EK IS DIE HERE

Vandag stap die moderne mens rond met wat hulle dink "cool" en modern is naamlik liggame propvol tatoeëring. Wat hulle klaarblyklik nie besef nie is dat dit 'n stokou heidense gewoonte was wat reeds in die Bybel aangespreek is. Maar dit is duidelik dat almal wat hulself so ontsier het daarmee, nie kennis van die Bybel dra nie.  Wat nog erger kan wees, is dat diegene wat wel weet dat tatoeëring deur God verbied is, Hom ooglopend uitlag en die rug op Hom gedraai het.  Indien u werklik nie geweet het dat dit 'n sonde is om jou vel so te laat bekrap nie, gaan op jou knieë en pleit omvergifnis; die Here sal jou vergewe as jy opreg jammer is.  Lees hier wat die Here in sy Woord daaroor sê:

Lev. 19:28:"‭Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here."