Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (14)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die liberale pers - veral die ” Vrye Weekblad” wat deur Max Du Preez gedryf was en deur die PFP (Oppenheimer) gefinansier was - het ‘n haatveldtog en disinformasie propaganda smeerveldtog teen P.W Botha en “regse” blankes geloods. Pik Botha, het die NP “in lyn” gehou - hy was ‘n NWO agent - en Tienie Groenewald sowel as Piet Koornhof gewerf om saam te speel om Constant Viljoen en die weermag te “neutraliseer.” Vele top weermag generaals is onmiddellik hierna deur De Klerk in die pad gesteek om ‘n moontlike staatsgreep te verhoed. Die Nasionale Party as geheel, was ‘n Brise skepping en TOTAAL op die Britse salarislys. Die KP (frontorganisasie) is OOK deur Brittanje gestig as “toevlug” vir konserwatiewe blankes om blanke nasionalisme verder te verdeel vir die wat teen die NP regime gestaan het. Die enigste SUIWER blanke nasionalistiese party was dié van Jaap Marais. Die hele opset voor en na CODESA was ‘n TOTALE diaboliese sameswering tussen Amerika, Britanje- en die Suid-Afrikaanse Nasionale Party.
Ook het die Suid-Afrikaanse inligtingsdiens onder beheer van Neil Barnard, gehelp met die oorgawe na die kommunistiese ANC bewind toe. Die Helderberg vlug is ook gesabboteer om van Suid-Afrika se top kern fisici wat op die vlug was, ontslae te raak en Kapt. Dawie Uys is gedwing om die vlug te loods (hy was reeds afgetree en dus ”expendable”) deur hom te dreig om sy familie skade aan te doen indien hy sou weier. Op JFK lughawe het die CIA reeds die hoogs ontvlambare stof op die vliegtuig geplant en ‘n tydskakelaar ingebou om te ontplof oor ‘n spesifieke plek oor die oseaan wat diep is en hy moeilik sou gevind word om alle spore vir lugvaart ondersoekers uit te wis. Cecil Margo - nog ‘n Jood - is betaal om die ondersoek na die lugramp te doen en ‘n bevinding te gee wat die Jode sou pas en geensins ‘n vinger na of doelbewuste sabbotasie - of ‘n sameswering sou wys nie. Onmiddellik na PW Botha se gedwonge “abdikasie” het De Klerk, Pik Botha (in samewerking met die Amerikaanse minister van buitelandse sake Chester Crocker, die Britse geheime diens, die CIA en die ANC) – meer as 4 miljard rand se goud onwettig gesteel en deur CITI bank na Amerika gekannaliseer - en so Suid-Afrika reeds TOE al bankrot gemaak omrede daar geen goudreserwes oor was om die rand te stut nie.
*
“Wag nou eers. Ek is nie klaar nie. Twee vrae, eintlik drie. As julle van 1966 af geweet het dinge loop verkeerd en ons gaan deur die ANC oorrompel word, waarom die Grensoorlog?”
“Ons moes tyd hê. Jy smokkel nie vyf duisend ton goud oornag uit die land uit nie. Dit het tyd gevat.”
“En duisende jongmanne se lewens!”
“Ja, en ek het oor elkeen van hulle getreur. Maar dit was nie baie duisende nie. Die totaal was twee duisend ses honderd vyf en dertig, waarvan sewe honderd in operasionele gevegte gesterf het. Ons het ook geveg sodat ons ‘n oorwinning kon behaal en daarmee vir die onderhandelaars wat uiteindelik sou kom, ‘n magsposisie te gee, sodat ‘n behoorlike ooreenkoms getref kon word. Maar min ons het geweet dat die onderhandelaars klaar betaal is en ons uitverkoop het sonder enige waarborge, lank voor 1989. In daardie geval sou ek sê ja – die Grensoorlog was sinloos. Ou Frikkie met sy wigte en teenwigte! Wat ‘n sieklike spul!”)
“En jy weet wat my tweede vraag is: waarom nou skielik die gat-omswaai? ‘n Paar dae gelede wou jy ons nog laat doodmaak. En dit bring my sommer by die derde vraag: hoe kan ons jou – julle vertrou?”
“Die antwoord is eenvoudig. Ons het nie ‘n keuse nie. Jy kan julleself maar op die skouer klop, Brigadier en Doktor. Vir een en sestig jaar het niemand naby ons gekom nie. Vanaf 1950 het ons ons geheime bewaar en elke keer as iemand te naby begin krap, hulle òf op ‘n dwaalspoor gekry wat uiteindelik doodgeloop het, òf van hulle ontslae geraak. Jy is soos die spreekwoordelike duwweltjie in ‘n wolkombers. Of dit nou bekwaamheid of pure geluk of ongeluk is, weet ek nie. En nou wil ek jou ‘n soortgelyke vraag vra: wat gaan julle doen, noudat julle die waarheid het, en ook die toegang tot ‘n enorme klomp geld? Onthou jy die fliek van Tom Cruise waarin hy vertel word: ‘You can’t handle the truth’? Is hierdie stuk inligting groter as jy of julle? Kan jy wat Jacobus Hugo is, die manne en die vrou by jou, vertrou met meer geld as wat enige iemand anders al ooit gehad het?”
“My antwoord is dieselfde as joune: ek – en julle - het nie ‘n keuse nie.”
“Ek het ook nie. Jy het nie gevra oor Heyns en Marike de Klerk nie”.
“Eerlikwaar – dit het my ontgaan. Ook Hani – wie het hom vermoor? Ja, ek weet Clive Darby-Lewis en Janusz Walus, maar hoekom?”
“Nie een van hulle is ons werk nie. Vir ‘n verandering was Lang Hendrik nie betrokke nie. Heyns is later uitgekryt as ‘n dubbele agent en selfs sy naam is gemompel as ‘Heynski’ of ‘Heinskowitch’ of so iets. Feit is, hy is vermoor deur ‘n verregse groep. Heyns het nie baie ver hiervandaan gebly nie en ons het soms geselfs. Hani? Hy was te matig vir die ANC, met hom aan die stuur van sake sou hulle nooit so vinnig sosialisties geswaai het nie. Die ANC self het hom laat vermoor. Dit was eintlik ‘n briljante skuif: ‘n topleier van die ANC word vermoor deur middel-regse en ver-regse manne. Dit het nie net die ANC ‘n geweldige hupstoot binnelands gegee nie maar ook buitelands en dit was ‘n hele braaipan vol eier op die Nasionale Party se gesig. Hulle het self die ding gekonkel, met die belofte dat beide die snellertrekkers nie net gevrywaar sal word van vervolging nie, maar ‘n klomp geld sou kry. Dink jy iemand sal met die moordwapen en die handskoene wat gebruik is, nog vir ure daarmee in sy kar rondry? Marike? Wat ‘n aangename, pragtige vrou. Ongelukkig het sy begin skryf en moes gekeer word.”
“Frikkie self?”
“Nee, natuurlik nie hy persoonlik nie. Die tuinier, maar hy is ook betaal, nie eens baie geld nie, so rondom vyf en dertig duisend rand en natuurlik ook met die belofte dat hy nie aangekla sal word nie. Hoekom dink jy was hy so morsig? Nee, niemand sal vir FW daarmee aan die pen laat ry nie, maar is hy skuldig? Natuurlik!”
“Ek kan nie glo dat ‘n man die vrou by wie hy kinders gehad het en ‘n groot deel van sy lewe saam mee gebly het, kan laat vermoor nie.”
“As jy nie omgee om ‘n hele volk uit te verkoop nie, waar sou jy die morele integriteit kry om jou eks-vrou te beskerm? Soos ek sê ‘kollaterale skade’.”
“En waar kry jy die geld vir hierdie duur huis en luukse lewensstyl?”
“Jy mag miskien nie so dink nie, maar dis wat my toekom vir alles wat ek deur die jare gereël, georkestreer en verrig het. Daar is niks gesteelde geld in hierdie plek nie, maar ek hoef julle nie daarvan te oortuig nie. Sien dit as ‘n Judasloon vir die uitverkoop van my gewete.”
Dit neem ‘n paar minute vir al die inligting om in te sink. Verdoorn en Priester skuif ongemaklik rond. John staan op, neem ‘n toebroodjie en ‘n worsrolletjie. Hy sluk dit met ‘n koppie warm, sterk koffie af.
“En nou stel ek voor julle ander volg daardie jongman se voorbeeld en eet terwyl julle kan, drink koffie terwyl dit beskibaar is, ‘n draai loop en julle blase leeg maak. Ek dink nie julle het baie tyd oor nie.”
“En julle ou manne? Hoekom kom julle nie saam nie? Ons kan julle gebruik.”
“Ouboet, ons tyd is verby.”
Skeer wink vir Leona en Arno om hom te volg as die laaste van die groep die badkamer gebruik het. Sodra hy die kraan toegedraai het en weer oop, gebeur daar niks, totdat hy dit met meer mening en krag draai. Dis asof die kraan oor ‘n bultjie loop, weer maklik draai en dan swaai die groot badkamerspieël met ‘n gesis uit, en vou dan langs die muur in ‘n gaping in, waar dit verdwyn. ‘n Groot, blou-groen brandkluis staan in die opening. Daar is ‘n kombinasie-knop in die middel en direk daaronder ‘n lang, dik vlekvrye-staal hefboom.
“Okay, hier gaan ons. RAUTEM: agtien regs, een links, een en twintig regs, negentien links, vyf regs, dertien links.”
Hy druk die hefboom ondertoe en trek. Die dik, swaar, gebalanseerde deur gaan geluidloos oop. Aan die binnekant is drie bruin aktetasse. Op die voorste een is ‘n sirkel en arend in goud gedruk, met die voorletters “R.vS.Smit” onderaan.
“Smit se aktetas, wat die Amerikaanse regering vir hom as geskenk gegee het. Ook die volgende een as ek na die inhoud kyk en die derde een is Verwoerd s’n. Ek glo sy nuwe plan is daarin. Die vierde een is seker dan die dokumente en nommers om die geld te trek.”
Hulle staan ‘n ruk stil in die enormiteit van die antiklimaks.
“Vat die leersak met die zip ook!” roep Magnus vanuit die groot vertrek.
In die leersak is twee dubbele bakhande vol groot, geslypte diamante.
“Gebruik dit vir die tussentyd, totdat die oorlog begin!”