Baie mense is seker verlig oor die herroepping van die staat van rampspoed met betrekking tot die dra van maskers, samekomste en toegang tot Suid-Afrika. Dit beteken geen maskers hoef gedra te word nie, mense kan weer in onbeperkte getalle bymekaar kom, en dat enigiemand wat Suid-Afrika binnekom nie meer die gifinspuiting vooraf hoef te kry nie.
Dit alles klink baie positief en mens kan maar net hoop dat dit nie 'n ompad is tot groter inperkings nie. Niks, maar niks, keer hierdie onbevoegde, skelm regering om oor 'n maand bekend te maak dat die wegneem van maskers veroorsaak het dat 'n virus, of dit nou covid of aappokke of wat ookal is, 'n "pandemie" meegebring het nie. En dan, en dan, sal daar strenger maatreƫls as ooit tevore wees...
Maar geniet hierdie (kort) periode van normaliteit solank as dit hou! En kyk na die video by die skakel hieronder om te bevestig waarvan ons praat.