COVID-19 STERFTESYFERS GEDOKTER...

Most people are more likely to wind up six feet under because of almost anything else under the sun other than COVID-19 - Daniel Horowitz

By Gelofteland is daar net vrywilligers en uitgawes, en daardie uitgawes word aangegaan omdat ons so graag die waarheid by ons volksgenote wil tuisbring in die hoop dat ons tog eendag weer vry in ons eie land sal kan asemhaal. Daarom kan u maar aanvaar dat Gelofteland die waarheid najaag in beste belang van ons mense, en dit met hulle hier deel omdat almal nie die tyd en moeite doen om die waarheid na te vors nie.

U sal in die volgende dae al meer hoor hoe dramaties die sterftesyfers agv Covid-19 dwarsdeur die wêreld styg. Daarvoor is ‘n spesifieke rede: die katrol moet ingetrek word sodat mense se paniekvlakke styg tot waar hulle sal smeek vir die entstof teen die virus.

Niks word ontsien om vals inligting bekend te maak nie; regerings en hulle media sing voor in die koor en die publiek weet nie meer wat om te glo nie. Uiteindelik sal die meeste mense seker in lang rye gaan staan om die “wonderlike entstof” te ontvang om “veilig” te speel, min wetende dat hulle juis die onveilige en mees fatale fout van hulle lewe gemaak het.

Die CDC (Centres for Disease Control) het pas ‘n verslag uitgebring wat seker die politici en media tot in hulle fondamente sal skud voordat hulle dit vinnig onder die mat invee sodat geen publieke oog dit moet sien nie. Ongelukkig vir hulle het sulke opspraakwekkende en aktuele inligting die manier om uit te lek want die mense wat daarmee werk is self verbaas omdat hulle navorsingsyfers heeltemal anders lyk as dié van die media waarmee hulle heeldag gebombardeer word.

Vir die eerste maal sedert Covid-19 vir die wêreld ‘n bedreiging geword het, is daar nou ‘n navorsingsverslag oor die werklike Covid-19 sterftesyfers.

Amptelike menings in die CDC-geledere bereken die totale sterftesyfer op 0.26% . Dit bring die syfer by feitlik dieselfde as wat Stanford Universiteit se navorsers ‘n maand gelede na die tafel gebring het. Dit terwyl die WGO (Wêreld Gesondheidsorganisasie) die sterftesyfer nou op 3.4% beraam, ‘n poging wat daarop uit is om paniek te saai sodat die grendeltyd verleng word. Die CDC self is nie skaam om oor hulle bevindinge te berig nie. Net so het dr John Ionnidis van Stanford Universiteit ook sy beraming van 0.2% sonder omhaal bekend gemaak, maar dit is net so vinnig van die tafel afgevee.

Nog verslae van die CDC sluit die sterftesyfer van persone onder 50 jr in; dit is 1 uit 50 000 en almal mense wat virussimptome getoon het asook aan ‘n onderliggende siekte gely het.

Verder meen die CDC dat mense sonder simptome‘n groter kans staan om in ‘n motorongeluk te sterf as aan die virus.

Hier volg ‘n uittreksel uit die CDC se verslag oor die top 10 oorsake van dood in Suid-Afrika; virussiektes kom maar 7e en 8e, ook die Koronavirus:

South Africa Top 10 Causes of Death

  1. Tuberculosis
  2. Diabetes
  3. Other forms of heart disease
  4. Cerebrovascular diseases
  5. HIV
  6. Hypertensive diseases
  7. Influenza and pneumonia
  8. Other viral diseases
  9. Ischaemic heart diseases
  10. Chronic lower respiratory diseases

U het seker ook gehoor hoe dokters van verskeie lande nou waarsku dat daar nie genoeg aandag aan pasiënte met ander siektes soos tuberkulose en MIV gegee word nie en as hulle sterf kry die virus gewoonlik die skuld. Klaarblyklik het amper niemand die afgelope maande aan ander oorsake as die virus gesterf nie, het een dokter opgemerk.

Ook vier Kanadese dokters wat spesialiseer in aansteeklike siektes het dmv hulle eie navorsing vasgestel dat daar in die ouderdomsgroep onder 65 jr slegs 6 uit ‘n miljoen mense as gevolg van Covid-19 sterf. Dit is maar 0.0006%.

So kan talle individuele gevalle genoem word waar medici wat nou betrokke met die pasiënte werk, se ervaring is dat die werklike sterftesyfer aan Covid-19 baie laer is as wat die WGO en regerings (wat hulle opdragte by die WGO ontvang) voorgee. Daar is selfs nou ‘n poging uit Italië om die WGO te dagvaar vir al die skade agv misplaaste syfers.

Die waarheid is dat ons ons eie land vernietig deur stil en gedienstig te bly oor al hierdie leuens. Besighede maak op strepe toe, die ekonomie stort ineen, miljoene mense in ons land kan van honger sterf. Hoe lank kan dit sonder opstand en chaos so aanhou terwyl die vetkatte net nog vetter word van ander se room wat hulle inpalm?