deel, word 'n maand voor die vredesluiting by Roodewal gevang en na Indië gestuur waar hy sy naskoolse studie voortsit.