LES IN IRONIE EN GEREGTIGHEID

INGEËNTES SAL STEEDS NIE MAG VLIEG

In Amerika, Engeland en ‘n paar ander lande is die Inentingspaspoort reeds besig om mense se lewens te reguleer, dws of hulle mag vlieg en sekere publieke plekke mag besoek, al dan nie.

Die lugdiensmaatskappye het almal met hulle regerings saamgewerk om die sataniese kabaal deur middel van die Covid-virus te bevorder en saamgewerk om inentingspaspoorte wetgewing te maak. Hulle het selfs die spreekwoord "No Jab, No Fly", maw “Geen Inenting, Geen vlug” bekend gemaak.

Alles het ook baie reg vir hulle uitgewerk, veral finansiëel toe die meeste mense nie kon wag om die inspuiting te kry sodat hulle met vakansie en werksgeleenthede op ‘n vliegtuig kon klim nie alhoewel daar ‘n hele aantal is wat hulle vakansies opgeoffer het omdat hulle gesondheid vir hulle belangriker was.

Maar wat interessant is, is dat al die lugrederye nou weer dringende samesprekings oor die intentingsproses hou. Wat sou die rede daarvoor wees?

U sal onthou dat dit al baie jare lank bekend is dat enigiemand wat ‘n bloedstollingsprobleem het, ongeag sy ouderdom, slegs onder streng toesig kan vlieg. Inteendeel, daar was nog altyd aanbeveel dat hulle slegs in ‘n noodgeval ‘n vliegtuig mag bestyg omdat die risiko vir komplikasies onder andere beroerte te hoog is.

U is seker ook reeds daarvan bewus dat die meeste mense wat die inenting gekry het, presies aan dieselfde risiko vir bloedstolling onderwerp is, net in ‘n erger graad. Mag hierdie mense dan vlieg?

Kom ons kyk waaroor die lugdienste tans so dringend vergader.

Hulle grootste bekommernis is dat hulle aanspreeklik gehou kan word vir die komplikasies van ‘n ingeënte persoon indien hy op die vliegtuig siek sou word. Die gesondheidsrisiko is baie groot, mense bloei dan selfs dood sonder die lugdruk soos op hoë hoogtes in ‘n vliegtuig. Hoe sal lugdienste dit hanteer, die mense weer verbied om te vlieg? Hierdie moontlikheid weeg die swaarste en dit lyk dus dat ingeënte persone, of sommige van hulle, nog steeds nie op ‘n vliegtuig toegelaat sal word nie.

Daar is nog ‘n klip in die pad. Toe die meeste lugrederye destyds ingestem het om oningespuite persone die deur te wys, was hulle hul regerings ter wille en het nie gedink hulle sou daardeur skade ly nie. Tans moes elkeen van hierdie lugdienste daarmee verlief neem dat hulle nie meer genoeg passasiers sal kry nie. Die finansiële druk raak nou groot en ‘n krisis onafwendbaar.

Wat dit nog erger maak is dat passasiers wat nou nie meer mag vlieg nie as gevolg van die inenting wat hulle dood kan veroorsaak op hoë hoogtes, dalk die lugredery kan dagvaar vir die verbreking van menseregte volgens die kodereëls wat by Neurenberg opgestel is. Eers mog hulle sonder die inenting nie vlieg nie, en nou mag hulle met die inenting ook nie vlieg nie; wat ‘n ironie!

Dus, alle lugdienste wat dit ondersteun het, soos ook Qantas, om net een te noem, gaan ‘n bitter moeilike tyd tegemoet. Finansiëel kan hulle dit nie oorleef nie.

Daarby wil van die lugrederye wat met regerings saamgewerk het, self ‘n hofsaak teen die instansies maak by wie hulle die opdragte gekry het. Hierdie instansies kan regerings- of regeringsoperateurs wees, maar dit maak geen verskil aan die feit dat iemand in ‘n hof sal moet opdok nie. Wat dit egter interessant maak is dat baie name op die tafel gaan land, name van instansies wat agter die skerms gewerk het en nie openbaar gemaak wil word nie. Volgens korporatiewe reg sal hulle egter nie ‘n keuse hê nie.

Daar wag ‘n opwindende tyd vir diegene wat geregtigheid voorstaan...