EINDELIK DIE WAARHEID OOR COVID-19

Daar is die afgelope twee jaar dikwels gedebatteer of daar werklik 'n Covid-19-virus bestaan het. Of het die Kabaalbende die gewone Coronavirus gebruik om mense bevrees te maak sodat hulle die gifinspuiting met graagte wou neem?  Eindelik is hier 'n volkome betroubare bron, dr Richard Fleming, wat onder eed getuig het presies hoe die Covid-19-virus saamgestel is, amper soos 'n motor se onderdele wat met presisie gebou en in die bakwerk geplaas word.  Dit kon ook net deur fyn spesialiste gedoen word, maar dit verg 'n professionele wetenskaplike om ander se werk te kan beoordeel, en dit is dr Fleming gewis!  Hierdie briljante man met doktorsgrade in meer as een vakgebied is so dikwels deur opponente hoftoe gesleep om sy bevindinge teen te staan, dat hy homself in die regte bekwaam het om homself te kan verdedig want hy kon dit beter en goedkoper doen as om telkens 'n advokaat daarvoor te kry.

Luister na hierdie geloofwaardige verklaring onder eed.

https://lovinglifetv.com/dr-richard-fleming-puts-his-reputation-on-the-line-to-expose-the-covid-genocidal-experimental-drug-scam/