Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As 'goeie' kinders van die HERE het ons geleer om verdraagsaam te wees teenoor baie dinge. Ons moet egter vra of dit reg is om teenoor goddeloses verdraagsaam te wees. Vol passie roep Dawid in Ps 139 uit: "O God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef – u teëstanders! HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van dié wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!"
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (8)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
“Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and fortune and left their country for ever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances under which no weakling could survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the marksman, and the rider.
Then, finally, put a finer temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual, and you have the modern Boer—the most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial Britain. Our military history has largely consisted in our conflicts with France, but Napoleon and all his veterans have never treated us so roughly as these hard-bitten farmers with their ancient theology and their inconveniently modern rifles.”
-Sir Arthur Conan Doyle
*
Selfvoldaanheid (Engels: complacency) is ‘n volk se grootste vyand, en nie eksterne magte of interne teenstanders, polities of nie, en selfs nie eens verraaiers nie, al het Generaal Christiaan de Wet hulle so genoem.
Vanaf die besetting van die Kaap onder Jan van Riebeeck in 1652 het die burgers nooit rede gehad om hulle waaksaamheid te verslap nie. Dit is waarom hulle die Fort gebou het en dit selfs later met die Kasteel vervang het. Vanaf die heel begin was daar veediewe, rowers en moordenaars buite die mure – en soms selfs binne.
Die selfsugtige optrede van sommige van die goewerneurs aan die Kaap, veral manne soos die berugte en wrede, onvergenoegde Willem Adriaan van der Stel, het die Vryburgers aangespoor om hulle vryheid buite die grense van die VOIC te gaan soek. Die eerste en tweede besetting van die Kaap deur die Engelse en hulle swak politieke beginsels, waar openlik kant gekies is vir die inboorlinge en teen die burgers, het die gemoedere hoog laat opvlam, maar ook ‘n sugte na onafhanklikheid.
Die burgers (selfs toe al “Boere” genoem) het verbete stryd gevoer teen die Xhosas langs die Vis- en Vetriviere, het menige aand met die roere gelaai teen die slaapkamermuur gaan slaap, en party huisgesinne is soms uitgemoor.
Na Slagtersnek en die verdere vyandskap jeens die Engelse, het hulle die wildernis van die Noorde ingetrek, waar hulle nogeens met elke myl wat hulle beweeg het, in gevaar verkeer het.
Tereg meen Sir Arthur Conan Doyle dat die Boere van die mees gedugte vegters was, soos die Engelse tot hulle spyt en vernedering agter gekom het gedurende die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë, ook genoem die Boere-oorlog. Was dit nie vir die Verskroeide-aarde beleid, waar die Bittereinders ‘n suksesvolle guerrilla-oorlog teen die oormag Engelse gevoer het en uiteindelik net vredesonderhandelinge aanvaar het, omdat hulle vroue en kinders in haglike omstandighede in die konsentrasiekampe as gyselaars gehou is nie, sou Brittanje finaal bloedneus op die Transvaalse en Vrystaatse vlaktes gekry het.
Na 1902 het die stryd om oorlewing nie opgehou nie en moes die Boere die land uit ‘n verbrande ruïne weer opbou. Daarna het die jong soldate weereens hulle staal gewys in die Eerste-Wêreldoorlog, het die mense net opgestaan na hierdie tyd, of die Groot Depressie het weereens baie van hulle platgeslaan, maar nie vir lank nie.
Die Tweede-Wêreldoorlog het gevolg, die Unie wat plek gemaak het vir die Republiek, wat weereens vanaf 1966 tot 1989 teen ‘n oormag SWAPO, FAPLA, Kubane, Oos-Duitsers en Russe beskerm is. Intern het die ANC onluste gestook, bomme en landmyne geplaas en was niemand weereens veilig nie.
Gedurende hierdie tyd, vanaf 1948 tot 1992, is Suid-Afrika opgebou tot ‘n eerste-wêreldse land, met die goedkoopste en betroubaarste kraglewering ter wêreld, ‘n puik pad en spoornetwerk, Krygkor wat wêreldgehalte wapentuig gebou het, SASOL, wat olie uit steenkool verwerk het, die SAUK, SAL, Poskantoor en menige ander selfstandige en winsmakende Semi-staatsbeheerde-entiteite. Daarby ook eersteklas skole en universiteite. Die eerste hartoorplanting ter wêreld is deur dokter Christiaan Barnard en sy span suksesvol gedoen en selfs is kernbomme gebou, ten spyte van die sanksies. Al hierdie dinge was as gevolg van moed, intelligensie, deursettingsvermoë, vindingykheid, krag en opoffering.
Ongelukkig het al hierdie suksesse meegebring dat die oorgrote meerderheid van die blankes selfvoldaan geraak het, soos die Romeine, Grieke, Ottomans, Spanjaarde, Hollanders en die Britse ryk. Selfvoldaanheid bring gemak, ‘n versugting na ‘n luukse lewenstyl, liberalisme en verswaking van Jan-Alleman mee. Vergete is die opofferings van honderde duisende dienspligtiges, hardwerkende ambagsmanne, boere en opvoerders.
Dis op hierdie dekadensie en selfvoldaanheid waarop die ANC en die NP staatgemaak het by KODESA. Meer luuksheid, vrede, nuwe geldmaakgeleenthede en internasionale sport is as wortel gebruik en burgeroolog eerder as die lat.
Die bevolking het vir FW de Klerk gevolg, omdat hulle slap en lui geword het en vergeet het hulle is inherent krygers en nie handknegte nie. Die wortel was net te aanloklik en sappig om te weerstaan.
Die Susterkerke het hierdie wortel gepropageer en vergeet dis juis hierdie dinge waarmee Satan vir Jesus probeer verlei het in die woestyn. Dis ook hierdie verleidinge waarmee die kerkmense weggelok word na die charismatiese kerke en welvaartsgodsdiens.
*
Rob Smit voel beter. Hy het pas tien kilometer gehardloop. Vanoggend het hy ‘n uur en ‘n half hard geoefen in die gymnasium en sy lyf is sterk, taai en fiks. Hy eet gesond, drink feitlik geen alkohol nie, behalwe met spesiale geleenthede en dan beperk hy homself tot een bier, of een glasie wyn. Hy het ‘n swakheid vir biltong, maar daarvan sny hy die vet af en gee dit vir Stoffel, sy groot basterbrak. Stoffel het saam gedraf, maar nie net langs Rob nie, nee. Hy hardloop vooruit, soek en snuif alles in die omgewing, sorg dat elke regopstaande voorwerp, vanaf telefoon en elektriese pale, stopstrate, bome en wat ookal, ‘n spuitsel water kry. Rob wonder waarom die hond nie gedehidreerd raak nie, maar as hy vir hom ‘n skottel water neersit, drink Stoffel dit halfpad leeg.
Ja, Rob voel beter, die beste wat hy die afgelope drie maande gevoel het, na sy finale uitval met Natasja. Hy het snuf in die neus gekry toe sy so baie afsprake gemaak het met die dokter, terwyl sy na sy sin nie eintlik iets makeer nie. Nadat hy haar daaroor gekonfronteer het, het sy in trane uitgebars, gesmeek om vergifnis, maar die volgende dag aangekondig dat sy en dokter Toon die saak bespreek het en sy gaan by hom intrek. Die egskeiding was vinnig en maklik; sy het alles aan hom afgeteken en dis verby binne ‘n rekordtyd.
In plaas van sy hartseer probeer verdrink, het hy meer intensief begin hardloop en oefen. Uiteindelik moet hy erken dat die hele episode vir hom in werklikheid ‘n verligting was en hy mis haar nie werklik nie. Hy verstaan ook nie werklik wat die nuwe minnaar in haar sien nie.
Nadat hy gestort het, ‘n hoë-proteïn aandete genuttig het, gemaklik aangetrek en geraak het op sy stoel, lui sy selfoon. Hy groet vriendelik as hy sy seun se naam op die skerm sien, maar verys in skok as hy die stotterende nuus hoor. Rian is vanmiddag gekaap, geslaan en sy twee klein kindertjies, klein Rob en Fila is ontvoer. Hy probeer so kalm as moontlik bly, maar sy stem slaan hier en daar deur as hy vir Rian probeer kalmeer.
Uiteindelik trek hy die Touareg V8 uit die motorhuis, met Stoffel op die agtersitplek, sy ou Walther P38 aan sy sy en die Winchester model 70 in .270 Winchester Magnum op die agtersitplek.