Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die graf is 'n deurgang; dit gaan toe op die skemer en maak oop op die dagbreek. Jy gaan nie na die donkerte toe nie want God is lig. Jy sal nie alleen wees nie want God is by jou. Dit is nie 'n onbekende land nie want Jesus is daar.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Minder as twee honderd meter weg van die koppie se kant, is daar ‘n plek wat minder steil is en met ‘n paar grawe grond en ‘n paar skoppe na groterige klippe wat uitsteek, nog groteres wat met ‘n grouyster of koevoet, uitgelig en afgerol word, kan hulle afry.
Met die Toyota bakkie agter die Land Cruiser gehaak, ry hulle tot in die bodem van die spruit. Jasper rem net betyds, sodat hy nie in die spaarwiel agter-aan die Land Cruiser vasry nie. Die riverbedding is ongelyk, met net sandkolle hier en daar. Boomwortels, stompe, groot klippe, jong rotse en vernouings maak die gang stadig. Die walle is gelukkig hoog genoeg dat hulle nie bang is hulle word gesien nie, selfs nie die hoë Volkswagen Syncro nie. Nadat hulle net meer as veertig minute lank gery het, wys Hannie vir Paul om stil te hou.
“Wat gaan aan?”
“Niks. Ek wil net seker maak ons ry nie te na aan die geboue en tussen die mense in nie.”
Paul hou stil, wys vir die ander om ook so te maak en skakel die enjin af. Hannie loop ‘n paar treë vorentoe en waar die wal minder steil is, klim sy uit. Sodra sy bo kom, versigtig om nie gesien te word nie, gly sy dadelik met haar boude teen die wal af.
“Paul! Hulle het ons gesien, hulle is by ons!”
Sy draai om, sodat sy kan kyk na waar sy vandaan kom, pluk haar geweer tot teen haar skouer en, nog voordat Paul tot verhaal kan kom, klap haar eerste skoot. Asof dit skielik begin lewe, verskyn mense op die wal, nie een of twee op ‘n slag nie, maar baie; tagtig, miskien ‘n honderd of meer tegelyk.
Hulle spring en seil teen die rivierwal af, gewapen met skerp goed en slaandinge. Hulle het stil gebly terwyl hulle nader gesluip het, maar nou skreeu hulle, gil, jil, fluit, stamp voete, dreun asof hulle baie meer is, van plesier en woede. Hulle is geklee in ‘n uitgewaste reënboog van baadjies, jasse, hemde, broeke en kopdoeke. Dis soos ‘n brander lywe wat die voertuie verswelg in geweld.
Hannie het met haar rug teen die voorkant van die kar die vyf skote uit die Ruger geskiet, op hierdie kort afstand natuurlik alles treffers, en met die geweer in haar linkerhand, trek sy nou los met die rewolwer. Dis asof dit geen uitwerking het nie – die menige lywe kom net aan.
Paul het die Poena gegryp, op die Land Cruiser se enjinkap gespring en hy begin wild en wakker in die skare inskiet. Na tien skote ruil hy vinnig magasyne, terwyl hy met sy regtervoet een van die vroue wat aan sy been gryp en hom probeer afruk, wegskop. Dit gee aan Hannie die geleentheid om eers op die buffer te trap, en dan langs Paul op die enjinkap te kom staan. Sy slaan met die leë rewolwer na ‘n kroeskop wat te naby kom en die man val neer asof hy geskiet is. Behendig druk sy ses vars rondtes in die rol-magasyn en sodra Paul weer begin skiet, knal die Ruger ook.
Agter hulle is ‘n gil, maar nie Paul of Hannie kry kans om om te kyk nie. Paul se Poena is weer leeg en hy swaai die geweer om, slaan met die brons kolfplaat teen ‘n wang, skop nog een op die neus en dan word sy voet onder hom uitgepluk. Hy val op die enjinkap van die Cruiser.
Hannie skiet die geweer leeg, druk die rewolwer in sy skede, hou die geweer in haar linkerhand en pluk ‘n gevaarlike, tienduim-lem Bowie uit sy skede aan haar linkersy en begin sny, steek en skop.
‘n Lang, skraal man beur deur die skare. Hy het ‘n stokou, maar blinkgeslypte byl in albei hande, wat hy hoog bokant sy kop hou. Sy oë is verstar en wild, met die pienk van die sklera so groot, dat die pikswart van sy pupil en iris klein lyk. Stukkies skuim fladder om sy mondhoeke. As hy ‘n hond was, sou ‘n mens kon dink hy het hidrofobie. Hannie gee verskrik ‘n halwe treë kant toe, die byl tref haar stewel skrams en kap vas in die enjinkap. Sy skop hom onder sy ken, maar dit lyk nie asof dit enige uitwerking het nie. Paul gebruik die oomblik om op te staan.
Skote vanaf die voertuie agter hulle klap aanmekaar, maar steeds is dit amper asof Paul en Hannie die hele aanvalsmag teen hulle het.
Daar is ‘n sekonde of twee pouse, waar die gepeupel kyk wat met die wilde man gebeur en Paul kry kans om die magasyn uit te pluk, die laaste vol een in te stamp, die slot te werk en, met die tromp van die loop amper teen die man se kop, trek hy die sneller. ‘n Pienk-rooi wasigheid spat soos die kop uitmekaar bars. Die swaarkaliber projektiel het nie enige momentum of energie verloor nie en trek ook die vrou agter hom plat. Hannie kap en steek nou wild met die mes, maar dis duidelik dat hulle die geveg nie kan wen nie – daar is eenvoudig te veel, wat te vinnig en op mekaar aankom.
*
PW Botha het eenmaal gesê: “White man, adapt or die!”
Dis natuurlik een van die mens se grootste kenmerke, om te kan aanpas by omstandighede. Daarom kom mense voor letterlik vanaf die Suidpool, tot die Noordpool en alles tussen-in. Die menslike spesie het vanaf sy natuurlike habitat, of dit nou Afrika of Europa is, uitgekring, nuwe weivelde in hulle nomandiese bestaan gaan soek, velle van diere begin dra om die ongure weersomstandighede te trotseer en selfs binne die spesie begin om te evoleer namate hulle die swakkes in die omgewing begin uitwan en later uitteel.
‘n Eskimo sal anders lyk as ‘n mens wat, sê maar in die middel van Afrika woon. Mettertyd het selfs gelaatstrekke begin verander, waar mense se ore kleiner of groter geword het, hulle neusvorme aangepas het by die vereistes van die omgewing, en selfs vel en haarkleur het aangepas. Iemand wat in die Noorde van Europa woon, sal nie soveel melanien in hulle velle nodig hê as iemand wat gedurig aan onsimpatieke sonstoestande blootgestel is nie.
Soos grondgebied kleiner word en gemeenskappe groter, verander die mens ook om daarby aan te pas. Hulle is steeds afhanklik van die boerderye, maar skep mettertyd ‘n ekonomie waarin die plaasboere vergoed word vir hulle produkte.
Intellektuele vermoë word belangrik. Dis van kardinale belang dat diegene wat in digterbevolkte gemeenskappe woon, nie die balans van aanbod en aanvraag oorskry nie, en ‘n boerdery kan net aan sòveel monde kos gee. Wanneer hierdie balans versteur word, is die hoofsaaklike gevolg amoede en ondervoeding. Alhoewel regerings bontstaan om dit te voorkom, is dit wêreldwyd ‘n probleem, veral in Afrika, waar bestaansboerdery die algemene norm is. Dis nie moontlik om ‘n stad met miljoene inwoners van kos te voorsien as die boerderye dit nie kan produseer nie.
Afrika het ook geleer dat twee ander faktore van uiterse belang is. Die eerste is dat die mens deur eeue se saamwoon geëvoleer het, vanaf ‘n plek waar sterk liggaamsbou belangrik was vir oorlewing, na waar intellektuele vermoëns belangriker geword het. In ‘n land waar mense nomade en jagters is, word die fisiese swakkeres mettertyd uitgewan en diegene met fris liggaamsbou word die norm. ‘n Man wat vaardig is met ‘n spies, ‘n knuppel of ‘n pyl-en-boog, kan nie net goed jag nie, maar het ook die vermoë om sy gesin teen vyandelike buitestaanders te verdedig. Die tweede is dat ‘n man in sy wese ‘n jagter is en ‘n vrou word gedryf uit inherente vrees. Daarom sal ‘n man hoog geag word as hy goed vir sy vrou en kinders kan sorg, hulle kan oppas en beskerm. Die voorwaardes hiervoor is anders in ‘n Eerste Wêreld as in ‘n Tweede of Derde.
‘n Man in Londen, Parys, New York, Berlyn en Johannesburg moet staat maak op intellek en opleiding om vir sy gesin te sorg. ‘n Man in Midde-Afrika sal meer waarde uit ‘n gespierde regterarm put.
Wanneer hierdie kulture stelselmatig met mekaar te doen kry, moet dit ‘n simbiotiese invloeiïng wees om te slaag. Waar die een die ander onderdruk, as gevolg van getalle, is dit nie ‘n sukses nie. Waar ‘n intellek-gebrekkige getalle-oorname die kundigheid en vaardigheid begin onderdruk, word hierdie verhouding nie simbioties nie, maar parasities. Dan is daar geen samevloeiïng nie, maar ‘n botsing. Indien die parasiet te groot word, maak dit die gasheer mettertyd dood, en die hartseer is dat die parasiet saam met die gasheer sterf.
Suid-Afrika, aan die begin van die een en twintigste eeu, is in sy wese parasities. Die gasheer sal homself uit die greep moet losmaak om te oorleef, of die parasiet vernietig.
Dries en Rika, Jan en Martie, Petie en Annette, moet aanpas of sterf. Dis hoe eenvoudig dit is.