BID EN BEREI VOOR

Bid en berei voor. Dit is die beste raad wat Dave Hodges, ‘n Christen-Amerikaner wat noue kontak met die militêre hoëlui asook staatsleiers het, die Amerikaners maar ook mense wêreldwyd kan gee. Die rede? Die Derde Wêreldoorlog is op hande en dit sal die hele wêreld raak, sommige lande in mindere mate maar vir Amerika baie erg. Dat Amerika wel in die kleine weer sal opstaan het Siener van Rensburg in een van sy visioene gesien, naamlik “dat Amerika ná die oorlog nie meer aan die hoof van die tafel sit nie maar wel teenwoordig is.” Siener het ook gesien “dat Brittanje glad nie meer aan die tafel sit nie.” Hy het voorspel dat die Britse eilande tydens hierdie oorlog onder die water sal verdwyn. Kernwapens kan geweldige golwe veroorsaak...

Dan is daar nog die burgerlike onrus wat toeneem namate die Armageddon-oorlog nader kom. Kenners glo dat Amerika se burgeroorlog die vorm van ‘n querilla-oorlog sal aanneem. Tans is daar 400 miljoen wapens in burgerlike besit wat ‘n aanduiding is van die omvang wat hierdie querilla-oorlog kan aanneem. Dit laat mens besef wat vir Suid-Afrika wag; die miljoene swartes wat op mekaar en later op blankes sal toesak. Of mens dit ‘n querilla-oorlog kan noem is te betwyfel; dit sal veel eerder ‘n moordorgie wees waar God alleen sy kinders sal kan beskerm. Daarom is die titel van hierdie artikel ook op óns van toepassing en van die uiterste belang om uit te leef in hierdie tyd.

Gebeure is besig om te vorm wat dui op wydverspreide, wêreldwye burgerlike onrus en die ineenstorting van die oppergesag van die reg. Illinois, byvoorbeeld, het 'n nuwe wet aangeneem wat vanaf Januarie die meeste moordenaars, ontvoerders, brandstigters en gewelddadige misdadigers sal toelaat om weer op die strate vrygelaat te word sonder enige borgtog hoegenaamd. Dit klink baie soos die ANC-beleid om al wat ‘n moordenaar en misdadiger is blitsig weer vry te laat om verdere misdaad te pleeg.

Luister na die video by die skakel hieronder en neem kennis van hoe naby ons aan die volgende groot oorlog is.

https://www.brighteon.com/4965cbb2-9e65-44c5-8cb5-9a65a122aff2