NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gelowige mense kyk na die dood soos Columbus sy eerste ontdekkingsreis na die kus van Spanje beskou het – hy kon nie sê presies wat aan die oorkant lê nie maar was oortuig dat in God se volmaakte skepping, die see ook 'n oorkant sou hê.

BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (35)

Geskryf deur Philip Venter  (u kan die boek bekom deur hom te skakel by  083 444 7672)

Die hele geveg is byna ‘n anti-klimaks. Die oorblywende soldate van Heinz von Kleibel het min dekking, maar veg verbete terug teen ‘n vyand wat hulle nie werklik kan sien nie. Steeds skiet hulle magasyn na magasyn die heuwels in, met geen plan om oor te gee nie. Immers is hulle op geen genade geregtig nie, net so min as wat hulle in die verlede gegee het.

Die een na die ander val gewond neer, met pynkrete hier en daar. Op ander plekke sal een bloot omdop as hy ‘n dodelike skoot weg het.

“Gaan hulle nie ooit oorgee nie?”

“Nee. Dis nie in hulle aard om genade te gee nie en daarom verwag hulle niks.”

“So, ons gaan maar net aan om hulle so af te maai?”

“Ek dink nie ons kan anders nie.”

“En as hulle weghardloop?”

“Dan sal hulle bloot hergroepeer en ‘n ander hulpelose klompie mense aanval.”

Janah en Lucille, Cor en van die ander wat gedryf word deur haat en vergelding het geen plan om enigeen van die aanvallers te laat wegkom nie. Hulle skiet skoot vir skoot die doodsakker in en soms selfs in gewonde of dooie manne se liggame in. Van die manne en vroue wat voorheen aan gevegte deelgeneem het, staak vuur, maar los die ander dat hulle voortgaan. Die enigste tyd wanneer diegene wat kwaad is, of wat wraak wil neem ophou, is wanneer hulle ammunisie klaar is.

*

Heinz hardloop na die plek waar die voertuie gelaat is. Sy eie voertuig, ‘n Land Cruiser VX 200 V8 is duidelik ondiensbaar, met twee wiele wat voosgeskiet is en ‘n rits gate deur die enjinruimte. Die een na die ander deursoek hy en uiteindelik kry hy die sleutel van ‘n Hi-Lux vierwieldryf onder die voetmatjie. Die dieselenjn vat dadelik en hy, saam met drie van sy offsiere, jaag in die rigting van die Noordelike heuwel.

Dis egter duidelik aan die opslag van die koeëls en selfs een of twee wat kermend vanaf die bakwerk wegskram, dat hy nie daarheen kan ry nie. Die enigste oop pad is om die dorp en aan die verkant van die vlei verby. Hy misgis hom egter met die natheid van die antieke modder en die voertuig sak stadig maar seker weg, totdat dit op beide ewenaars gaan lê, met hoë suile modderwater wat langs die wiele opskiet.

Maya sien die voertuig wegjaag en kyk rond na waar hulle eie karre staan.

“Wie se Isuzu is dit daardie?” sy wys na ‘n stokou Frontier V6, waarvan die eienaar die dak afgesny het net by die bokant van die deure en die deure self, verwyder is.

“Ek dink dis Nobbie s’n!”

“Nobbie?”

Skeer wys na ‘n jongman met ‘n lang, maar ylerige baard en ‘n rooi gelaatskleur. Maya hardloop gebukkend na hom toe.

“Kan ek jou kar vir ‘n oomblik gebruik?”

“My Isuzu?”

“Het jy ‘n ander een?”

“Nee, Tannie, net daardie groen een. Moet hom asseblief nie stamp nie!”

Hy oorhandig die sleutel aan haar en Maya hardloop nou regop en sonder huiwering na waar die kar sowat drie honderd meter van haar af is. Adrenalien bruis deur haar, soos elke keer wanneer sy iets onbesonne en lewensgevaarlik aanvang.

Die Isuzu vat met die eerste draai en sy swaai honderd en tagtig grade om, met oorgroot bande wat die stof agteruit skiet. Sy jaag om die dorp, in die rigting waarheen die Hi-Lux verdwyn het. Sodra sy verby die suidekant is, merk sy die stilstaande bakkie voor haar op. Die enjin skreeu nog soos Heinz die bande smeek om vas te trap, maar dis ‘n futiele poging.

“Uit, uit, Stoot!” beveel hy die drie offisiere by hom. Hy sien die Isuzu aankom, maar kan nie agterkom hoeveel insittendes daar is nie. Na ‘n paar sekondes waarin hulle freneties stoot aan die bakkie, is daar ‘n bietjie vastigheid onder die voorwiele en hulle pluk die voertuig so vinnig vorentoe, dat twee van die drie wat stoot, hulle balans verloor en in die modder val. Angstig – vrees is uiters aansteeklik – kom hulle regop, hardloop nader aan die agterkant van die bakkie en spring op.

Die derde een val en bly lê, maar na ‘n minuut staan hy versigtig op en hardloop dan angstig agter sy drie makkers aan. Hy besef dat hulle geen lojaliteit teenoor hom het nie en hy verwissel van koers, weg van die koppie voor hom, na sy linkerkant, waar hy sy wapens neergooi en die vlakktes inloop.

Arno sien wat gebeur en daar is geen keer aan hom nie. Sy eie Land Cruiser staan ‘n hele paar honderd meter van die koppie af en al beskikbare een is ‘n vreemde ding wat hy nog nie vantevore gesien het nie, maar waarmee een van die ander groep se manne en een passasier mee opgedaag het.

“Wie se ding is dit daardie,” vra hy vinnig en skerp. Die “ding” waarna hy verwys is ‘n Japanese Hajadu FK 800 – ‘n soort ding wat as ‘n “pypkar” kan deurgaan. Dit het ‘n 800cc Kawasaki enjin in en is 4X4, met kleinerige, maar knobbelrige bande.

“Dis myne Oom. As jy agter die tannie wil aangaan, gaan ek saam!” Die spreker is ‘n kort, frisgeboude man met ‘n Bosveld-tipe khaki kortbroek en hemp en ‘n gekamoefleerde bosbaadjie. Hy hardloop die koppie af, kry die kar aan die gang en jaag na waar Arno nog afstrompel van die koppie af. Daar is geen manier waarop hulle kan kommunikeer nie, daarvoor sorg die wind, die gehuil van die bande en die enjin kort agter hulle.

In plaas daarvan om om die dorp te jaag soos Heinz en Maya, ry die jongman deur die doodsakker, versigtig om niemand, lewend, dood of gewond, raak te ry nie. In sy poging om die manne te vermy, tref hy ‘n groot klip skrams en die linker voorwiel vou onder die voertuigie in.

Arno is onmiddellik by die kar uit – daar is nie deure aan nie – en hardloop so vinnig as wat hy kan na die bokant van die vlei, waar hy glo Heinz, sy manne en Maya sal verby moet kom. Hy kom agter dat, ten spyte van die opwinding, sy asem na ‘n paar honderd meter so jaag, hy moet gaan staan om asem te skep.

Die man by hom sak op sy linkerknie en skiet na die voortjagende Toyota Hi-Lux. Die vyfde en laaste rondte uit die CZ .308 se magasyn moes iets belangrik raakskiet, want die bakkie gaan staan na ‘n dertig of veertig meter, waarin dit baie spoed verloor, voordat dit viervoet vasskop.

Heinz von Kleibel en sy twee offisiere vlug uit die bakkie uit, teen die lae heuwel aan hulle linkerkant, wetende dat die Isuzu, met wie-ookal aan die binnekant, nie daar sal kan oor nie, daarvoor is die grond heeltemal te gebroke.

Een van die offisiere, ‘n voormalige spesmagtelid, wat deur die meule is bo in die berg na die Noorde, waar hy vantevore met Maya se dodelike optrede skrams gewond is. Hy kan sy oë nie glo as hy sien die mens wat hulle agternajaag is ‘n vrou nie.

Sy is nog te ver weg om ‘n sekerskoot te vuur, maar as hy na sy regterkant kyk, sien hy vir Arno en die jongman by hom. Hulle is skaars drie honderd meter van hom af. Met die voorkant van die geweer se kolf op ‘n rots gerus, skiet hy ‘n vinnige skoot na die twee manne.

Dit is dodelik en die jongman val sonder ‘n woord of hyg. Arno val plat en soek na ‘n teiken, maar hy kan niks sien nie. Hy rol om totdat hy agter die dooie jongman kan skuil, nie dat die liggaam die hoësnelheid rondte kan keer nie, maar om bloot minder sigbaar te wees. Uiteindelik, met ‘n groot mate van afkeer, laat rus hy die voorgreep van die geweer op die man se bors en soek na ‘n teiken. Steeds nog niks.

Maya is aan die onderkant van die koppie en besef dat die lang Steyr-SIG nie doelteffend gaan wees vir vinnige korrelvat binne wat breukdele van sekondes kan wees, gooi die draband skuins oor haar skouers en haal die .45 kaliber Glock uit sy skede.

Sy loop nou versigtig, met asem wat sy vinnig onder beheer kry, van rots na bos en een skuiling na die ander. Sy is daarvan bewus dat die drie makkers enige plek kan skuilhou en haar in ‘n hinderlaag kan inlok. Na elke rots of bos waar sy om haas, met die wapen gereed, verwag sy ‘n skoot teen haar lyf.

Een van die offisiere waag dit om op te staan en draai stadig na sy regterkant toe, wapen gereed. Vir ‘n paar sekondes is hy binne Arno se sig en direk daarna in die middel van die teleskoop se kruishare. Die 172 grein Barnes-X koeël vang hom direk op die ruggraat en spat uitmekaar, ten spyte van die monilitiese aard, teen die sandsteenrots. Rondom die effense koeëlgat wat dit laat, is dit bloedrooi.

“Two down, two to go.” Of tel die ou wat weggehardloop het as een wat plat is?

Maya hurk agter ‘n lae rots en as sy laag genoeg is, sien sy ‘n bruin weermagstewel skuins onder ‘n rots uitsteek. Sodra die Glock se voor en agter visier daarmee opgelyn is, trek sy die sneller. ‘n Uitroep van pyn word gevolg deur ‘n kop en bolyf, as die man onwillekeurig afbuk. Twee 180 grein Winchester Silvertip koeëls klap eers teen die skouer en daarna die kop van die man.

“Nog een plat... een om te gaan.”

Heinz weet nou waar Maya is, beweeg vinnig na sy linkerkant toe en as hy agter die rots waar hy skuil uitbeweeg, het hy die R5, op vol-outomaties gestel, vol op Maya gerig. Daar is geen manier waarop hy kan mis, of dat sy na haar regterkant, wat vir ‘n regshandige skut langer vat, kan draai en haar wapen betyds op hom kan rig nie. Dis ook buite Arno, wat wag op ‘n nuwe teiken, se sig.

‘n Gevoel van magtelose gelatenheid kom oor Maya as sy in die tromp van die wapen se blitsbreker kyk.

Heinz grinnik as hy sy vinger om die sneller krul. Hy is magtig en onoorwinlik. Hierna sal hy vir ‘n paar maande verdwyn, net om sterker anderkant uit te k

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1842 gaste aanlyn