Ons verkeer tans nog in ʼn gunstige bedeling en moet geestelike skatte bymekaar maak want daar kom binnekort ʼn tyd dat aardse skatte geen waarde sal hê nie behalwe vir diegene wat hul siele aan die satan verkoop en aan die Antichris onderdanig geword het. Ons verkeer nog in genadetyd. Maar wanneer dit verby is, is dit te laat:
“Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:21,22).
“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:14).
Hierdie stroom vloei al hoe sterker van Jesus af weg wat 'n aanduiding is dat ons die begin van die eindtyd beleef. Al die tekens dui daarop, oorloë, gerugte van oorloë, die openlike aanbidding van die satan. Het u geweet in New York is daar bo-op een van die hoë geboue 'n tempel van die satan? En ook hier in Suid-Afrika word hy reeds openlik aanbid. Hierdie is die laaste van die genadetyd, gebruik dit en vind die Here Jesus sodat u die ewige lewe kan verkry!