HOFSAAK TEEN RAMAPHOSA EN BENDE

'n Mens wonder hoeveel mense bewus is van die hofsaak wat teen Cyril Ramaphosa, teen die Parlement, en teen die Sentrale Bank in die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof aanhangig gemaak is. Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy nie die mense van Suid-Afrika se belange verdedig het nie toe hy sonder om ondersoek in te stel, die storie van 'n Covid 19-virus sonder meer aanvaar en 'n nasionale noodtoestand verklaar het.  Die hele Parlement word aangekla omdat hulle Ramaphosa nie ondervra het daaroor nie en sonder meer met hom saamgewerk het.  Die Sentrale Bank van Suid-Afrika word aangekla dat hulle sonder bewyse dat daar 'n virus bestaan, 'n lening van biljoene aan Ramaphosa toegestaan het om die viruskabaal mee te finansier en daarmee die mense van Suid-Afrika diep in die skuld te delg. 

U word gevra om vir hierdie saak te bid sodat die persone wat dit aanhangig gemaak het sal slaag om ons land te bevry van die Nuwe Wêreldorde wat besig is om die wêreldbevolking met die gifinspuitings uit te moor.  Sommige van die betrokkenes by die hofsaak is reeds so ernstig gedreig dat hulle moes onttrek en die vrees bestaan dat sommiges vermoor sal word om sodoende die hofsaak nie te laat voortgaan nie. 

Vir meer inligting oor die saak, kyk na die video by die skakel hieronder.  Dit sal waarskynlik nie lank daar toegelaat word nie.  

https://url.americanpatriotsforum.com/bKFyRm