Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk jou lewe vanoggend? Is jy in ’n doodloopstraat? ’n Doodloopstraat is natuurlik die beste straat om ’n U-draai in te maak; so ook in die lewe. Dink maar aan die verlore seun wat tussen die varke in ’n doodloopstraat beland en toe die U-draai in sy lewe gemaak het, terug na sy vaderhuis.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (11)
083 444 7672)
Unemployment, poverty, hunger, living conditions and poor service delivery come to a point where the masses cannot tolerate it anymore.
- Genl Roland de Vries
“If you are going through hell, keep going.”
- Winston S. Churchill
*
Die Kruger-miljoene of Kruger-ponde verwys na 'n skat wat na bewering teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog deur of in opdrag van pres. Paul Kruger versteek is. Besonderhede oor die grootte van die skat verskil aansienlik. Baie soektogte na die skat is onderneem maar sonder welslae. Die oorsprong van die storie is die feit dat die Boereregering goudontginning op 'n beperkte skaal voortgesit het voordat hulle die Rand verlaat het. Hierdie goudstawe is na die Pretoriase Munt geneem waarvandaan dit, sommige in halfgemunte vorm, later verwyder is. Die meeste daarvan is vir oorlogsuitgawes gebruik en sommige daarvan is moontlik in die veld begrawe. Die hoeveelheid goud betrokke is egter baie oordrewe.
Die waarde van een goue Paul Kruger pond, bekend as 'n Kruger pond is ongeveer ZAR 7 000 000.00 (sewe miljoen rand). Die waarde van die moontlike aantal Kruger ponde is ZAR 7 000 000 000.00 (sewe miljard rand).
Berekening van 7 triljoen rand se Kruger-miljoene.
Volgens Historikus Hedley Chilvers is daar benewens die 100 000 goue ponde wat saam met Paul Kruger se trein gereis het 480 769 onse goud betrokke (met 'n moderne waarde van subminimum ZAR 7 biljoene oftewel 1202 stawe goud.)
Ook van die myne is goud gekonfiskeer net voor die vertrek van Paul Kruger op 4 Junie uit Pretoria naamlik 183 138 onse goud oftewel 457 stawe goud vanaf Witwatersrandse myne insluitend Robinson (198 stawe goud), Ferreira Diep (104 stawe Goud) Ferreira (96 stawe goud) en verskeie klein goud myntjies (60 stawe goud).
Hierdie historiese berekening deur 'n historikus word bevestig onafhanklik deur Lord Alfred Milner wat bevestig dat 1 294 000 Britse pond tussen 29 Mei en 4 Junie 1900 uit die Mint en Nasionale (de facto Reserwe) Bank asook 2 500 000 Britse pond vanaf die Myne verwyder is en dat bewys kan word dat minstens 800 000 Britse pond se goudvoorraad nie bereken kan word nie en vermis word.
*
“Die probleem, Maya, is dat ons nie die geld uit Switserland kan haal voordat ons nie ‘n erkende en stabiele regering het nie en dit kan nog ‘n hele paar jaar duur voordat ons daar kom. Intussen gaan ons baie geld nodig hê om die land aan die gang te kry.”
“Skeer, ons eerste prioriteit is om orde te skep en dit gaan lank vat, met baie bakleiery.”
“Ja, ek besef dit. Ek wonder hoe lyk dit verder in die land. Is daar al soveel van ons mense dood, dat ons as blanke volk uitgewis sal word?”
“Ek weet glad nie, maar soos ek ons mense ken, gaan hulle hier en daar baklei tot die dood toe.”
Skeer kyk krities na Maya. Sy het nou meer “gewone” klere aan, dit wil sê ‘n khaki langbroek, hemp en parka – sy sien nog nie kans vir rokke of gekleurde bloese nie – en sterk stewels. Al die “black is beautiful” swart gesigroom is afgewas en so ook haar hare. Sy is inderdaad ‘n baie mooi jong vrou, ten spyte van die effens te sterk onderkaak en ken. Sy loop nêrens sonder haar handwapens nie en is nooit baie ver van haar geweer af nie.
Na die aanvanklike aanvalle op die dorp, minder as ‘n week nadat Eskom opgehou werk het, die water en kos, brandstof en riolering gegroet het, het dit bedaar. Dis asof die honger en dors mense, die wreedaards en desperates ander, meer toeganklike plekke, gaan soek het om te plunder en te brand.
Hulle groepie, bestaande uit hom, Skeermes Hugo, Luitenant Maya Pentz van die nou ontbinde Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, of te wel die recces, Arno van Deventer, wie se voet byna volledig herstel het, Rob en Bert, en natuurlik Ezra, of soos almal hom nou noem, Kleinskeer. Sy Winchester .22 Hornet staan teen die muur, langs hom.
“Waar is jou wederhelfte, Arno?”
‘n Uitdrukking, wat wissel tussen bekommernis en stres, kom oor Arno se gesig. Hy het die Mauser uit die berg herwin, die pragtige swart Turkse okkerneutkolf, wat deur ‘n AK rondte verwoes is, afgehaal en teen sy sin, maar met praktiese doelgerigtheid, vervang met ‘n Butler Creek sintetiese kolf. Na ‘n paar proefskote, het die koeëls ge”string”, dit wil sê skuins na bo geloop, as gevolg van ‘n plek waar die loop teen die kolf se voorkant druk. Arno het die plekkie gemerk en met skuurpapier verwyder. Hy sit nou die wapen en skoonmaak, na vandag se nuwe proefskote, waar hy ‘n sogenaamde “clover leaf” geskiet het – al drie skote raak aan mekaar.
“Sy is by ons seun in die Kaap. Ek kan maar net hoop hulle is veilig.”
Dis koud in Arno se groot, maar nie luukse, huis met die winter wat sy eerste koue vingers oor die land gestrek het. Hulle het nog nie nodig gehad om vuur te maak nie, en elkeen is snoesig in hulle warm klere. Twee goedgeplaasde kerse gee genoeg lig vir hulle om mekaar se gesigsuitdrukkings te lees.
“Nou goed, dit bring ons terug by Skeer se aanvanklike vraag: waar gaan ons ‘n hoop geld kry om ‘n afskop te finansier wanneer ons weer orde het in die land? Het jy enige voorstelle, Skeer?”
“Nee. Maar kom ons elkeen dink aan ten minste een moontlikheid. Al is dit vergesog en oënskynlik onhaalbaar, noem dit.”
Die eerste gedagte wat opkom is die goud in die Reserwebank.
“Ek dink nie daar is enigiets van oor nie en julle moet ook onthou dat daardie twee oumanne met die sementlorrie vol springstof die hele gebou bo-oor die kelders opgeblaas het. Indien daar enigiets oor is, is dit onder duisende tonne rommel gebêre.”
“Kan ons nie maar bloot vir Amerika of Europa gaan smeek vir ‘n lening nie, of die Internasionale Monitêre Fonds?”
“Terwyl hulle self in ‘n oorlog gewikkel is? Selfs as sou hulle wou, hulle sal nie kan nie, glo my maar.”
“Nou ja, Arno, terwyl jy aan die beurt is, het jy enige voorstelle?”
“Nie waaraan ek nou kan dink nie. Hier is werklik niks in die land oor wat ons kan verkoop of kollateraal kan gebruik nie.”
“Hoekom is dit juis òns probleem?” vra Rob. “Ons is immers nie eens deel van ‘n groter groep of van mense wat politieke ambisies het nie.”
“As almal sê dis nie hulle probleem nie, dan het ons ‘n baie groot probleem. Toe daar baie geld te skep was, het almal ingeduik die poel in. Ja, ek weet dit was nie een van ons nie, wel die vorige regering en hulle makkers en kaders, maar die feit van die saak is dat dit nou weg is. Ek kan nie dink aan een land iewers in die wêreld, waar die ANC-lede hulle miljarde gaan wegsteek het, wat dit gewillig sal terugbetaal nie. Ja, ook as ons een of ander tyd in die toekoms ‘n nuwe, erkende regering het, kan ons daarvoor aansoek doen, maar dit is nie ‘n wesenlike oplossing nie.”
“Kan ons nie – en ek moet sê ons praat so al asof ons al hierdie chaos waarin ons verkeer opgelos het – maar net werk met dit wat ons het nie?”
“Ja, ons kan en moet, Rob, maar dit gaan baie langer neem as waarvoor ons tyd gaan hê. Ek weet na die Boere-oorlog en die Groot Depressie van 1933 het ons mense inderdaad opgebou van niks af, maar wil ons werklik weer vyftig jaar in armoede leef, voordat ons weer voorspoedig kan wees? Ek besef ons sal met die basiese dinge moet begin, soos boerdery, heropbou van dorpe en stede, maar ons het geld nodig vir elektrisiteit, spoorlyne, skole, universiteite en so aan. Dis nie werklik dinge wat kan wag tot die eerste tien oeste in is nie.”
“Diamante en uraan? Ons land is immers een van die grootste verskaffers daarvan”.
“Ja, natuurlik. Maar onthou dat dit ‘n langtermynstorie is, wat eers werklik kan begin om te werk, soos ons soos reeds gesê het, as ons weer wet en orde het.”
Daar is ‘n hele ruk stilte. Maya het opgestaan, die gasstofie aan die brand gesit en koffie gemaak. Kleinskeer kry ook syne, want hy is al ‘n gesoute man. Hy vat ‘n versigtige slurpie aan sy beker, blaas om dit ‘n bietjie te laat afkoel, en praat dan in die stilte in.
“Wat van die Kruger-miljoene, Oom?”
“Ai, ou seun, dit sou werklik goed gewerk het, maar mense het al letterlik vir een en ‘n kwart eeu daarna gesoek. Baie slim mense sê dit bestaan nie eens nie, ander sê dit het saam met oom Paul Kruger op die Gelderland Holland toe gegaan. Maar sê eers vir my – hoe weet jy daarvan? Jy was nog nie eens skool toe nie?”
“My ma het daarvan gepraat. Sy het gesê dat my oupa se oupa daarna gesoek het en hulle een tyd baie ryk was. Hulle het selfs skoene en klere gekry.”
“Jou ma-hulle?”
“Nee, Oom. My oupa se oupa se kinders.”
“Het sy iets meer as dit gesê?”
Kleinskeer is ‘n hele ruk stil voordat hy antwoord.
“Nee, Oom, behalwe dat sy naam ook soos myne was. Ezra.”
“En sy van?”
“Ek dink ook soos my ma sinne voorlat sy getroud is met my pa.”
“En dit is?”
“Retief, Oom.”
“Ons kan miskien daaraan dink, Ouboet. Dis dalk nie ‘n slegte idee nie.”
“Ja, Skeer,” sê Bert. “En ander sê dis reeds gevind, sommige vertel in ‘n kluis in Switserland en nog ander by Emmarentiadam of in die ou Oos-Transvaal. Maar daar is geen bewyse of getuienis nie.”
“Nee, mense. Julle kan nie ernstig wees nie.”
Arno sit ‘n ruk lank half besluiteloos. Uiteindelik praat hy:
“Ek het ‘n kaart hier, wat uit my oupa-grootjie se goed kom. Kom ek wys julle.”
Hy haal ‘n opgerolde kaart uit ‘n houer, van die soort wat argitekte gebruik vir planne. Hy is baie versigtig, asof die ding gaan verkrummel. Hy lê dit versigtig op die lessenaar, rol dit oop en laat die ander naderkom.
“Ek het al lankal gedreig om op hierdie roete te ry en loop as dit nodig is. Het julle al gehoor van Krugerspos?”