Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy nie iets kan sê wat tot die eer van die HERE bydra nie, bly liewer stil. Mense het al dikwels spyt gekry oor hulle woorde maar nie oor hulle stilswye nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (22)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
“Oor die volgende drie jaar gaan die regering gemiddeld R553,7 miljard per jaar moet leen.” Die staat sal dus R1,5 miljard per dag moet leen.
-Enoch Godongwana (Minister van Finansies)
*
However, spokesperson of IRR Hermann Pretorius hit back, describing the BBC as “a lobby group for wealthy tenderpreneurs who use their race and their government connections to enrich themselves”.
“Transformation is the tool they use to gain access to lucrative government contracts, allowing them to siphon off taxpayer money at the expense of the poor.
“The IRR is against this kind of transformation. It is crony capitalists trying everything in their power to rig the system in their favour.
*
On Thursday, the votes of African National Congress MPs guaranteed that the Upstream Petroleum Development Bill – which governs how licensing of oil and gas projects will work from now on – was passed in the National Assembly, and now goes on to National Council of Provinces.
Once again, if this legislation goes through, it will ensure that the ANC’s usual toxic combination of greed, ignorance and ideology will continue to keep South Africans in poverty.
*
“Skeer, dit wat jy nou hier vertel het, is interessant, maar dit is nie asemrowend nuut nie. Die meeste mense wat bloot koerante lees, Facebook en Wattsapp het, kan uiteindelik dieselfde gevolgtrekkings maak, behalwe vir die afstand van die skoot en die doppie. Is dit al wat jy my wou vertel?”
Skeer huiwer ‘n oomblik. Daar is iets aan die man se houding wat maak dat hy hom vertrou.
“Nee, dis nie al nie. Jy het al self voorheen genoem dat die onluste van Julie 2021 grootliks ‘n rookskerm was vir dinge wat agter die gordyn afgespeel het. Soos die veertien lorries vol droë rantsoene, die kamp en radiotoerusting en die tien miljoen rondtes ammunisie wat uit die vraghouer gesteel is.
“Ek weet dat somme nie altyd klop nie en dat twee plus twee plus twee nie noodwendig ses maak nie, veral as ‘n mens te doene kry met hierdie stories agter die stories en motiewe wat nie enigsins sin maak nie.”
“Dis waar. Hoe lyk jou som?”
“Jy moet onthou ek is al vir baie jare ‘n polisieman en dat ek van nature agterdogtig is. In enige misdaad soek jy vir geleentheid, metode en motief. Wat is die motief vir al hierdie dinge? Die eerste belangrike feit is dat dit op hoë vlak beskerm word teen openbaarmaking. Hoe vorder die ondersoek byvoorbeeld na die moord op Luitenant-Kolonel Frans Mathipa? Ek is redelik seker dit het op ‘n sekere plek tot stilstand gekom, net soos die ondersoek op Luitenant-Kolonel Kinear. Ja, ek weet wat hulle sê, maar is hulle seker hulle is op die regte spoor?
“Mathipa was op pad na Simonstad om te gaan uitvind wat het met die Lady-R gebeur. Waarom is dit so ‘n groot geheim? Daar is ‘n klomp faktore wat my laat vrae vra, soos waarom geskied die op en aflaaiery snags, waarom is ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy betrokke en nie die SAPD nie, waarom sou die Amerikaanse ambassadeur, Bridgety, oënskynlik ongegronde bewerings maak oor die vrag, wat na sy mening wapens is, en so sy pos in gedrang bring? Het die Amerikaners nie immers hoë-resolusie kameras in hulle sateliete met ligaftasting nie, wat duidelik kan wys wat gelaai is? Kom ons gestel iets soos uranium of plutonium is gelaai – moenie vergeet ons het dit al vanaf apartheidstyd nie, en ammunisie en geld is nie opgelaai nie, maar afgelaai.”
“Dit raak nou interessant, Ouboet. Gaan aan.”
“Sê maar daar was onder andere geld ook. As ons vir ‘n oomblik na Cyril Ramaphosa en die Phala-Phala storie teruggaan – gestel daar was meer as een aflewering geld aan hom of sy party en net ‘n gedeelte is versteek in sy sitkamermeubels, waarvoor is dit nodig?”
“Jy vat nou wyd, Skeer. Maar laat ek hoor hoe jou kop werk.”
“Moet ook nie vergeet van die Russiese privaatstralers wat by Waterkloof en Lanseria geland het nie. Wat is daar afgelaai, later opgelaai? Waarom die geheimhouding?”
‘n Frons verskyn op Wynand se voorkop. Skeer kan sien dat hy hom aan die dink het.
Skeer gaan aan.
“Kom ons tel bymekaar. Wat het jy nodig vir ’n privaat weermag? Kos, ons het al gepraat oor die droë rantsoene, radiotoerusting – gebuit in 2021, saam met kamptoerusting, ammunisie en brandstof. Jy het geld nodig en dit lyk my asof die regering genoeg weggebêre het, waarvan niemand weet nie.”
“Nou goed, wat is die motief?”
“Die ANC kan nie bekostig om die mag af te gee nie. Doen hulle dit, aan sê maar die DA of ‘n koalisie tussen hulle die IVP, die Vryheidsfront en wie ookal, kan hulle nie meer staatmaak op selfaangestelde polisie, Valke, en die regstelsel nie. ‘n Nuwe party sal dit ‘n prioriteit maak om korrupsie te ontbloot en dit voor regters plaas wat nie deur die ANC aangestel is nie. Die ondersoeke sal vinnig en deeglik wees, want hulle sal sou gou as wat kan, elke kader en sy maatjie se eiendom vries. Dit sluit bankrekeninge in en ook keer dat die minimum skelms hulle tuismaak in Abu-Dhabi of Dubai of daar iewers. Kyk maar hoe min word gedoen om die Guptas hier te kry en hoe lank dit vat. Wie ookal aan bewind kom, sal hulle mag wil konsolideer deur korrupte mense op te sluit en te onteien. Hulle sal dit duidelik wil maak dat die korrupsie van die verlede nie weer geduld sal word nie. Indien die ANC by die stembus verloor, moet hulle mag behou deur geweld. Ons huidige polisie en weermag is doelbewus ontmagtig, sodat hulle dit nie kan keer nie.”
“Wat kan keer nie?”
“Om die mag te behou deur ’n privaat weermag, wat hulle moet beskerm sodra daar onluste uitbreek.”
“Waarom sou onluste van so ‘n groot skaal dan uitbreek?”
“Glo my, die ANC en die EFF kan dit laat gebeur. En wanneer dit uitbreek, sal hulle dit as rookskerm moet gebruik om ‘n noodtoestand en krygswet uit te roep. Ongelukkig vir hulle is ‘n onlusgebeure ‘n tweesnydende swaard. Net soos dit hulle kan beskerm, sal dit ook noodwendig teen hulle draai.”
“Dit maak sin, maar het jy bewyse van so ‘n weermag?”
“Nog nie.”
“Mag ek weet waar jy gaan soek?”
“Wel soos my ma altydgesê het, ‘in for a penny, in for a pound’.”
“Wat beteken dit in Afrikaans?”
“Dit beteken ek – ons – vertrou jou tot dusver en ons kan jou netsowel met alles vertrou. My raaiskoot is dat een of ander weermaggeneraal, en dit wil sê ‘n weermageenheid of ‘n gedeelte daarvan hiermee besig is.”
“Waar is dit?”
“Jy weet dat voertuie van die weermag verbind word met die ontvoering van sakemanne en dat daardie selfde voertuie geregistreer is op die naam van ‘n bevelvoerder van ‘n eenheid?”
“En dit is Infanterie-eenheid en die Recce-eenheidnaby die wildtuin?””
“Kan dalk wees.”
“En julle gaan kyk of dit so is?”
“Ons gaan. Ons sal Bert en sy twee kinders iewers veilig los en ek en Rob sal die snuffelwerk doen. Maar ek sal graag dat jy ‘n kopié maak van die geheuestokkie wat ons het met bewyse op.”
“Vir ingeval julle nie terugkom nie?”
“Ja, vir ingeval. Iets wat jy wil byvoeg?”