PLOFBARE SITUASIE IN NATAL

Nog 'n ernstig saak wat die media vir die publiek verbloem het nou in die ope gekom.  Daar is groot wrywing tussen die ANC met sy korrupte polisielede, en die Zoeloes en plattelandse swart bevolking in Natal.  Die afgelope tyd is daar groot optogte en oproere veral in die Pietermaritzburg-omgewing.

Die saak strek vanaf 2003 toe die regering 5000 hektaar grond aan die bevolking daar gegee het met die idee om 'n trust te stig waaruit 'n paar hotelle, 'n woonbuurt en 'n wildtuin opgerig sou word.  Soos die ANC met alles doen, het die saak so gedraai dat die amptelike oorhandiging van die akte eers in 2007 plaasgevind het.  Nou is die polisie besig om die grond vir hulself toe te eien en die inwoners voel dat dit diefstal van hulle eiendom is. 

Feitlik alle oorloĆ« het oor grondgebied begin. Hierdie een sal nie 'n uitsondering wees nie en is tans 'n baie plofbare situasie wat maklik die sneller kan wees vir die verwagte burgeroorlog in Suid-Afrika.  Kyk na die kort video by die skakel hieronder om te besef wat werklik aan die gebeur is, dit wat die media vir ons verswyg.

https://lovinglifetv.com/the-african-masses-on-the-tribal-lands-are-rising-up-against-the-anc-just-no-one-told-you/