Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie almal skuld het is nie belangrik nie – voor God is ons immers almal skuldig. En versoening tussen mense is nie afhanklik van skuldbelydenis of vergifnis nie. Ons moet in die eerste plek met Christus versoen word, dan sal die vrede met ons naaste vanself herstel.
NARSISME
Persoonlikheidselfmoord
Ds. A.E van den Berg
Narsisme is ʼn persoonlikheidsafwyking wat weens ʼn oordrewe sin van eie belangrikheid ontstaan. Dis aan ʼn Griekse mite ontleen wat vertel van Narsissus, ʼn buitengewoon aantreklike jongman, wat ʼn profesie van ʼn blinde profeet ontvang het dat hy baie oud sou word indien hy nooit sy eie gesig sou sien nie.
By geleentheid wou hy sy dors in ʼn waterpoel gaan les toe hy sy gesig sien en ter stond daarop verlief geraak het. As hy buk om van die water te drink, het die beeld van sy gesig verdwyn. Bang om dit te verloor, het hy daarna bly kyk waarna hy later van dors gesterf en die narsingblom met sy geboë steel op daardie selfde plek opgekom het.
Hierdie mite waarsku teen oordrewe selfliefde. So ʼn selfliefde laat ʼn mens so in sy eie ego verstrengel raak, dat hy uit voeling met die werklikheid raak en as’t ware emosionele selfmoord pleeg. Mans is meer tot narsisme geneig as vroue. Dis ʼn persoonlikheidversteuring wat deur ʼn samestelling van genetiese en omgewingsfaktore gevorm is. Navorsing het bevind dat buitensporige ouerbewondering, vrye teuels en gebrekkige tuisdissipline ʼn teelaarde vir narsisme is. Gewoonlik is net een van die ouers daarvoor verantwoordelik!
1968: RAU OPEN
KULTUURDAGBOEK 24 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Randse Afrikaanse Universiteit het tot stand gekom ingevolge Wet nr. 51 van 1966, waarin die RAU omskryf is as Afrikaans in gees en karakter, en dat die beginsels vervat in Randse Afrikaanse Universiteit die aanhef van die Grondwet van die Republiek aan die RAU gehandhaaf sal word.
Die universiteit is op 24 Februarie 1968 amptelik geopen. Sy eerste kanselier, dr. N. Diederichs, is ingehuldig, nadat die eerste 741 studente hulle op 3 Februarie begin inskryf het en die eerste lesings op 13 Februarie aangebied is.
EUROPESE REWOLUSIE DIE BEGIN VAN ONS VRYHEID?
"Ons onthou dat Siener van Rensburg ‘n rewolusie wat tot ‘n staatsgreep lei vir Duitsland voorspel het... Dat die wêreld nou opwindende tye en groot veranderinge tegemoet gaan is nie ‘n leuen nie. Laat ons wakker en oplettend op die tekens van die tye wees sodat elkeen van ons sal weet wat hom te doen staan wanneer die winde van verandering verwoestend oor ons waai!"
Wêreldwyd lewer die media deesdae min nuus oor Europa. Veral hier in Suid-Afrika hoor ons nie eers die waarheid oor ons plaaslike toestande nie, wat nog te staan enige waarheid oor wat in die buiteland gebeur – slegs die leuens deur die media in samewerking met verskeie owerhede word vryelik verkondig. Enige waarhede veral oor aktuele politieke aangeleenthede word oor die algemeen deur die media verswyg. Gevolglik is die gemiddelde landsburger onbewus van wat nou besig is om in Europa te gebeur.
Daar is ooglopend 'n spontane, leierlose en massa-ondersteunde opstand teen die ontneming van ons bewegingsregte en teen die wêreldwye dwang deur regerings aan burgers om voltyds maskers te dra. Daar is al ‘n geruime tyd omvangryke demonstrasies in Duitsland aan die gang ( tot 5 miljoen Duitsers wat in die strate deelneem), en dit het ook na Wene en Kopenhagen uitgebrei. Die volkere verwerp oor die algemeen al die maatreëls met betrekking tot Covid-19 se inperkings omdat hulle besef dat hierdie een van die heel grootste vergrype sonder rede teen menseregte is.
In Nederland het die Haagse hof beslis dat die Covid-aandklok wat om ‘n sekere tyd lui om almal in hulle huise in te kluister nou geen regsgrondslag meer het nie en dat dit 'n ingrypende skending is van die reg op vryheid van beweging en privaatheid. Dit is veral ‘n vergryp teen die vryheid van die individu om protes aan te teken en te vergader oor die skending van hulle regte en daaroor te protesteer.
1857: OVS VLAG EN WAPEN
KULTUURDAGBOEK 23 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds op 23 Februarie 1854 het die Oranje Vrystaat tot stand gekom, maar sy onafhanklikheid sou eers drie jaar later op ‘n waardige wyse herdenk word. Dié dag het ‘n besondere betekenis en inhoud verkry omdat die Vrystaatse vlag en die staatswapen — simbole van 'n vrye volk – toe plegtig in gebruik geneem is. Nadat ds. Andrew Murray in gebed voorgegaan het, het pres. Boshof 'n indrukwekkende rede gehou waarna die Vrystaatse Vierkleur vir die eerste keer onder 21 kanonskote gehys en ontvou is.
1854: OVS KOM TOT STAND
KULTUURDAGBOEK 23 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat sir Harry Smith die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier tot die Oranjerivier-Soewereiniteit verklaar het, sou die Republikeinse Trekkers met die steun van Andries Pretorius tevergeefs by Boomplaats in Augustus 1848 die gebied probeer herwin. Die Britse gesag is opnuut bevestig, maar dit is halstarrig en onwillig deur die Boere aanvaar.
Ook Mosjesj, die Basoeto-opperhoof, het in vyandskap met die gebied geleef en die Britse resident, maj. H.D. Warden, het dit moeilik gevind om die Basoeto's se roofaanvalle op die blankes te bekamp. Hy het sake vir homself nog moeiliker gemaak deur hom voortdurend in te meng met die onderlinge twiste tussen die inboorlingkapteins en ander stamme in die gebied.
1707: STRYD TEEN W.A. VD STEL GEWEN
KULTUURDAGBOEK 22 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die inwoners van Stellenbosch is in die nag van 22 Februarie 1707 uit hul slaap gewek deur 'n jong man wat te perd deur die stil strate gejaag en die lug laat weergalm het met die kreet “Victorie, Victorie!!" Die gerug het die burgers bereik dat hulle die stryd teen die omstrede goew. W.A. van der Stel en sy hoë amptenare gewen het, en dat die goewerneur uit die Kaapkolonie verban is.
1707: Hendrik Bibault: “IK BEN EEN AFRICAANDER”
KULTUURDAGBOEK 22 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorwinning oor Van der Stel het nie sonder uitbundige vreugde gepaard gegaan nie. Vier jong mans van Stellenbosch het te perd deur die strate van die dorp gejaag en onder die invloed van drank by die meule moles gemaak deur die graanbakke rond te gooi en die meulenaar uit te skel. Landdros Starrenburg, wat op die lawaai afgekom het, het twee van die jong mans met 'n rottang bygekom, waarop een, Hendrik Bibault, geskreeu het: “Ik wil niet loopen, k'ben een Africaander."
HET U DEEL AAN DIE FEESMAAL VAN DIE HERE?
Hannes Ollewagen
Matt. 22:1-14
“Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.” (Matt. 22:4&5).
Geliefdes, elkeen van ons was seker al na ‘n feestelike geleentheid genooi. Ons weet dat dit ‘n eer is wat ‘n mens te beurt val om so ‘n uitnodiging te ontvang. Die gasheer wat hiermee te kenne gee dat die gaste vir hom in sy lewe tog van belang is. En daarom word daar baie tyd, geld en moeite vooraf spandeer om die feesmaal vir die genooides ‘n aangename geleentheid te maak.
Ons lees uit vanoggend se Skrifgedeelte van ‘n gelykenis wat deur onse Here Jesus Christus vertel is. En hierdie gelykenis handel ook oor ‘n feesmaal wat berei is. Ja, geliefdes, ‘n feesmaal nie net vir belangrike, gesiene, geleerde en ryk mense nie gereserveer is nie. Nee, ‘n feesmaal vir gewone mense, gebroke mense, sondige mense, mense wat honger en dors na die geregtigheid. Hierdie feesmaal wat deur God self berei is waarheen mense gratis kan kom om met die ware brood uit die hemel versadig te word. En tog sien ons ook self in ons tyd hoedat mense steeds hierdie wonderlike uitnodiging nie aanneem nie en hulle nie daaraan steur nie, maar verkies om hulself eerder met hul eie sake besig te hou.
“Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.” (:5).
1877: TOTIUS GEBORE
KULTUURDAGBOEK 21 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jacob Daniel du Toit (Prof. J.D. du Toit) is meer bekend onder sy digtersnaam Totius — die naam wat sy studentevriend, B.J. Esser in 1901 in Amsterdam aan hom gegee het. Sy lewe, wat op hierdie dag in 1877 in die Paarl 'n aanvang geneem het, vind 76 jaar later 'n graf in Potchefstroom.
'n Buitengewoon vol lewe: skitterende student, Kaapse rebel saam met die Boeremagte, 'n predikant, 'n professor in Teologie, 'n Bybelvertaler, 'n volksman, kerkman, 'n Psalmberymer, 'n taalstryder, 'n digter... onder sy eie mense en oorsee geniet sy werk groot erkenning; nege doktorsgrade word aan hom toegeken! Dr. J.D. Kestell noem hom op 'n keer namens die volk: “Ons innige geliefde Totius."
1657: 1e TOEKENNING VAN GROND AAN VRYBURGERS IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 21 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die eerste “nege vrije luyden" grond aan die Kaap gekry. Die burgers kon hulle eie grond uitkies en is in twee kolonies gevestig, nl. Harmanskolonie en Stevenskolonie. Hulle moes die landbou op vasgestelde voorwaardes bevorder. Die Kompanjie sou aan die Vryburgers plaasgereedskap en trekosse voorsien, en verdere benodigdhede kon hulle op krediet van die Kompanjie koop.
Dit was hulle toegelaat om vrylik handel te dryf met die skepe vanaf die derde dag dat die bote die hawe binnegekom het.
1656: JAN V RIEBEECK SE SEUNTJIE STERF
KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Anthony, die babaseuntjie van Jan en Maria van Riebeeck, het slegs twee maande oud geword. Omdat daar gedurende hierdie tyd geen predikant aan die Kaap was nie, het hy gesterf sonder dat hy gedoop is.
Die sterftesyfer onder jong kinders was in die sewentiende eeu ontsettend hoog.
1937: TOTIUS IN BLOEMFONTEIN GEHULDIG
KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1937 besit die Afrikaanse volk reeds die Psalmboek in sy eie taal. Totius was die berymer. Ook met die Afrikaanse Bybel het hy die leeue-aandeel gehad. Kerk en volk is innig dankbaar, en die FAK neem die voortou om hierdie dank te bewys.
En so word 1937 die jaar van die Totiusfeeste met die hoogtepunt in die stadsaal van Bloemfontein op 20 Februarie. 'n Skare van 2 000 vul die saal van hoek tot kant, en vader J.D. Kestell voer namens die volk die woord. Aangrypend is Die Volksblad se berig:
WAT DAN VAN DIE G-WOORD?
Die misbruik van God se naam
Ds. A.E van den Berg
"Want u Naam is, troue Heer, vir u volk tot troos naby." (Beryming Ps.75:1).
Kinders gee nie aan hulself name nie. Dis ouers se voorreg. Niemand het egter vir God ʼn naam gegee nie. Hy het sy eie Naam gekies om daarmee te sê wie Hy is. Sy Naam is, soos wat die Israeliete name verstaan het sy identiteit, en derhalwe onlosmaaklik aan die Persoon self verbind.
Wie die naam van God gebruik, raak die kern van sy goddelike persoonlikheid aan. Die derde gebod verbied niemand om dit wel te gebruik nie. God gee dit vir mense om persoonlik met Hom te praat en ʼn liefdesverhouding met Hom te bou. Hy verbied wel die misbruik van sy Naam.
Niemand mag dit of op ʼn leë, onnadenkende manier gebruik asof God nie van belang is nie. Desondanks word hierdie Naam goedsmoeds in sake gebruik wat niks met Hom te doen het nie. Sy heiligheid en eer is nie daar ter sprake nie!
1856: VRYSTAATSE ONAFHANKLIK- HEIDSDAG TOT FEESDAG VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Aangesien die onafhanklikheid van die Vrystaatse Republiek in 'n sekere sin op die inwoners van die gebied afgedwing is en 'n gedeelte daarteen geprotesteer het, was daar met die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 1854 naas 'n klompie kanonskote nie van feesvieringe sprake nie. Ook die Republiek se eerste verjaarsdag het ongemerk verbygegaan, maar op 19 Februarie is besluit dat al die aanstaande “Zaterdag, de 23ste Februaij, gevierd zal worden als een publieke feestdag, ter herinnering van den vrijdom van onzen Vrijstaat en dat het in vervolg jaarliks zal worden gehouden." Ondanks dié besluit, is geen besondere feesprogram afgehandel nie, want selfs die Volksraad het op daardie dag met sy gewone werksaamhede voortgegaan. Eers die volgende jaar sou 23 Februarie as feesdag tot sy reg kom.
1730: JAN DE LA FONTAINE WORD GOEWERNEUR VAN KAAP
KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Kaapse koloniste het op hierdie dag met blydskap verneem dat Jan de la Fontaine die nuwe goewerneur aan die Kaap sou wees nadat hy reeds 20 jaar getroue diens aan die Kompanjie gelewer het. Hy het die agting en liefde sowel van die burgers as van die amptenare aan die Kaap geniet.
LAAT ONS BOEREBLOED WEER BRUIS!
DISSIPLINE
Johan Hack
Tydens die jare 70’s en 80’s was die aanslag deur die ANC, die liberalistiese wêreld en Afrikaner-verraaiers teen die Afrikaner-regering reeds in volle swang. Die simpatiseerders was reeds goed gevestig in hoë posisies in die regering. Suid Afrika was gekenmerk as ‘n land wat militaristies uiters goeie dissipline ten toon gestel het in die weermag, polisie en gevangenisdiens en daar was selfs onderlinge wedywering oor wie se dissipline en opleiding die strengste was.
Die jonger manne wat in hierdie departemente in diens geneem is moes so gekondisioneer word met betrekking tot dissipline dat hulle die vermoë om vir hulself te kan dink en te redeneer uitgewis moes word sodat daar geen teenstand sou wees tydens die oorgawe wat al lank reeds beplan en in werking was nie. Enige opdrag deur ‘n hoër gesag kon nie meer bevraagteken word nie en so het die mentaliteit ontstaan dat alles wat van bo af gesê word waar en reg moet wees want dit is mos van meer “geleerde en intelligente” mense in gesagsposisies deurgegee.
Die wat in gesagsposissies was het hul mag begin misbruik deur middel van die dissipline wat geskep is, om so hul verskuilde agendas te bevorder, en so het ons die spreekwoordelike “creators of our own demise”geword.
1902: KMDT GIDEON SCHEEPERS TERREGGESTEL
KULTUURDAGBOEK 18 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op die ouderdom van sestien het Gideon Jacobus Scheepers tot die Transvaalse Artillerie in Pretoria toegetree. Vanaf 1894 dus sou hy in militêre kringe beweeg. Hy was skrander, fier, bekwaam en baie gewild. Die manne het hom Die Springbok van die Hoëveld begin noem.
Scheepers is opgelei as heliograaf deur luit. Paul C. Paff, en sy skoolonderrig het onder maj. Thomas Kroon voortgegaan. Heliografie is 'n metode van kommunikasie met sonligflitse, en Gideon was spoedig so behendig in die stuur en lees van boodskappe, soms oor groot afstande, dat hy soveel aandag getrek het dat maj. Richard Albrecht van die Vrystaat-Artillerie vir pres. Kruger gevra het of hy Scheepers kan leen om sy jong manne op te lei.
PAD VAN DIE LEWE OF DIE DOOD?
Die eis van gehoorsaamheid
Ds. A.E van den Berg
Nadat Israel uit Egiptiese slawerny bevry en op pad Kanana toe was, het God Moses deeglik oor sy wil vir Israel ingelig. As die volk gehoor gee, sou Hy hulle seën. Indien hulle nie wou luister nie, sou Hy hulle straf.
God het Israel uit vrye wil vir sy doel uitverkies. Hy wou hulle uitsonderlik seën en voorspoedig maak, dat dit die omliggende heidenvolke moes opval en hulle laat besef dat hulle nietige afgode aanbid en dat die God van Israel die enigste ware God was en die knie voor Hom buig (Deut.11:18-25).
Om sulke getuies te kon wees, moes Israel God waarlik liefhê. En dit was slegs moontlik deur sy opdragte te gehoorsaam (Deut.11:1-7). Israel moes alles wat Hy hulle beveel het, doen. (Deut.11:8-12). God sou hulle gehoorsaamheid met vrugbaarheid in Kanaän beloon (Deut.11:13-17).
Die eerste vereiste wat Moses sterk beklemtoon, is dat Israel hul liefde vir God deur gehoorsaamheid aan sy opdragte moes laat blyk wat voorskrifte, bepalings en gebooie ingesluit het. Om dit te verduidelik, het Moses die volk ʼn oorsig van die hele verloop van die onlangse gebeure in hul midde gegee; van die uittog uit Egipte, die tog deur die woestyn tot waar hulle by die beloofde land was. Israel moes God se grootheid, magtige dade en wondertekens telkens in herinnering roep.
1838: BLOUKRANS- MOORDE
KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Voortrekkers in Natal het in Februarie 1838 op Piet Retief se terugkeer van Dingaan of gewag. Retief het 'n ooreenkoms om grondgebied finaal gaan beklink. Maritz se mense het langs die Boesmansrivier naby die huidige Estcourt gestaan. Retief se mense was by Moordspruit, Bloukransrivier en Doornkop (vandag naby Chieveley), saamgetrek; andere by Malanspruit.
Hulle was onbewus van die moord op Retief-hulle op 6 Februarie, dog Maritz het onrustig geraak en die groepe op 'n Zoeloe-aanval probeer voorberei. Maar in die oggenddonker is die families Liebenberg, Rossouw en Bezuidenhout uitgewis.
1888: DR NJ VAN DER MERWE - KULTUURLEIER
KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nicolaas Johannes van der Merwe is op hierdie dag op Senekal gebore en op 11 Augustus 1940 in Bloemfontein oorlede. Hy het in die Konsentrasiekamp op Norvalspont as kind besondere ondervindinge meegemaak wat beskrywe is in sy boek Die Burgemeester van Sannahspos (1929).
Hy behaal sy BA aan UKOVS en voltooi sy teologiese studie am die Teologiese Kweekskool, Stellenbosch. Hier was hy 'n studenteleier. Hy volg Tobie Muller op as leier van die Afrikaanse Taalvereniging en speel 'n belangrike rol om die studente van Stellenbosch bewus te maak van hulle taal.