Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense is soos getinte ruite. As die son skyn, glinster almal. Maar as dit donker word, verraai net ʼn lig wat binne brand, dat daar lewe in die huis is.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (7)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
South Africa is a tinder box of random hatred and violence. The slightest spark can light a fire. In July 2021, 359 died in the riots in KZN caused by what nobody exactly knows. We have one of the highest murder rates in the world. We live in fear, especially in the poor black townships. We are all looking over our shoulders. To shout ‘Shoot to Kill! Kill the Boer, the farmer!’ in this explosive mix seems to me irresponsible. It frightens me to know that many people think it is just fine and even applaud Malema for singing it.
*
There’s no accident involved in the failure of embattled state institutions, says Thabo Mbeki.
The former president was speaking at Unisa, where he is the chancellor, about state of the country on Thursday.
He commented on state institutions such as Eskom, the police and Transnet
Mbeki said there are greedy and corrupt people who want to ensure the state fails.
*
‘They started beating me, kicking me’ – Lesufi’s Gauteng crime prevention wardens accused of brutal assault. As part of his efforts to reduce crime, Gauteng Premier Panyaza Lesufi introduced 6,000 ‘crime prevention wardens’ to monitor and police the province. The initiative was met with scepticism and questions from political parties, independent policing consultants and civil rights organisations regarding their legality. Now, allegations of assault by the wardens have emerged.
-Takudzwa Pongweni.
*
Die blote inspanning om vir jouself te dink, is vir baie mense te veel. Dis baie makliker om jou stoel uit te skop, agteroor te sit, bier of whisky in die hand en die media vir jou te laat dink. Dis maklik om te identifiseer met ‘n aantreklike man of mooi vrou, eerder as met een wat waardes en beginsels voorop stel.
Nuuslesers word met sorg uitgekies en voorberei, elke nuusbrokkie wat by die groter geheel inpas en dit raak moeilik om te onderskei tusen wat waar is, waar met valshede strategies binne-in geplaas is, of bloot versinsels. ‘n Man, vrou of kind wat in ‘n semi-koma van lui denke verkeer word maklik verlei en mislei. Dis juis hierop wat die nuusaanbieders en die mense agter die skryf daarvan, reken – dat die gemiddelde Jan-Alleman te lui sal wees om die waarheid te onderskei van propaganda.
Wee daardie een wat begin dink en die storie agter die storie gaan soek, of die waarheid agter die indoktrinasie. Hy of sy word gou geëtiketeer as regs, ‘n samesweringsteoretiseerder, of nog erger, wat die rassekaart om sy of haar nek gehang kry.
Die samelewing is daarvan afhanklik dat die meerderheid vir die individu dink, dat hulle die rigting bepaal waarheen geloop moet word en enigiemand wat stroom-op dink, praat of handel, word meer kere as nie, verstoot.
In Suid-Afrika het veral die “baby-boomers” grootgeword met die gedagte wat in die kerke, skole en sosiale kringe voorgehou is as waarheid, is uit klip gekap; dat jy op die regte koers is as jy in een van die Susterkerke is, Nasionaal stem en by Volkskas bank. Die uitgesoektes is deur die Broederbond genader en wee jou as jy nie instem om by hulle ingroepie aan te sluit nie. Jy sou nie direk gestraf word nie, maar mettertyd sal hierdie arme drommel uitvind dat deure vir hom toegemaak is, hy vinnig sy plafon bereik, hetsy as bankamptenaar, skoolonderwyser of weermag- en polisielid.
Hierdie ingesteldheid vorm later ‘n kernwaarheid en basisgeloof, wat nie bestry kan word met blootstelling aan die waarheid, bewyse of getuienis nie. Dit maak nie vir hom saak waarom Verwoerd vermoor is nie, Vorster se gesondheid oornag ingegee het, of PW Botha werklik ‘n beroerte gehad het en of hy vergiftig is nie. Dis diegene wat slaafs agter FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha, Leon Wessels en die Dakargangers aangestap het. Niemand het gevra waarom die onderhandelaars by Kodesa so maklik handdoek ingegooi het nie, waarom is die tweede referendum nooit gehou nie en waarom die NP ontbind het kort nadat FW uit die regering van Nasionale Eenheid geloop het, die kortstondige opkoms en afloop van Kortbroek Martinus van Schalkwyk, en die totale oorname van die ANC. Dit maak nie vir hulle saak waar die oud-onderhandelaars hulle multi-miljoene gekry het nie.
Dis hulle wat dertig jaar na die instelling van die “reënboognasie” van Nelson Mandela steeds dink dat hy nie ‘n terroris was nie, maar ‘n begaafde vredemaker, dat die destydse leiers, almal met oorsese adresse en bankrekenings, ‘n langtermynplan het, dat FW de Klerk se wigte en teenwigte mettertyd sal inskop. Dis daardie mense wat glo Suid-Afrika sal nooit die pad van Zimbabwe loop nie, dat Eskom, Transnet, SAUK, Denel, die Poskantoor en die ander staatsbeheerde entiteite mettertyd sal herstel.
Dis daardie mense wat begin besef dat die finansiële eilandjie waarop hulle sit, al kleiner word en die see van geweld al nader stroom, maar steeds wag vir die reddingsboot, wat nooit vir hulle sal kom nie. Hulle kan nie die gedagte in die kop kry dat ook hulle, ten spyte van die veiligheidskomplekse, sekuriteitstelsels en dik diefwering, dalk deur een van die medeburgers keelaf gesny kan word nie. Hulle glo eerder die president wanneer hy die een na die ander leë belofte maak.
Die manne en vroue wat regmaak vir die ergste is nie geskok as die eilandjies onder die water verdwyn nie, wat besef dat alles wat die regering doen of sê verdag is en niks goeds inhou vir die burgers van die land nie, hetsy blank, swart, bruin of Indiër.
Dis grotendeels hulle wat uiteindelik sal oorleef.
*
Net na twaalfuur ry hulle by die Engen op Colesberg in. Ezra is wawyd wakker as hulle stilhou vir brandstof.
“Wat ruik ek, Oom?”
“Jy ruik seker die petrol. Ons gooi net gou in, dan ry ons verder.”
“Nee, ek ruik kos!”
“Ouboet, moenie my sê jy is honger nie?”
“Ja, Oom. Ons het mos vanoggend laas ietsie geëet.”
“Dit was net netnou. Maar dis reg, kom ons gaan kyk wat het hulle.”
Die Wimpy se kos is ietwat voorspelbaar, maar altyd lekker. Skeer eet ‘n Wimpy-ontbyt en Ezra ‘n kaasburger en tjips, met ‘n groot sjokolade melkskommel.
“Was dit lekker?”
Ezra knik met sy kop, met sy kieste wat bol staan.
“Ek moet net gou gaan piepie Oom.”
“Dis reg, maar maak gou, ons het nog ver om te ry voor vanaand.”
Ezra skuif by die bankie uit en draf kleedkamers toe, terwyl Skeer nog ‘n paar geroosterde toebroodjies bestel om weg te vat. Na ‘n paar minute daag die wegneemkos op.
“Nou waar draai die mannetjie?”
Skeer staan op, betaal die rekening, los die kos vir ‘n oomblik by die kassiere en loop kleedkamers toe. Dis nie baie groot nie, maar daar is niemand binne nie. Hy klap die drie binnedeure na die toilette oop, maar daar is niemand nie. Hy voel ‘n koue rilling teen sy rugraat afloop.
“Ezra, waar is jy!?”
Geen antwoord en met die gevoel wat nou amper na angs oorslaan, loop hy vinnig terug na die kassiere.
“Het julle nie…”
Die vrou se oë is groot en benoud, maar voordat Skeer klaar kan praat, skud sy haar kop en wys met haar ken na buite, waar ‘n grys Polo met skreeuende bande uit die parkeerterrein wegtrek. Dan kyk sy af en weg. Skeer gryp die bruinpapiersakkie met die kos en hardloop buitentoe. Die Land-Rover vat met die eerste draai en die groot bande fluit as hy die Volkswagen agternasit.
Aanvanklik het die ontvoerders vinnig gery om net buite sig te kom, maar as hulle die groot vier-by-vier in hulle tru-spieël sien, versnel die kar weer, hy vleg tussen die yl verkeer deur, en soos hy ry, flits hy sy ligte om die mense uit die pad te kry. Stadig begin die sedan onder Skeer uitry, al sê die GPS dat hy meer as honderd en sestig kilometer per uur ry.
Skielik gaan die Polo se remligte aan, as daar twee stadiger voertuie langs mekaar ry en die een in die regterbaan, ‘n nuwe Ford Ranger, te stadig padgee. Die Polo beweeg vinnig oor na die linkerbaan, maar ook daardie kar is te stadig en het in elk geval net die linkerkant van die geelstreep om na toe te swaai. Weereens kom die briekligte aan, maar Skeer het nou sodanig opgevang, dat hy die toeter kan hoor gil. Die spasie tussen hom en die kar is nou so min, dat hy ook rem moet trap en as die voorste voertuig na links beweeg, begin die Polo weer voor hom uit beweeg.
Skeer het reeds die .44 Magnum Desert Eagle getrek en mik ‘n haastige skoot na die regter agterwiel van die kar. Die eerste skoot is mis, want hy wil ook nie per ongeluk iemand raakskiet nie. Die tweede skoot is presies op teiken en die swaar holpunt rondte vlieg gemaklik deur die kar se band. Stukke rubber vlieg weerskante toe uit en ‘n stuk tref die Land-Rover se voorste modderskerm ‘n krams hou. Die Polo swaai heen en weer oor die pad, soos die bestuurder probeer om die kar op die pad te hou. Hy oorkompenseer en draai dwars, rol amper om, maar is dan van die teer af op die grond in ‘n stofwolk. Drie makkers spring uit die kar, sonder om die deure toe te klap en hardloop oor die pad na die veiligheid van die doringdraad aan die linkerkant.
Bande fluit en toeters blaas, soos die twee aankomende karre probeer uitswaai om nie een van hulle raak te ry nie. Die agterste een van die twee, ‘n Ford Ranger, hou stil, die deure gaan oop en twee fris, Vrystaatse jongboere spring uit, sit die drie agterna en vang twee van hulle, wat hulle natuurlik “teësit” en moet met geweld tot bedaring gebring word. Die vier kom teruggeloop, die “gevangenes” se voete wat net hier en daar grondvat.
Skeer hardloop na die Polo toe en is verlig as Kleinskeer, Ezra, met groot oë agter in die kar sit. Sy mond is met kleefband toegemaak en sy hande en voete met kabelbinders.
Skeer trek die kleefband van die kind se mond af, sny die kabelbinders weg en tel die seuntjie op in sy arms.
“Oom Skeer?”
“Ja, my seun?”
“Het Oom die kos onthou?”
Na ondervraging, waar Skeer die groot pistool teen die leier se mond druk, so hard dat die man se bolip oopbars, is dit duidelik dat hulle nie deel is van ‘n groter groep nie, maar het bloot op hulle eie ‘n kans gesien om ‘n geldtjie te maak.