SOLIDARITEIT SE GLASSTOELE

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het glo in ʼn omvattende wetenskaplike verslag bevind dat entstowwe ʼn doeltreffende en veilige manier is om die Covid-19-plandemie te beëindig. Sterk kritiek word ook op die regering se sentrale beheer van die entstofprogram gelewer en nou word die publiek deur Solidariteit opgesweep om hulle stemme dik te maak.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, wat met groot vertoon homself voor die hele land laat inspuit het (al was dit heel moontlik soutwater soos ook Ramaphoza gedoen het), gaan groot getalle van die Solidariteit Beweging se lede en ander Suid-Afrikaners binne die volgende weke glo ʼn keuse oor entstowwe moet maak.

Nou ja, hier kom een van die groot leuens van die tyd: “Die data wys een risiko uit wat baie groter is as entstowwe vir die meeste mense: dit is om nié entstowwe te gebruik nie.”

Nog een:Die data wys dat die aansprake dat groot getalle mense doodgaan as gevolg van entstof, eenvoudig nie waar is nie. Die risiko vir bloedklonte en hartverwante newe-effekte is klein. Die meeste newe-effekte wat aangemeld is, is lig en stem ooreen met enige ander entstof.”

Volgens die verslag waarvan Solidariteit praat, is glo bevind dat entstowwe wel doeltreffend is.

Ja, regte entstowwe, mnr Buys, wat gemaak is van of lewende of dooie virusse soos regte wetenskaplikes weet om te doen, nie inspuitings van geaborteerde fetusse, elektromagnetiese- en giftige grafeen-oksiedstowwe nie. Dít, mnr Buys, is nie entstof nie, dit is bio-moordwapens, en dit het nie per ongeluk onstaan nie, dit is bedoel om ‘n bevolking van 7.5 biljoen tot 500 miljoen te verminder sodat die Geldmag wie se doen en late jy nou napraat, ‘n maklik beheerbare Eenwêreldregering tot stand kan bring. Maar ons mors ons asem hier want jy weet sekerlik al hierdie dinge, mnr Buys, jy mag baie dinge wees maar onnosel is nie een daarvan nie.

Daarby mnr Buys, weet jy werklik nie dat daar in die VSA reeds hofgedinge is omdat dit bewys is dat meer as 45,000 mense sover binne drie dae nadat hulle die inspuiting gekry het, gesterf het nie? Die sogenaamde “omvattende wetenskaplike verslag” blyk ‘n tekort aan regte navorsing te hê. Miskien moet óns vra: mnr Buys, toe óns deeglike navorsing gedoen het, waarmee was jý besig? Maar, kom ons gee vir jou ‘n hele boek vol navorsing van regte wetenskaplikes en regte medici dwarsoor die wêreld, wat regte navorsing gedoen het, en lees daarvan sommer maklik by   Die Virus-Kabaal

Hoor verder wat het die man oor verantwoordelikheid te sê:

“Ons wil ons lede en ander Suid-Afrikaners in staat stel om verantwoordelike keuses te maak. Covid-19 tref ons almal swaar en almal smag daarna om ʼn einde aan die pandemie te bring. Met al die menings, fopnuus en politieke agendas wat die rondte doen, is goeie wetenskaplike navorsing noodsaaklik. Uit die bevindinge in die verslag kan ons ons lede aanmoedig om wel die entstowwe te gebruik, maar op voorwaarde dat elkeen self ʼn  verantwoordelike besluit moet neem en sy eie unieke omstandighede in ag sal neem. “

Dit kom voor asof hier op twee stoele gesit word. Eers word die publiek met sg navorsing en halwe waarhede opgesaal, en dan klink dit of daar ‘n gewetenswroeging of ‘n lafhartigheid ontstaan om die lyding van ingeënte persone tog net nie op Solidariteit se skouers te plaas nie. Dus word dit nou die verantwoordelikheid van die pasiënt wat dit gewaag het om Solidariteit te vertrou dat die inspuiting veilig is.

En dan kom dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en vul Buys se storietjie pragtig aan: “Ons lede is moeg vir inperkings en wil daaruit kom. Inenting kan beslis ʼn groot rol speel om uit die pandemie te kom. Vertrouensvlakke in die regering is met reg baie laag. Daar is ʼn fyn lyn tussen vertroue in die regering en vertroue in entstowwe.”

Waarop Hermann nie kan teruggaan nie is al Solidariteit se negatiewe nuusberigte in die verlede oor SA se korrupte regime. Dus, die beste wat hy kan doen is om te sê ons kan nie die regering vertrou nie maar ons kan dalk die ‘inenting’ vertrou, maar dalk ook nie heeltemal nie want daar is dan ‘n fyn lyn. Nou, wie moet ons  vertrou en wie nie?

Dis mooi, mnr Hermann, dat u nie u Solidariteitlede heeltemal wil mislei en laat sterf nie want waar sal Solidariteit dan ‘n inkomste kry? Maar dis nie mooi nie, mnr Hermann, dat u hulle ook nie wil help om gesond en lewendig te bly deur hulle direk en dringend teen die inspuiting te waarsku nie. En waarom u en mnr Buys dít doen, sal die Afrikanervolk graag ‘n antwoord op wil hê. Want ons weet u weet in werklikheid wat regtig aan gebeur is want u en u Solidariteitleiers is mos van die slimstes in ons land, ons het u dan vertrou! Ons weet ook u is slim genoeg om te weet dat die plandemie nooit ten einde sal kom met die Geldmag aan beheer nie, waarom dan u lede so mislei? En ons vra weer, waarom is Solidariteit nou so betrokke om die publiek aan te moedig om die sg entstof te ontvang terwyl u duidelik bewus is van die gevare daarvan?

Solidariteit, die geskiedenis het oor en oor bewys dat twee los en deurskynende stoele mettertyd uitmekaar skuif en dat die sitters daarop hulleself uiteindelik middeldeur val, dis net ‘n kwessie van tyd…