DIE DOODSKOOT SE GEVOLGE

‘n Artikel in die New York Times (NYT) berig oor ‘n drastiese bevolkingsvermindering regoor die wêreld. Die artikel maak nêrens melding van die doelbewuste vermindering van die bevolking dmv die Covid-plandemie nie, die gedwonge en giftige inentingsveldtog met 'n nie-entstof. Die NYT berei ons saggies voor op hierdie misdaad en noem die komende "ontvolking" 'n natuurlike verskynsel as gevolg van 'n wending in die demografie - wat glo te verwagte is as gevolg van ons westerse "oorvloedige lewenstyl" en as gevolg van mensgemaakte klimaatsverandering wat gelei het tot verminderde oeste - hongersnood - in die ontwikkelende wêreld, oftewel die Global South.

Gedeeltes uit die berig lui soos volg:

"Regoor die wêreld word lande gekonfronteer met stagnasie van die bevolking en 'n vrugbaarheidskrisis, 'n duiselingwekkende ommekeer in die geskiedenis wat ongeëwenaard is, wat die eerste verjaardagpartytjies 'n skaarser gesig sal maak as begrafnisse, en leë huise 'n algemene gesig."

En dit gaan voort:

“Kraamafdelings sluit reeds in Italië. Spookstede verskyn in die noordooste van Sjina. Universiteite in Suid-Korea kan nie genoeg studente vind nie, en in Duitsland is honderdduisende eiendomme vernietig en op daardie gronde verrys parke een na die ander”.

“Alhoewel sommige lande steeds hul bevolking sien groei, veral in Afrika, daal vrugbaarheidsyfers byna oral anders. Demografiste voorspel nou dat die wêreldbevolking teen die laaste helfte van die eeu of moontlik vroeër vir die eerste keer 'n volgehoue agteruitgang gaan hê.”

Waarom sou die vrugbaarheidskoers skielik in 'ontwikkelde' lande daal? Omdat mense besef dat die wêreld baie minder "eters" en verbruikers nodig het om die planeet te red? - Of het dit eerder iets te doen met die gedwonge valse "entstowwe"?

Is dit nie presies wat die Gates-Rockefellers-Kissinger et al-clan in gedagte het nie?

Is dit ook waarom die inspuitings van die mRNA-tipe komponente teen vrugbaarheid en sterilisasie insluit?

En die CDC het onlangs aanbeveel om hierdie onbewese, ongetoetsde geenterapie-inspuiting aan swanger vroue te gee, terwyl swanger vroue nooit voorheen en onder geen omstandighede ongetoetsde eksperimentele medisyne toegedien is nie. Tans is die aborsiesyfer van swanger vroue wat die mRNA-tipe inenting ontvang het, reeds 30% - waarskynlik aansienlik hoër as ongerapporteerde gevalle in ag geneem word.

In die VSA word hospitale $ 13,000 betaal vir elke pasiënt wat met covid gediagnoseer is, en US $ 39,000 vir elke "covid-pasiënt" wat aan 'n ventilator gekoppel word. Vroeër vanjaar het dokters in NY tot die gevolgtrekking gekom dat tot 88% ventilatorpasiënte nie die ventilator oorleef nie. Daar is rede om te glo dat die inforsering van suurstof die longweefsel laat skeur. Intussen word die covid-sterftesyfers opgejaag deur elke ander oorsaak van dood op die covid-lys te plaas, selfs motorongelukke. Nou word selfs die sterftes van ingeëntes valslik aan covid toegeskryf.

"Dit is 'n opsetlike wêreldoorlog teen menslike bloed," sê dr. Sherri Tenpenny en Nobelpryswenner, dr. Luc Montagnier, sowel as dr. Mike Yeadon, oud-Pfizer VP en hoof van Pfizer Science.

“Die inspuitings sal doodmaak en nooit ophou doodmaak nie.”

Dr Montagnier, onder die wêreld se voorste viroloë, projekteer 'n drasties verminderde lewensverwagting van baie wat die "doodskootinspuiting" geneem het.

Maar hoe dit ook al sy - die huidige "verslapping" op die streng beperkings wat die VSA en baie Europese lande nou as gevolg van die inspuitings ervaar, bring geluk, glimlagte, feestelike denke en vrolikheid by die bevolking na vore - in die hoop dat die plandemie verby is.

Alhoewel daar geen konkrete bewyse is nie, is daar sterk sprake dat ons in afsienbare tyd deur 'n 'nuwe', sterkter laboratoriumgemaakte 'variant' geteister sal word wat al groter diktatoriese regering sal verg.

Wetenskaplike waarneming is dat inspuitings van die mRNA-tipe die menslike genoom beïnvloed, en dat die liggaam waarskynlik nooit enige iets wat die DNA beïnvloed, sal ontgif nie. Ons sal binne twee tot drie jaar massiewe sterfgevalle van mense ver onder die gemiddelde lewensverwagting sien.

Hierdie inentingsaksie het niks met die beskerming van die mens se gesondheid te doen nie. Inteendeel. Dit gaan oor ontvolking.

Dit is sonder twyfel 'n misdaad van massamoord teen die mensdom!