BOEK TE KOOP: VINGER OP DIE SNELLER

 

VINGER OP DIE SNELLER:

die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.

Outeur dr Gustav Norval

Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.

Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp (met foto’s), die ekspedisies teen Sekwati, Makapan, die burgeroorlog tussen die Potgieter- en die Schoemanfaksies in 1864, die oorlog teen die Pedi, die ontdekking van goud in die Oos-Transvaal, anneksasie van die Transvaal deur die Britte in 1877 en die Boere verset tot en met die Paardekraal-saamtrek in Desember 1880. 

A4, 300 bladsye, geïllustreerd.

KONTAK GUSTAV by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.