21 FEBRUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons betaal so duur vir vragte vol bekommernis oor dinge wat meestal nooit gebeur nie. Bekommernis verander niks aan die situasie nie, met aan jou gemoed. Moenie môre so sorge met vandag se genade probeer dra nie. Dit kan geen positiewe bydrae lewer nie. Om te werk, te beplan, ja, dís positief. Wees te besig bedags en te moeg snags om jou onnodig te bekommer, en wat nog oorbly gee jy vir die Here om te dra. En vryf elke oggend dan blink met geloof, dankbaarheid en lewensblyheid.