AFRIFORUM NOGEENS DEURSIGTIG

Weer het Afriforum/Solidariteit gewys dat hulle 'n frontorganisasie is wat nie vir die Afrikaner staan nie.  Die wyse waarop hulle die hofsaak wat hulle teen Malema aanhangig gemaak het om die haatspraak "Kill a Boer, kill a Farmer" onwettig te laat verklaar, het duidelik gewys dat dit net 'n advertensieveldtog vir hulself was asook vir Ernst Roets se boek met dieselfde titel. Dat hulle kon aansoek doen dat die woorde "Kill a Boer, kill a Farmer" nooit weer genoem of gehoor mag word nie terwyl Roets se boek dieselfde titel het, toon ook 'n ondeurdenktheid van formaat. Intussen het Malema wat nie eers sy skoolloopbaan kon voltooi nie met die patetiese advokaat van Afriforum gemors!  Geen wonder die uitspraak was in Malema se guns nie.  Vir meer besonderhede, kyk gerus na die video by die skakel hieronder.

https://lovinglifetv.com/schalk-van-der-merwe-gives-his-perspective-on-the-failed-afriforum-action-against-the-economic-freedom-fighters-over-kill-the-boer-kill-the-farmer/