HYDROGEL MET MIKROSKYFIES IN INSPUITINGS

Die video hierbo is 'n volledige, eerlike aanbieding deur dr Carrie Madej oor presies wat in die gifinspuitings is en wat dit aan die mensdom doen en nog gaan doen. Die persoon wat dit nié met aandag deurgewerk het nie weet nie die helfte van wat werklik met die mensdom gaan gebeur nie. Hierdie visuele aanbieding is met passie gelewer en maklik volgbaar; doen uself 'n guns en maak tyd daarvoor.

Dr. Carrie Madej is ‘n interne geneesheer in McDonough, Georgia in die VSA. Sy is ook opgelei in allopatie en osteopatie en het inentingprosesse vir 20 jaar lank bestudeer. Sy het soos menige ander mediese spesialiste die sogenaamde COVID-19-entstowwe ontleed en besef dit is nie konvensionele entstowwe nie. Die ontwerp is daarop gemik om ons biologie te manipuleer en kan dus die biologie van die hele mensdom verander. As dr Madej korrek is en die mRNA-spuitstof die vermoë bied om nie net ons gene te verander nie, maar ook die deur oopmaak vir nanotegnologie-gedrewe skakeling tussen ons liggame en programmeerbare tegnologie, is ons nie net besig om oor die lyn van transmenslike gebied te stap nie maar tart ons ons Skepper deur sy skepsels hieraan bloot te stel!

Daar is verskeie stowwe in die spuitstof waarvan een ‘n hydrogel is. Sy het dit van nader ondersoek en beskryf dit so:

“Die hydrogel is 'n DARPA-uitvinding wat nanotegnologie en nanobotte (mikroskyfies) insluit. Dit is ‘n 'bio-elektroniese skakelmiddel' waarmee die inentingsmerk met u slimfoon kan skakel. Dit verskaf inligting oor biologiese data soos bloedsuiker, hartklop ens.

"Dit het die potensiaal om byna alles te sien wat in u liggaam aangaan," sê dr Madej. “Dit sal onmiddellike gevolge hê vir ons privaatheid, maar niemand het nog gevra waarheen hierdie inligting gaan nie. Wie sal al hierdie data versamel en daartoe toegang hê? Wie sal verantwoordelik wees om dit te beskerm? Hoe en waarvoor sal dit gebruik word? Ook, as u selfoon inligting van u liggaam kan ontvang, watter inligting kan u liggaam dan ontvang van ander bronne? Kan uitsendings ons bui beïnvloed? Ons gedrag? Ons fisiese funksie? Ons gedagtes of herinneringe?”

In sy Forbes-artikel haal Sahota Kurzweil se boek “The Singularity Is Near: When Humans Transcend Biology” aan, waarin Kurzweil sê:

"Dit sal die hoogtepunt wees van die samesmelting van ons biologiese denke en bestaan met ons tegnologie, wat sal lei tot 'n wêreld wat steeds mens is, maar wat ons biologiese wortels oorskry."