“VLAM VIR AFRIKAANS” ...

... VLAM NOG STERK BY DIE VOORTREKKERMONUMENT

  • Die Vlam is op 8 Mei 2016  deur dr. Mimi Coertse aangesteek ter herdenking aan die erkenning van Afrikaans as amptelike taal op 8 Mei 1925. Sy het ook die Gedenkplaat onthul.
  • Magdeleen Kruger van RSG het die Gedenkplaat ter herdenking van die eerste uitsending in Afrikaans (27 Oktober 1937) onthul.
  • Heinrich Marnitz het die eerste woorde in Afrikaans op SATV gebesig (6 Januarie 1976) Hy het die Gedenkplaat onthul.
  • Die Bybel in Afrikaans bestaan reeds sedert 25 Augustus 1933. Die Gedenkplaat word vanjaar op 25 Augustus onthul.
  • Ons nooi skole, kultuurorganisasies en kerke om “Groeteboodskappe aan Afrikaans” in die uitstallêer langs die Vlamstaander te kom plaas sodat die duisende besoekers aan die Monument dit ook kan lees.
  • Die “Vlam vir Afrikaans” staan by die Erfenissentrum.
  • Besoek ook ons webwerf “Vlam vir Afrikaans” (alreeds bykans 19,000 besoekers...!!!)
  • Navrae: Projekleier Sakkie Kotze (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)