COVID-19: WAT VOLGENDE?

U sal onthou dat ons hier op Gelofteland al gepraat het oor die ontwikkeling van ‘n entstof teen Covid-19 wat deur die internasionale geldmagte beplan word en hoe hulle dit wil aanwend.

Die inentingsprogram is reeds by Davos tydens die Wêreld Ekonomiese Forum op 21-24 Januarie aangekondig, skaars twee weke nadat die virus deur die Sjinese owerhede op 7 Januarie geïdentifiseer is.

Die leier van hierdie program is die Coalition for Epidemic Preparedness Innovations (CEPI), ‘n organisasie wat deur die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) en die Bill en Melinda Gates Foundation gefinansier word.

Let op die interessante volgorde van gebeure: die ontwikkeling van die Covid-19 entstof word aangekondig ‘n week vóór die amptelike bekendmaking van ‘n Worldwide Public Health Emergencydeur die Wêreld Gesondheidsorganisasie op 30 Januarie toe die aantal positief bevestigde gevalle buite Sjina nog maar 150 was insluitende die 6 in die VSA.

CEPI as leidende party is in vennootskap met Inovio asook die Universiteit van Queensland in Australië. CEPI het ook op 23 Januarie sy kontrak met Moderna, Inc bevestig, asook met die U.S. National Institute of Allergy and Infectious Diseases (NIAID) onder leiding van dr Authony Fauci, een van die manne wat vrees en onrus probeer stook het met uitlatings soos “Mortality rate Ten Times Worse than Seasonal Flu”. Dit terwyl die WHO daarby staan dat die geïnfekteerde persone oor die algemeen ligte simptome ervaar en in sowat twee weke herstel.

CEPI onderhandel gelyktydig met verskeie farmaseutiese maatskappye waarvan The Moderna- NIAID in alle waarskynlikheid aangewys sal word om die entstof teen COV-19 in Amerika te voorsien.

Op 31 Januarie, die dag net na die WHO se amptelike bekendmaking van die “pandemie” en Trump se besluit om alle lugvervoer met Sjina tot stilstand te bring, kondig die CEPI sy vennootskap met CureVac AG aan, ‘n Duits-gebaseerde bio-farmaseutiese maatskappy. ‘n Paar dae later, vroeg in Februarie, kondig CEPI aan dat die reuse entstofvervaardiger, GSK, sy materiale aanbied om in die ontwikkeling van die entstof te help aangesien dit die effektiwiteit van die entstof glo verhoog.

Tans is daar talle moontlike entstowwe wat aangebied sal word deur dosyne navorsingsgroepe dwarsdeur die wêreld wat nog inderhaas daaraan werk. Daar is reeds proefkonyne vir navorsing beskikbaar gestel en die eerste toetse op hulle is al in volle swang.

Intussen beywer die EU en die VSA namens die magtige farmaseutiese konglomerate om met die Europese Kommissie wat ‘n aanbod van tot €80 miljoen maak te onderhandel om die CureVac AG finansiëel te steun.

Met bogenoemde inligting kan u begryp dat die entstof in so 'n mate ‘n realiteit is dat vervaardigers vuis slaan om eerste te wees; dat dit binnekort beskikbaar gestel sal word, en dat mense in kilometerlange rye gaan staan om dit vrywillig te ontvang; ook dat ons geforseer sal word om daarmee ingespuit te word en dat diegene wat weier gedwing sal word om dit te ontvang of tronkstraf in die oë staar, want, dit sal uiteindelik nie net ‘n inenting teen die virus wees nie. Die waarskynlikheid is groot dat hierdie gedwonge inenting ‘n mikroskyfie sal bevat waarin alle inligting van die persoon dmv afstandbeheer gelaai kan word. Inligting van die pasiënt en sy bankbesonderhede – dit is digitale beheer oor jou finansiële aktiwiteite en jou gesondheid. Wanneer jy deel van die data van die Een Wêreld Orde geword het en jy protesteer oor die onregmatighede in jou bankbalans, kan joú toegang tot jou eie rekenings geblokkeer word.

Om na die huidige terug te kom: wat gebeur volgende wanneer die “lockdown” tot ‘n einde kom? (Wat tot 18 maande kan duur indien die diaboliese geldmagte meer tyd nodig het om hulle bose planne tot uitvoer te bring!) Die senario sal eindig deur ‘n stadige dood te sterf met die verskoning dat daar dan baie min bevestigde gevalle bekend is. Maar dit sal net gebeur wanneer ‘n effektiewe entstof reeds beskikbaar is. Daarna sal die Covid-19 as ‘n endemiese kindersiekte hanteer word.

En so word ons slawe van die geldmeesters of ons word sosiaal uitgeworpenes, net soos die boek Openbaring ons waarsku dat ons nie sal kan koop of verkoop indien ons nie die merk (dmv die mikroskyfie) van die dier (Satan) op ons voorhoof of op ons regterhand dra nie.

Ons sal sekerlik nog sien hoe hierdie proses in praktyk realiseer en nie net ‘n simboliese voorstelling in die Bybel is soos talle mense glo nie.