...WEENS GEBREK AAN KENNIS

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. So staan dit geskryf in Hoséa 4:6 en sê die Here dit aan sy volk Israel. Of daar ‘n verskil is tussen die Israel van destyds en die Afrikanervolk van vandag is, is debatteerbaar. Talle volksgenote het soos Israel die pad byster geraak en Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak” soos vers 2 dit verwoord. Dalk is ons volk nie aan al die bogenoemde dinge skuldig nie maar daar bestaan ‘n duidelike gebrek aan kennis; dit besef mens gou wanneer jy met mense gesels.

Dit is ook nou nie ‘n uitsondering wanneer jy oor die veelbesproke virus-sage praat nie. Mense hoor wat die regering en die hoofstroommedia sê, glo die meeste daarvan en is nie nuuskierig genoeg om dieper te delf vir die waarheid nie. Soms is die waarheid te erg om te glo en wíl hulle dit liewer nie weet nie. Dit is moontlik waarom die meeste Afrikaners nie besef wat en wie agter hierdie virus-sage sit nie want dit is te omvattend en skokkend. En nou sit hulle en wag dat die ding homself uitwoed en wonder hoe lank dit gaan neem om heeltemal te verdwyn.

Dit is net hier waar hulle die pot heeltemal mis sit want dié storie gaan nie verdwyn of einde kry indien die Wêreldgeldmag hulle sin kry nie. Daarom moet ons gedurig hoor dat “niks weer dieselfde gaan wees nie” en dat ons “die nuwe normaal” moet aanvaar. Elke land se regering kry opdrag van die Geldmag om dit aan sy landsburgers te sê want hulle het nog baie planne met die wêreldbevolking.

Kom ons kyk net weer wie is die magtige, superryk families wat hierdie planne met ons het. As mens ‘n diagram van die stelsel sou teken, sou hierdie septerswaaiende families heelbo wees. Dit is triljoenêrs soos die Rockefellers, Rothschilds, Windsors en die Roomse vatikan. Onder hulle funksioneer biljoenêrs soos Gates, Kissinger, Soros, Bezos, Zuckerberg en Buffett. Hierdie mense het ‘n magsug en ‘n geldsug wat deur die satan in hulle geplant is; soveel so dat hulle ‘n oneindigende obsessie koester om die hele wêreld direk onder hulle beheer te kry.

Mens sou wou weet waarom hulle dit wil doen. Natuurlik is dit die satan wat die hele wêreld onder sy beheer wil kry en hy gebruik hierdie mense as instrumente daartoe. Daarom word hulle sug na mag en geld nooit versadig nie. Reeds is hulle die rykste en daarom die magtigste mense in die wêreld maar dit is nie genoeg nie; dit moet altyd meer word en om die hele wêreld hulle slawe te maak sal hulle rykdom en mag tot die maksimum uitbrei. Deur ‘n Eenwêreldregering met ‘n digitale geldstelsel wat deur hulle beheer word daar te stel, het hulle al die mag om enige reël voor te skryf wat deur die totale mensedom gehoorsaam sal moet word. Daarby sal hulle elke mens se bankrekening bestuur volgens hulle eie reëls en jy sal dit gehoorsaam anders word jy daarvan afgesny en sal gevolglik niks kan koop of verkoop nie want daar sal geen kontant bestaan nie.

Om hulle ideaal te help verwesenlik wil hulle die wêreldbevolking verminder en daarin kan hulle slaag deur siektes te versprei en giftige inentings af te dwing. Hulle skep ook grootskaalse chaos waar opstande en oproerigheid menselewens kos. Die instrumente in hierdie anargie en wetteloosheid word deur hulle befonds sodat dit na hulle wense plaasvind.

Hulle werk ook na ‘n wêreld-ekonomiese ineenstorting toe sodat hulle húl geldstelsel kan implementeer. Hierdie proeflopie met die Covid-19-sage waar miljoene mense hulle besighede en werk deur inperking verloor het, is maar net die eerste van ‘n reeks dinge wat die Geldmag gaan laat gebeur om hulle doel te kan bereik.

Die volgende saak wat hulle dryf is die installering van 5G wat in talle ander lande reeds in gebruik is en die skole eerste daarmee toerus is. Die bestraling van die 60Ghz en die beperking van suurstofopname wat dit veroorsaak kan miljoene mense laat sterf. Navorsing het getoon dat die 5G 60Ghz millimeter-frekwensie opname van suurstof in die menslike liggaam beperk. Die ideaal hier is dat mense sal glo dit is ‘n virus wat die longe aantas. Daar sal dan werklik soveel sterftegevalle van “Covid-20/21?” wees en hoef daar nie meer gelieg te word oor die “enorme sterftesyfers” soos ons tans belieg word nie. Dit sal sommer terselfdertyd die instansies wat die erns van die virus nou bevraagteken, in diskrediet bring.

As u gedink het u het nou alles met die huidige inperking gesien, wag tot bogenoemde situasie werklikheid word. Ons sal ‘n “lockdown” met geen gelyke sien, een met die strengste maatreëls ooit. Dít terwyl ons werklike begrafnisse sal hou vir ons afgestorwe geliefdes.

Nee mense, hierdie virus-sage is net die begin van die satan in aksie hier op aarde. Ons sal hom nog van aangesig tot aangesig aanskou!

Húlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het

vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het

hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderfHoséa 8:4