GENOEG IS GENOEG!

Te midde van klagtes oor die brutaliteit van sommige van die 2,820 reeds ontplooide SA Weermaglede teenoor lede van die publiek, het Cyril Ramaphosa nou opdrag gegee dat daar ‘n bykomende 73,180 Weermaglede ontplooi moet word. Dit sluit in die Staande mag, Bystandsmag en die Reserwe mag. ‘n Reserwe mag bestaan uit gewone burgers wat hulself in tyd van oorlog beskikbaar stel om saam met die Weermaglede te veg en word in Wikipedia soos volg beskryf:

A military reserve force is a military organization composed of citizen-soldiers of a country who combine a military role or career with a civilian career. ... The existence of reserve forces allows a nation to reduce its peacetime military expenditures while maintaining a force prepared for war.

Die Weermag is reeds besig om veldhospitale en mobiele lykshuise gereed te maak onder die skyn van bystandhulp met Covid-19 se gevolge. Die werklike rede kan egter niks anders wees as dat daar ‘n groot vrees by die regering bestaan dat mense in massas teen die geforseerde grendelregulasies in opstand gaan kom nie. Dat hierdie magte gereed maak om tot minstens 26 Junie ontplooi te bly spreek boekdele van die regering se planne. Indien daar nog beskikbare Weermaglede sou wees, wat daar nie is nie, sou Ramaphosa hulle sekerlik ook laat ontplooi het.

Ook die Lugmag, Vloot en Militêre Gesondheidsdienste is aangesê om op gereedheidsgrondslag te bly.

Vrywilligers soos dokters en ingenieurs is ook gevra om gereed te maak vir ontplooiing.

Die hoof van die saamgestelde mag, Rudzani Maphwanya, sê hulle sal reageer volgens die verloop van die “situasie”. Van dié “mag’ sê hy: “It is a bunch of organised, disciplined people with a command and control structure and communications.” Dit te midde van reeds talle bestaande klagtes (wat nooit ondersoek sal word nie “agv van tekort aan getuienis”) teen lede wat reeds ‘n paar mense in nood opsoek na iets te ete, (waaronder die eerste Collins Khosa) doodgeslaan het toe daar minder as 3,000 militantes op die publiek losgelaat was. Kan ‘n mens jou voorstel wat nou gaan gebeur met amper 80 000 van hulle, losgelaat en oorgelaat aan vrye optrede?

Dr Jakkie Cilliers, hoof van African Futures and Innovation by die Instituut vir Sekerheidstudies, waarsku dat daar ‘n groot eskalering van aanrandingklagtes gaan plaasvind. Hy meen onopgeleide troepe soos hierdie wat gestuur word om veral in lokasies “diens” te gaan doen is ‘n teken van desperaatheid van die regering. Komende uit die mond van ‘n kenner en betrokkene kan ons maar glo dat Ramaphosa in groot vrees verkeer dat die massas en massas swartes wat sy regering vanaf 1996 oor ons buurgrense laat instroom het, nou hande gaan uitruk in opstand oor hul hongersnood en inperking.

Nou word die regering met sy eie lat geslaan oor sy leuen dat Suid-Afrika 58 miljoen inwoners het. Mike Schusler, vooraanstaande Suid-Afrikaanse ekonoom, het ‘n paar jaar ná 1996 beraam dat Suid-Afrika reeds oor die 100,000,000 inwoners het waarvan deesdae net minder as 2 miljoen blankes is. Maar kom ons wees baie konserwatief en sê daar is net 80,000,000. Dit beteken 1,000 opstandiges wat deur elke weermag/polisielid intoom gehou moet word – geen wonder die ANC sit in vrees en bewing oor wat met hulle kan gebeur nie!

En nog gaan Ramaphosa voort met sy radikale revolusies. Sy woorde die afgelope dae: “Ons is nou klaar met ‘n suksesvolle Nasionale Demokratiese Revolusie. Nou begin ons die Radikale Ekonomiese Transformasie”.

Maar hy besef laasgenoemde gaan nie sonder skoot plaasvind soos die eerste toe De Klerk en sy gespuis die volk gesus en belieg het nie. Hierdie keer gaan dinge egter anders wees en nie van die regering afhang of dit vreedsaam gaan verloop nie; die massas daarbuite gaan besluit wanneer genoeg, genoeg is!