VERRAAIERS SE TYD WORD KORT...

Seker een van die heel grootste redes waarom ons volk en land in hierdie vervalle toestand is, word reeds in die Ou Testament van die Bybel genoem.  Die Here waarsku daar teen die vals profete wat leuens verkondig en hoe kwaad dit die volk doen. Was dit nie vir al die leuens vanaf preekstoele nie, het die Afrikanervolk (wat hulle ore al te vinnig uitleen vir die leuen) heel moontlik vandag nie onder 'n korrupte en onvermoënde swart regime gekwyn nie.  U weet, wanneer 'n mens sy bekende vyand sien, weet hy dis sy vyand en handel hy daarvolgens.  Maar wanneer sy eie volksgenote sy vyand word, wil hy dit nie glo nie; dit lyk dan nie soos 'n vyand nie daarby het die Afrikaner 'n vernietigende verdraagsaamheid wat besig is om sy ondergang te bewerkstellig.

Lees wat die Here in Jeremia sê: ... Ek het dit teen die profete wat my woorde steel... wat leuenagtige drome profeteer, dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en grootpratery terwyl Ek hulle nie gestuur het nie... en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie..."  – Jeremia 23.

Laat ons ophou om agter die meerderheid te skuil; word 'n denker, iemand wat 'n saak deeglik deursoek na die waarheid, iemand wat nie huiwer om die leuen en veral die leuenaar aan te spreek en selfs te vernietig nie!  Ons durf geen verdraagsaamheid teen die verraaiers in ons volk toon nie.  Ons werklike vyande is in volgorde: Satan, volksverraaiers, en heel laaste die onnosele regime. Hulle sou nie vandag daar gewees het as dit nie was dat ons uitverkoop is deur mense wat ons kleur is, ons taal praat en ons belieg het nie. 

Bid dat God ons sal vergewe omdat ons hierdie pragtige land sonder 'n druppel bloed weggegee het.  Pleit dat Hy ons nog een kans sal gee om te bewys dat ons hierdie land waardig is; dat ons dit met Hom alleen aan die stuur vanaf ons knieë kan rein hou, en dat ons bereid is om wanneer Hy ons land kom reinig van al die afgode, dit weer op te bou tot die christenland wat dit eens was alles daarvan tot eer van sy heilige Naam!