DIE MEDIESE MAFIA

Die meeste van ons weet lankal dat die “gevreesde” Covid-sage nie is wat die Mediese Mafia voorgee dit is nie. Daar is al soveel ongeruimdhede ontbloot dat mens verseker kan wees van ‘n groot bedrogspul. Gelukkig is daar ook eerlike manne in die mediese bedryf wat met groter kennis as die Mafia-lede hierdie bose plan van Satan stukkie vir stukkie ontbloot. Daar is pas weer nuwe ontdekkings deur die wetenskaplike, prof Michael Levitt gemaak.  Levitt is professor in biologie by die Stanford Mediese Skool en Nobelpryswenner vir sy ontwikkeling van komplekse chemiese sisteme.

Volgens prof Levitt is daar geen sprake van die buitensporige voorspelde styging in sterftesyfers nie, selfs nie in lande wat reeds die meeste maatreëls verslap het nie. Betroubare statistieke inligting wys daarop dat die patroon wêreldwyd konstant gebly het en dat die sterftesyfers na ‘n paar weke selfs effens afgeneem het. Wie ander stories opdis praat nie die waarheid nie. Hierdie gewaarwording het ander interessante faktore na vore gebring.

Eerstens het dit duidelik geword dat dit totaal onnodig was om gesonde mense se bewegings in te perk; dit word selfs as ‘n groot fout bestempel – en dit weet ons reeds as ons na die wêreldekonomie kyk! Wat nog ontdek is tydens ‘n navorsingprojek juis as gevolg van die nie-stygende sterftesyfers,is dat ‘n groot persentasie mense glad nie vatbaar is vir die SARS-CoV-2-virus nie.

Prof Karl Friston, ‘n spesialis in rekenkundige wetenskap het bevind tot 80% mense het weerstand teen die SARS-CoV-2. Tydens navorsing is gesien dat mense wat nie blootgestel was aan die virus nie, immuun daarteen is op die T-selvlak. Volgens hom is daar kruisreaksie van die T-sel tussen die Korona–griepvirus en die SARS-Co-V-2. Met ander woorde, blootstelling aan die gewone Koronavirusse wat verkoue en griep veroorsaak, maak dat die mens se immuunstelsel die SARS-Co-V-2 herken en dit beveg.

Met hierdie kennis het dit duidelik geword dat daar een groot globale sameswering is wat agter die gordyne stukkie vir stukkie aanmekaar gesit is met die sleutelspeler Bill Gates wat al die pad banktoe lag oor hy die wêreld so ore aangesit het saam met die WGO en hulle Mafia-bendemaatjies in die farmaseutiese bedryf. Hierdie spul gaan multi-miljardêrs-plus word wanneer die inentings eers begin. En was dit nie vir die hoofstroommedia nie sou niks van hierdie bedrog gerealiseer het nie!