PLEIT DAT GOD SELF SA KOM REGEER

https://www.youtube.com/watch?v=E_fPyew8WiQ

In Sjina gaan dit tans woes.  Die regering hou aan om miljoene mense in hulle huise toe te sluit op elke moontlike wyse. 'n Brand het onlangs in 'n wooneenheid uitgebreek waar die mense dus nie kon uitkom nie.  Nadat die brandweer die brand geblus het, is daar gesien dat 10 mense wreed doodgebrand het, waaronder 'n klein kindjie. 

Die opstand van die massas word ook duidelik in die video by die skakel hierbo bevestig.  Weet dat Sjina die rolmodel vir die Wereldgeldmag is.   Soos Fauci self gesê het: "Ons moes lankal gedoen het wat Sjina nou doen".  Daar wag dus hel op lande wat onder die mag van die Geldmag gaan buig. 

Het u al besef dat dit net die Here Jesus Christus is wat ons hier in Suid-Afrika kan red van hierdie sataniese tirannie?  En dan ook net indien ons as 'n verskeurde volk individueel en as 'n volk weer bymekaar wil kom om hierdie belydenis en smeekbede in opregheid voor Hom te lê.

Kom ons pleit op ons knieë dat God ons verskeurde volk betyds op hulle knieë sal bring sodat ons in ootmoed kan staatmaak op sy beskerming wanneer Hy hierdie land kom reinig van al die afgode, en Self die Regering van Suid-Afrika sal wees!