COVID-19:DIE WAARHEID ONTVOU...

...Stukkie vir stukkie

Gedurende hierdie klug van Covid-19 is ons mense se vryheid van spraak, hul godsdiensbeoefening, hul privaatheid en hulle reg om te werk, alles deel van hulle konstitusionele regte, net so opgeskort, sonder om die groter rampspoedige prentjie in ag te neem.

Waarom het amper elke land se owerheid feitlik onmiddellik ‘n grendelstaat en tuiskwarantyn vir die hele bevolking ingestel in plaas daarvan om die tradisionele ding te doen deur die siek mense te identifiseer, hulle te kwarantyn en te behandel?

Daar is een antwoord: hulle wou vrees by die publiek wek want dan het hulle die hef in die hand. Bang mense is gehoorsaam aan dié wat hulle ‘n oplossing belowe – ‘n wonderkuur-inenting.

Tans leef mense regdeur die wêreld in vrees om deur die virus besmet te word of om ander weerloses te besmet. Saam met die onsekerheid en voortdurende vrees is die meeste mense in ‘n getraumatiseerde toestand. Moet ook nie dink die owerhede hou nou op om vrees by die publiek in te boesem nie – bo en behalwe die media wat aangesê word om ons dag na dag in vrees te hou met syfers en nogmaals syfers, kry ons ook elke dag kortboodskappe op ons selfone wat sê “The virus is real!”. Dit opsigself is só deursigtig dat dit sleg ruik!

Ook die storie oor die “nuwe normaal” verwar mense. Sommiges word selfs kwaad: Tim du Plessis, ewige liberalis en oud-redakteur van Rapport, het onlangs tydens ‘n onderhoud gesê hy kan dit nie meer hanteer as hy die woorde “nuwe normaal” hoor nie.

Vrees is primêr ‘n biologiese reaksie op ‘n bedreiging tot oorlewing. Vrees ontketen eers ‘n tydelike verlamming en dan skop die veg-of-vlug-reaksie in nog vóór die brein gereed is om enige rasionele ontleding van die toestand te maak.

Maar dit lyk of mense stadigaan besig is om uit die skok te kom. Veral in Amerika is publieke gesprekke oor die virus volop ten spyte van Big Pharma en Big Tech wat saam met die regering en hoofstroommedia probeer om dit te sensor. Amerikaners roem normaalweg op hulle vryheid en individualiteit, en bevraagteken nou baie aspekte van die virus-sage. Daarom begin realiteite nou duideliker word. Mense besef dat die geskatte sterftesyfers by verre oordryf is. Elke land kan daarvan getuig. Hier by ons is die geskatte sterftesyfers afgebring vanaf 80,000 tot 11,000 terwyl die sterftesyfer nog maar op 1,700 staan (waarvan minstens 50% NIE deur die virus nie maar deur ander oorsake gesterf het en moedswillig bygetel word om vrees by mense lewendig te hou).

In die Kongo het dr Denis Mukwege, Nobelpryswenner in 2018 en ginokoloog by die Panzi Hospitaal, pas sy werksaamhede as president van die Gesondheidskommissie bedank. Die Kommissie het die Koronavirus gemonitor en was in beheer van die hele proses daar. Dr Mukwege het onder andere tydens sy bedanking gesê hy kan nie sy Nobelprys bevuil ter wille van geld nie; hy en sy span is aangesê om in alle siektes en alle sterfgevalle die Koronavirus as oorsaak voor te hou. Hy sê die ergste vir hom is dat na meer as 100 toetse was daar nog geen positiefgetoetsde persone nie maar hulle moet maak of dit positief is. Hy reken hy kan sy tyd baie beter gebruik deur aan sy hospitaal en regte siektes aandag te gee en sy loopbaan beter op te pas. Hy glo dit is ‘n sonde voor God om ryk te word deur te lieg, daarom bedank hy as hoof van die Gesondheidskommissie en reaksiemag. So begin mense dwarsdeur Bill Gates en die WGO se sataniese aanslag op menseregte kyk en uitgesproke daaroor word.

So het mense ook uitgevind dat sterftesyfers van ander oorsake soos kanker, HIV, hartsiektes, diabetes en vele meer, BAIE hoër is as dié van die sg vreeslike Covid-19. En hulle het ook uitgevind dat daar in vorige virus-endemies baie meer mense gesterf het as tydens die Covid-tydperk; waarom was daar nie toé inperking van hulle bewegings nie?

Daar is ook duidelikheid gekry oor die mutering van die virus. Dit is nie naastenby so erg en gevaarlik as voorgehou nie. Selfs die Wêreld Gesondheidsorganisasie moes erken dat die mutasiesyfer besondere laag is. ‘n Britse neuro-wetenskaplike het selfs bevind dat minstens 80% van mense glad nie vatbaar is vir Covid-19 nie.

Hopelik het die meeste mense ook besef dat die inenting die groot ideaal van die Geldmag is waarmee hulle die wêreldbevolking wil verminder en verslaaf tot willose marionette. Daarmee kan die superrykes alle vryheid van individue aan bande lê.

Wees u dan die een wat kan sê dat u vandag gedoen het wat u kon om die wêreld more ‘n beter plek te maak. U gesondheid, u familie s’n en almal se toekoms is hiermee op die spel: Bly weg van die inentingsprogram wat op ons afgeforseer sal word. Laat ons uit een mond NEE sê daarvoor wanneer die tyd aanbreek!