DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL

“Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.”

-Dr Eschel M. Rhoodie (1984)

*

Daar sit meer daaragter as bloot om blankes van diefstal te beskuldig. In Afrikakonteks is dit ‘n baie ernstige oortreding. In sommige Moslemlande word jou hand afgekap indien jy skuldig bevind word, en in uiterse gevalle selfs die doodstraf opgelê. Natuurlik was dit ook die geval in Engeland ‘n paar honderd jaar gelede en dit het mense nie afgeskrik nie, maar eerder met die wete gelaat dat hy reeds ter dood veroordeel is en daarom het dit nie as afskrikmiddel gedien nie.

In Afrika egter, is dit ‘n deel van verontmensliking. Met die slagting onder die Tutsi’s, het dit voorafgegaan dat hulle as “kakkerlakke” uitgekryt is en ‘n kakkerlak is iets wat jy doodtrap, sonder om daaroor skuldig te voel. Om ‘n ras as ‘n bondel diewe uit te kryt en te etiketeer, maak dit soveel meer aanvaarbaar om hulle dood te maak, sonder skuldgevoel of selfverwyt.

Ene Nato Baloyi het in ‘n openbare potgooi gesê – wat deur baie duisende gekyk is – dat blankes honde is en nog nie klaar geëvoleer het tot op die vlak waar swartmense is nie en dat die honde doodgemaak kan word, sonder vrees vir reaksie. Later het hy ‘n openbare terugtrekking gepubliseer, maar dit bederf deur feitlik dieselfde mening kwyt te raak.

En dit weet Julius Malema maar alte goed. Hy meen alle blankes is grondstelers, al is hulle na 1994 gebore. Om in besit te wees van gesteelde goedere maak jou ook ‘n dief. Om dus ‘n stuk grond te hê, al het jy dit gekoop of geërf, maak jou skuldig aan diefstal. Hierdie stuk malemiaanse logika gaan stilweg by die Westerlinge verby, maar nie by swartmense nie.

Spanning is besig om op te laai, soos wanneer mense hoor ‘n sikloon is oppad na hulle toe en maak hul voorbereiding daarvoor. Daar is vrees vir die onbekende, maar ook ‘n amper opgewonde afwagting. Die ou manne, dit wil sê veral die oud-soldate, ervaar ‘n bekende, maar yskoue ervaring, omdat hulle weet dat geweld die laaste, maar soms onafwendbare opsie is.

Wapenwinkels begin ‘n tekort aan ammunisie in sekere kalibers ervaar, met veral nege millimeters wat in sommige gevalle uitverkoop is. Die mense koop steeds wat beskikbaar is, al is die pryse soms baie hoog.

Met agt en twintig miljoen mense wat asem ophou dat hulle staatsekuriteitstoelae (SASSA) dalk nie meer betaal kan word nie, al is dit die enigste manier wat die regering tans het om die massas rustig te hou, besef elke verantwoordelike ekonoom dat dit nie op die langduur volhoubaar is nie. Al meer gerugte kom voor dat die R370 wat gedurende Covid-19 uitbetaal is en daarna voortgegaan het, nie meer beskikbaar is op sommige plekke nie. Wie weet hoe lank kan daar fondse beskikbaar wees vir die R2190 wat elkeen kry?

Tans kos SASSA die fiskus R422.5 miljard rand. Daarby is daar 1230 835 staatsamptenare, bo en behalwe dié wat by semi-staatsentiteite werk. Hierdie salarisrekening vir die 2025/26 boekjaar staan op 721 miljard rand. Met dié wat by SSI’s, soos Eskom, Prasa, Transnet en meer werk, trek die staatsdienssalarisrekening oor ‘n biljoen rand (R1 000 000 000 000). Voeg ook daarby die feit dat die nasionale skuldlas op 76% staan, met die gevolg dat daar elke dag ‘n miljard rand net aan rente daarop betaal word, oftewel 22 sent uit elke rand wat ingevorder word.

Die skokkende feit dat daar minder as sewe miljoen belastingbetalers is wat die hele ekonomie aan die gang moet hou, met baie miljardêrs wat die land daagliks verlaat, of ten minste hulle belasbare inkomste na meer belastingvriendelike lande skuif, is die skrif aan die muur: die regering is geweeg, geweeg en te lig bevind, met miljoene mense wat hulle inkomste kwyt gaan wees.

Die handelsheffings (tariewe) wat die VSA instel, maak dat uitvoere daarheen feitlik gestaak gaan word. Die motorvervaardiger, BMW, voer tans 50% van die voertuie uit na die VSA. Sagtevrugte, sitrus, wyn en ander produkte loop dieselfde pad, met die natuurlike gevolg dat werksgeleenthede in hierdie bedrywe verlore gaan.

Daarna kom honger en ellende.