SÊ NEE VIR 5G!

Is jy steeds onder die wanindruk dat blootstelling aan elektromagnetiese velde (EMV) en bestraling deur radiofrekwensie (RF) nie juis saakmaak nie? Dan moet jy asb die dokumentêre video, “5G Apocalypse — The Extinction Event” deur Sacha Stone by die skakel https://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2019/05/11/5g-apocalypse.aspx gaan kyk. Dit is goeddeurgewerkte feite op die tafel sonder samesweringsteorie, aangebied deur wetenskaplikes, dokters en spesialiste op dié gebied. Dan sal jy verstaan waar die hoofpyne, borspyne, depressie, angs, onvrugbaarheid, outisme, parkinson’s, altzheimers en ander neurologiese versteurings waaraan al meer mense ly, vandaan kom.

Ons is deurlopend blootgestel aan toestelle soos selfone, seltorings, Wi-Fi-modems, babamonitors en “smart” toerusting wat deur mikrogolfbestraling ons siek maak. Prof Martin Pall, Ph.D., professor emeritus in biowetenskap en basiese mediese wetenskap by die Washington Staatsuniversiteit, het in sy navorsing bevind dat die lae-frekwensie mikrogolfstrale van hierdie toestelle die kalsiumkanale in die buite-membraan van ons selle aktiveer. Volgens prof Pall is daardie kanale 7.2 miljoen keer meer gevoelig vir mikrogolfbestraling as ander dele van liggaamselle. Lae-frekwensie mikrogolfstrale open die kalsiumkanale waarna ‘n ongesonde hoeveelheid kalsium-ione in die selle opgeneem word. Dit aktiveer die stikstofoksiede en superoksiede wat onmiddellik peroksienitriet vorm. Lg veroorsaak ‘n groot hoeveelheid oksiedatiewe stress deur vrye radikale te vorm wat sistemiese inflammasie en mitochondriale (klein buisies in die sel wat selenergie en selmetabolisme reguleer)disfunksie veroorsaak – die oorsaak van verskeie siektes in die liggaam.

Nog ‘n ernstige gevolg wat deur peroksienitriet veroorsaak word is DNS-beskadiging. Die Europese REFLEX navorsing gepubliseer in 2004, het bevind dat die gevolge van 2G en 3G bestraling ooreenkom met dié van X-strale met betrekking tot genetiese skade. Jou liggaam beskik oor die vermoë om die skade te herstel tot op ‘n punt waar dit nie meer kan nie en selle dan voortydig afsterf. Navorsers stem saam dat daar ‘n latente tyd van sowat 10 jaar is voordat die skade sigbaar word. Dink aan die ongebore babas wat reeds deur ma se selfoon blootgestel word en visualiseer die kindjie wanneer hy tien jaar oud is, om nie te praat van die talle jong kinders wat heeldag met ‘n selfoon in die hand gesien word!

En nou gaan ons aan 5G blootgestel word. Daar is reeds vasgestel dat die bandwydte van die millimetergolwe (MMG) wat gewoonlik tussen 30 en 300 gigahertz (GH) is, tot 2 millimeter van die menslike vel binnedring. Die pynlike brandsensasie van die MMG op die vel is presies waarom dit deur die VSA se Departement van Verdediging gekies is om groot groepe mense in bedwang te hou. Die sweetkanale van die menslike vel werk soos antennas wanneer dit met MMG in aanraking kom.

MMG word ook verbind met:

  • Oogprobleme soos katarakte en permanente skade
  • Hartklopritme
  • Verskeie soorte pyn
  • Onderdrukte immuunstelsel
  • Onderdrukte groei
  • Stygende antibiotiese weerstand

In 2015 het 230 wetenskaplikes met navorsing mbt biologiese en gesondheidsfaktore van bestraling deur elektromagnetiese velde begin. Twee jaar later het 180 dokters en wetenskaplikes ‘n petisie begin om wetgewing ingestel te kry vir die verbod op installering van 5G weens die gevare wat dit vir mens en dier inhou waaronder:

  • Kanker
  • Selstress met verhoogde vrystelling van vrye radikale
  • Genetiese skade – DNS-veranderinge
  • Onvrugbaarheid
  • Neurologiese disfunksie

Die liggaam produseer ‘n sekere vlak van bio-elektrisiteit wat ‘n belangrike rol in ons gesondheid- en siektetoestande speel. Dit laat die selle kommunikeer en beheer basiese biologiese funksies. Maar die liggaam is gemaak om binne spesifieke vlakke en frekwensies te funksioneer en nie aan mensgemaakte elektromagnetiese velde (EMV) wat miljoene keer hoër is blootgestel te word nie. In die aanbevole video hierbo word juis gewys hoe die mens se DNS-vermoë om biologiese seine te ontvang en uit te stuur, daardeur belemmer word. In die video word ook in dr Dietrich Klinghardt se navorsing daarop gewys dat vroue wat aan outistiese kinders geboorte gee se EMV 8.4 keer hoër is as dié van vroue wat aan neurologies-gesonde kinders geboorte gee. Ook die radiofrekwensiebestraling (RF) van die slaapvertrekke van vroue wat outistiese kinders het, is gemeet en was deurlopend 20.7 keer hoër as dié van vroue wat gesonde kinders het.

Die lewe van die mens ten midde van al die bestraling wys ook die agteruitgang van hulle intelligensievlakke en 5G sal verseker in uitermate daartoe bydra. Neurologiese tekens soos die onvermoë om te dink, te leer en te redeneer sal volop en ‘n alledaagse gesig word. In sommige oorsese stede is die bestraling reeds so intens en wyd verspreid dat daar van versadiging gepraat word. Daar is nou selfs sprake van vergoeding vir mense met sulke verwante toestande.

Dit is waar die Wêreldgeldmag die mens wil bring: siek, dom, en nie in staat om weerstand te bied teen die oorname van die Een Wêreldregering waar Satan sal regeer en die mensdom slawe sal wees nie. Die koms van 5G is maar net een van die Geldmag se metodes daartoe en het nie toevallig saam met Covid-19 gearriveer nie. Die seekatarms van die Illuminatie werk wyd en deeglik.