Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u al ooit 'n sielsongelukkige 'kunstenaar' gesien? Nie sommer nie! Iemand wat iets skep, enige iets, selfs net 'n pragtige bord kos, is nie 'n ongelukkige mens nie. Skeppende mense is gelukkige mense want om dinge te skep gee jou visie, rigting en selfrespek. Hoe besiger jy is om kreatief te wees, hoe gelukkiger sal jy wees.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (2)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg onder die inligtingstuk in Afrikaans)
FW DE KLERK AND COVERT DEALINGS PRIOR TO THE 1994 ELECTIONS
For 2 decades accusations against the FW de Klerk government have been flying about. Many people have been whispering about huge sums of money being paid over by Swiss bank accounts to NP politicians and government operators to hand over the SA government to the ANC. For 18 years nothing could be proven, till now:
CITIBANK
Gen. Erle Cocke ran Nugan Hand Bank’s Washington office. In April 2000, Cocke gave a deposition running to 67 pages concerning his knowledge and involvement in Project Hammer. Ten days later he died from Pancreatic cancer. His explosive deposition reveals him as a very significant and highly connected player in a world few of us are familiar with. Cocke related in his statement how Citibank was used as halfway stop for dodgy financial dealings in ‘black gold’ through Project Hammer – some 30 accounts used. Asked where these accounts were located, Cocke responded saying – in almost one solid block at Citibank.
PROJECT HAMMER
Project Hammer was a desperate undertaking by the USA gov. to rescue some of its major banks, who, by the end of the 1980’s, faced insolvency.
These banks included Citibank, HSBC, Chase Manhatten and the Bank of New York.
The project was designed to cipher gold and diamonds as collateral as an emergency buoy for the ailing banks and to put the USA’s economy on track again.
It is at this stage that South Africa’s De Klerk government entered the fray – as major gold and diamond supplier, it was the easiest and cheapest way to rescue the USA banking sector.
Only one small problem: South Africa was in political turmoil with the white rightwing challenging the NP government on all fronts. The best smokescreen Citibank could think upon to move large amounts of money and gold bullion was:
Create political instability (between the NP gov. and the ANC. Then create a political vacuum where dodgy gold and diamond deals could be done without too many questions (maybe even an interim NP/ANC gov. where the minimum control would facilitate covert gold and diamond movements).
Project Hammer involved the trading of $13.6 trillion in debentures resulting in a ‘fallout’ of about $1.1 trillion which was stashed I the Howard Hughes account in Credit Suisse. Obviously, in a project of this size, a lot of organizations had to be involved: The CIA, FBI, all the NSA agencies, Pentagon in he broadest sense of it and as such, the Treasury and Federal Reserve. Nobody got out of the act, and everybody wanted to get in on the act – for there was lots and lots of money to be made.
*
“Kan ons voertuie ruil? Ek dink ek weet hoe ons binne kan kom. Parkeer julle net so ‘n halwe blok van my af.”
Skeer klim in die land Cruiser, skuif outomaties die sitplek so ver agteruit as wat dit kan, skakel aan en ry tot by die groot, indrukwekkende hek, gemaak uit twintig millimeter dik gegote yster, met krulle, draaie en spirale, soos mode was gedurende die 1959’s, by baie ryk mense. Nie net is die hek mooi nie, maar is ook uiteraard baie sterk en swaar. Indien Skeer sou probeer om hierdie hek af te ry, soos hy in die verlede met Arno se Land Rover gedoen het in die Kaapse Vlakte, sou die voertuig net skade kry, maar die hek bly staan.
In plaas daarvan gee hy ‘n kort, vinnige blaas van die toeter. Hy weet daar is geslotebaan TV kameras bokant die hek en plek-plek op die heining, maar hy hoop sy gesig wys nie daarop nie. Hy maak ook staat op die feit dat die sluipskut nie ‘n selfoon by hom gehad het nie en ook nie een in die voertuig nie. Hy kon daarom nie terugrapportering gee of die operasie suksesvol was, al dan nie.
Na ‘n halfminuut se wag, maak die hek outomaties oop en hy kan binne ry. Daar is net een wag by die waghokkie, sowat tien meter na die binnekant van die hek af. Skeer hou stil, maak die bestuurdersruit oop en wag. Die hekwag, wat die voertuig herken, loop om, om te gaan hoor wat die man wil hê.
“Hallo, Ters, jy was lank weg…”
Eers wanneer hy binne ‘n paar sentimeter van die voertuig af is, sien hy dis nie Ters Benson, sy vriend nie, maar ‘n vreemdeling. Skeer se linkerhand vlieg by die oop venster uit, gryp die wag aan sy kraag en pluk hom so hard teen die bokant van die vensterraam, dat die bloed onmiddelik uit sy voorkop vloei. Hy slaan die wag nog twee harde houe op die ken en as die man bewusteloos neersyg, klim hy uit, gryp hom aan die skouers en sleep hom die waghokkie in. Aan die man se gordel is boeie, waarmee Skeer sy hande agter sy rug, deur die stoel se raam deur, vasboei. Hy sit die sleutels in sy eie sak. Daarna kry hy ‘n stuk lap en bind sy mond stewig toe. Hy bind die man se voete met sy eie skoenveters vas.
Die kontrole vir die hek is duidelik gemerk en hy maak oop vir die ander twee voertuie.
Die oprit na die huis is lank, byna vyftig meter. Weerskant van die breë, geplaveide pad is hoë palmbome, met die netjiese grasperke langsaan. Die huis self is baie indrukwekkend, met ‘n boustyl wat die elegansie van die ou Britse herehuise met Kaapse gewels inkorporeer. Voor die breë, diep stoep en die egte marmer pilare staan vier voertuie; ‘n donkerrooi Jaguar, twee swart Mercedesse en ‘n nuwe wit Lexus sportnutsvoertuig. Skeer ry tot by die ander voertuie en die drie wat hom volg, aan die ander kant, sodat niemand kan uitry nie, tensy hulle oor die hoë randsteen en die grasperk ry.
Hy hardloop tot langs die voordeur, ‘n hoë een met ‘n ronding, soos ‘n koepel, aan die bokant en dik, ysterhoutbalke wat horisontaal teen die stinkhout basis gebout is, met spesiaal-vervaardigde boute, wat soos lae piramides lyk. Leona kom staan skuins agter hom, haar handwapen gereed, maar haar langgeweer oor haar skouers. Arno, John en Priester hou hulle wapens gereed aan die ander kant.
Skeer kyk vir ‘n oomblik om te sien waar die deurklokkie is, ‘n groot brons affêre, toe die deur oopgaan. ‘n Baie mooi vrou in haar vroeë middeljare maak die deur oop. Sy is stylvol aangetrek in ‘n grys besigheids-snyerspak, met ‘n roomkleurige bloes onderaan. Haar hare is donker, met effense grys langs die kant van haar kop, wat sy glad nie probeer wegsteek met kleursel nie. Die enigste juweliersware wat sy dra is ‘n goue kettinkie om haar nek en ‘n smal, duur, goue horlosie aan haar pols. Selfs met haar platsool skoene is sy net ‘n halwe koplengte korter as Skeer.
“Goeie naand, Brigadier en ander. Kom asseblief binne. Meneer Delport en die ander gaste wag al vir u.”
Vir ‘n oomblik is hulle half verleë; uit die veld geslaan. Hier staan hulle, ongenooide gaste wat met geweld die erf betree het, wat gereed was om hulle pad na binne op te skiet, wapens oorgehaal en vingers op die sneller, met ‘n vrou wat hulle begroet asof hulle dekades-oue vriende van die gasheer is. Nogtans, as die vrou omdraai om vir hulle die pad te wys, beweeg hulle flink die groot voorportaal binne, wapens gereed.
“Dis werklik nie nodig nie! Asseblief,” sê sy met ‘n kilheid in haar stem, asof sy stout kinders betig.
Skielik voel hulle vuil, verkreukel en onafgewerk, met hulle swaar stewels, ongekamde hare, gevegsbaadjies en bruin broeke.
Sy loop die linkerkantse trappe op, oor ‘n baie duur, dikpool, rooi tapyt, wat alle voetstappe demp. Die manne dink daaraan dat dit moontlik sagter kan slaap as hulle beddens by die huis en onwillekeurig kyk Priester of hy nie dalk modder aan sy skoensole het nie. Aan die onderkant van die gang, versier met skilderye van oud-staatspresidente en eerste ministers wat kwaai na hulle kyk, is ‘n dubbele houtdeur met koperbeslag en gestopte leer afwerking. Die vrou klop liggies drie maal aan die deur, druk die handvatsel af en stoot die linkerdeur oop.
“Meneer Delport, u gaste is hier.”
“Dankie, mevrou Visagie.”
Die vier manne aan die verkant van die vertrek staan op, elkeen met ‘n glas drank in die regterhand, miskien om te wys hulle is ongewapen. Daar is geen uitdrukking op hulle gesigte nie, behalwe aan die een, ou man aan hulle linkerkant. Hy glimlag ‘n breë wit een, wat sy glinsterende gebit mooi vertoon, al gaan die grinnik nie op na sy oë toe nie.
Mevrou Visagie loop na ‘n sytafel, waar daar ‘n bord gestapelde toebroodjies, vingerhappies en ‘n pot geperkoleerde koffie staan, met koppies, pierings en kleinbordjies.
“Julle moet seker dood van die honger wees, na die ver rit? Kom kry asseblief vir julle iets te ete. Ek is jammer dat ons, met so ‘n kort kennisgewing, nie iets beter kon voorberei nie.”
Sy neem self twee driehoek-gesnyde broodjies en skink ‘n koppie koffie vir haarself. Sy neem ‘n happie uit elke broodjie en ‘n klein slukkie koffie, om te bewys daar is niks oneetbaars of giftig in nie.
“Sal u my verskoon asseblief menere en dame?”
Sonder om vir ‘n antwoord te wag, loop sy uit en maak die deur stewig agter haar toe.
“Mag ek myself voorstel? Ek is Magnus Delport, en hier langs my is Lord Maugham – wat terloops suiwer Afrikaans praat – Doktor Francois Verhoef, en menere Stiaan van Rooyen en Petrus Verdoorn. Sit asseblief, Brigadier. U vriende ook. U mag u vuurwapens by u hou, as dit u geruster gaan stel. As u iets genuttig het, mag ek vir u ‘n bietjie whisky aanbied? Brandewyn dalk, en vir u, Juffrou, ‘n glasie witwyn?”
Skeer sien uit die hoek van sy oog hoe Leona haar vererg vir die ou man se hovaardigheid teenoor haar, maar hy sê niks.
Nadat die formaliteite afgehandel is, as ‘n mens die afgwurg van drie toebroodjies en twee pasteie elk deur Priester en John, “formaliteite” mag noem, gaan sit Skeer en die ander, as Magnus en sy vriende ook hulle plekke inneem.
“Baie welkom aan u. Ons het u geruime tyd al verwag. Dankie dat u in u besige skedule tyd vir ons kon inruim. Ons wil al lankal met u oor die een en ander gesels.”
(RAUTEM)