EEN GROOT VERNEUKSPUL

Die verneukery hou net aan en aan. En die verneukers leer nie hulle les nie. Seker oor daar nie ‘n straf vir hul verneukery is nie. Mens sou dink dat hulle skaam moet wees wanneer hul uitgevang word en dat dit dan sal maak dat hulle daarmee ophou. Maar nee...

Hier word die Britse regering weer eens uitgevang dat hulle elke persoon wat ‘n Covid-19-toets ondergaan, as 2 toetsings aanteken. Die een toets met die speeksel tel as een, en die toets met die neusstokkie tel as nog een. Sover is 350,000 te veel toetse aangeteken maar wie sal weet hoeveel nog nie ontdek is nie? En hulle is so op heterdaad betrap dat niemand dit kan betwis nie.

Nou sê Jon Ashworth, Parlementslid vir “Labours’s Shadow Health Secretary”, die Ministers is net verlede maand kwaai aangespreek oor hulle verneukery maar hulle wil nie hulle les leer nie, sê hy. Want toe hulle verlede maand hulle aantal toetsings van 100,000 na 200,000 wou vermeerder, het hulle duisende huistoetsstelle uitgestuur. Die Minister van Gesondheid het toe gesê dis ‘n “incredible achievement” want ‘n ekstra 122,347 toetse is gedoen – terwyl hulle nog nie die antwoorde teruggekry het nie. Van die 200,000 per maand het niks gekom nie.

En hier verneuk hulle sowaar al weer. As al die verneukte toetse dan afgetrek moet word is ook die 100,000 per maand by die deur uit. Seker dié wat Nicola Stonehouse, professor in Molekulêre Virologie vir die regering gesê het dit help niks dat hulle net op die aantal toetse fokus nie; sy sê hulle moet probeer konsentreer om intelligent te wees as hulle wil toets. Ja, dit kan baie help om te probeer slim wees maar daar is ‘n ander rede vir die verneukery. Ons het mos nou die dag uit die perd se bek gehoor dat hospitale groot bedrae ontvang vir elke pasiënt wat positief toets, ‘n sogenaamde “subsidie”. Dit is waarom dokters so verneuk met die syfers.

Nou waarom sal regerings dan almal so verneuk met die aantal positiewe toetssyfers? Want glo dit maar, ALMAL doen dit, elke land!

Wel, daar moet sekerlik iemand daar heel bo staan wat die dollars rondgooi en regerings staan êrens ondertoe...   Seker nog ‘n “subsidie” vir die harde werk wat hulle doen!