"JAB OR NO JAB, NO FLIGHT!"

INGESPUITE VLIEËNIERS STERF EEN NA DIE ANDER

In Brittanje is daar nou ‘n nuwe krisis wat binnekort  ook 'n wêreldwye een sal wees: die Britse Lugvaart is in samespreking met die regering of vlieëniers wat die inspuiting teen Covid ontvang het, nog toegelaat moet word om te vlieg. Hierdie gesprekke het begin nadat die 4e ingespuite vlieënier pas dood is. Mens kon dink dat die bloedklontrisiko nie net tot die passasiers beperk sou wees nie.

Die probleem kom veral daarby in dat reeds 85% Britse vlieëniers ingespuit is. Dit bring die totaal wat oorbly op ‘n skamele 15%. Die “British Airways” (BA) sal dit nie finansiëel oorleef indien daar besluit word dat die ingespuite vlieëniers nie meer mag vlieg nie.

Intussen berig Sky News uit Australië dat lugdiensondernemings in Spanje en Rusland mense wat die inspuiting gehad het ernstig waarsku om nie te vlieg nie weens die risiko van bloedklonte. Die media hou die front asof dit net ‘n waarskuwing is maar in waarheid word ingespuite mense in baie lande reeds verbied om te vlieg.

Dit is egter ‘n yslike ironie aangesien mense juis aangemoedig en later forseer is om die inspuiting te neem indien hulle ‘n vliegtuig wil bestyg. U sal onthou hoe die spreekwoord die hele Europa deurklink het: “No jab, no flight!”. Daar is ontelbare hoeveelhede mense wat daagliks vir werksonthalwe ‘n vlug moet neem. Wat word nou van hulle? En dink net aan die finansiële impak daarvan op lugrederye. Veral as ingedagte gehou word dat nie-ingespuites nie mag vlieg nie en nou die ingespuites ook nie.

Maar indien ingespuite vlieëniers toegelaat word om te bly vlieg word dit nie net vir die ingespuite passasiers lewensgevaarlik nie maar ook vir die nie-ingespuites – indien enige van hulle weer toegelaat word om te vlieg – want sê nou net beide vlieëniers per vlug kry daar hoog bo in die lug bloedklonte en bereik ‘n koma?

Dit wil voor kom of die dae van vlieg iets van die verlede word, gesien uit ‘n finansiële en gesondheidsoogpunt. Die nuwe spreekwoord behoort te wees :"Jab or no jab, no flight!"

Maar, is dit nie wat die Eenwêreld-regeringsmanne voorsien het nie, dat internasionale kontak nie meer moet plaasvind nie? Natuurlik strek dit hulle tot voordeel in hulle sieklike magsuitvoering!