HOE U LEWE IN 2030 GAAN LYK

Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) het aan die einde van Januarie in Davos, Switserland, vergader en ‘n hele klomp sake betreffende Die Groot Herstel van ons planeet bespreek. Gedryf deur die visie van sy invloedryke uitvoerende hoof, Klaus Schwab, is die WEF die belangrikste dryfveer vir die sogenaamde Die Groot Herstel van die wêreld wat ons lewens, werk en interaksie met mekaar totaal gaan verander.

Die WEF het besluit geen mens buiten die klein elite of genoem die superryk Geldmag, sal teen 2030 iets besit nie maar dat u doodgelukkig daaroor sal wees. Hulle beeld ‘n gelukkige, glimlaggende gesig uit in hulle voorstelling van die aarde in 2030, met 'n hommeltuig wat besig is om 'n produk aan 'n huishouding af te lewer, ongetwyfeld aanlyn bestel, wat deur 'n robot in 'n reuse Amazon-pakhuis verpak is, en waar geen lewende siel by betrokke was nie; nie by die vervaardiging, verpakking of aflewering van hierdie produk nie. Alles word met AI-aangedrewe (artificial intelligence) robotte uitgevoer.

Wees verseker dat die aflewering virus- en bakterie-vry is want selfs in 2030 sal hulle die vreesleuen oor die virusse lewendig moet hou om die dominante spektrum oor die hele bevolking te behou.

Die werkloses (en daar sal baie wees) kan op 'n soort universele basiese inkomste geplaas word en hulle skuld (skuld en bankrotskap op groot skaal wat die doelbewuste gevolg is van inperking en beperkings veroorsaak deur die Geldmag self) kan afgeskryf word in ruil daarvoor dat hulle hul bates aan die finansiële instellings wat help om hierdie groot herstel te bewerkstellig, oorteken. Die WEF sê dat hulle aan die publiek alles wat hulle benodig, sal 'verhuur' solank hulle elkeen se eiendomsreg ontneem onder die dekmantel van 'volhoubare verbruik' en om 'die planeet te red'. Natuurlik is die plan van die klein elite wat hierdie “wonderlike reset” uitvoer, om alles te besit.

Honderde miljoene mense wêreldwyd wat as 'surplus to requirements' beskou word, word tans beroof van hul lewensbestaan. Elke beweging en aankoop sal gemonitor word, en daarom sal al ons transaksies aanlyn wees. In ruil vir skuldverligting of 'ondersteuning', sal wêreldwye konglomerate, soos Bill Gates, nasionale beleid verder kan dikteer en die oorblyfsels van soewereiniteit van die staat kan uitdoof.

Wat gaan met ons sosiale en persoonlike identiteit gebeur? Moet dit uitgewis word in die strewe om menslike gedrag en alles wat ons doen, te kommodifiseer en te standaardiseer?

Die miljardêrklas wat hierdie agenda bestuur, glo dat hulle die natuur en alle mense kan besit en beheer deur geo-ingenieurswese van die atmosfeer, byvoorbeeld deur geneties modifiserende grondmikrobes, en ook deur bio-gesintetiseerde vals voedsel vanuit 'n laboratorium.

Hulle dink dat hulle die wêreld se geskiedenis tot 'n einde kan bring en die wiel weer kan uitvind deur te verander wat dit beteken om 'n mens te wees. Met die gifinspuitings wat hulle onder die vaandel van "inenting" toedien is mense besig om transmens te word, ten minste diegene wat die inspuiting oorleef. Dan sal daar ‘n digitale beheer oor die mensdom wees. En die WEF dink dat hulle dit teen 2030 kan bereik. Dit is 'n koue distopiese visie wat duisende jare se kultuur, tradisie en praktyke feitlik oornag wil uitroei.

En baie van die kulture, tradisies en gebruike hou verband met voedsel en hoe ons dit produseer en ons diepgewortelde verbintenisse met die natuur. Aangesien landbou die sleutel tot menslike oorlewing geword het, was die plant en oes van gewasse en ander seisoenale aktiwiteite wat verband hou met voedselproduksie, sentraal in hierdie gebruike. Freyfaxi is byvoorbeeld die begin van die oes in die Noorse heidendom, terwyl Lammas of Lughnasadh die viering van die eerste oes/graanoes in die heidendom is.

Mense vier die natuur en die lewe waaraan dit geboorte gegee het. Antieke oortuigings en rituele was deurdrenk van hoop en vernuwing en mense het 'n noodsaaklike verhouding met die son, sade, diere, wind, vuur, grond en reën en die veranderende seisoene wat gevoed en lewe gebring het. Ons kulturele en sosiale verhoudings met landbouproduksie het 'n goeie praktiese basis.

Aangesien die verband heeltemal verbreek sal wees tussen voedselproduksie, die natuur en kultureel ingeboude oortuigings wat betekenis en uitdrukking aan die lewe gee, sal die individuele mens wat nog oorgebly het gestroop wees van sy bevredigende produktiewe strewe en ware selfvervulling, en afhanklik wees van inkomste uit die staat; ook net as hy in alles gehoorsaam is aan die staat. Anders sal sy straf wees die ontneming van enige inkomste of goedere.

Maar moenie bekommerd wees nie – u sal ontroerend gelukkig wees in u oop gevangenis van massa-werkloosheid, afhanklikheid van die staat, gesondheidspaspoortjies, kontantloosheid, massa-inenting en ontmensliking.

So glo die WEF en sy bende.