‘ENTSTOF’-SLAGOFFERS WEEKLIKS SWAKKER

Volgens amptelike data wat deur die Britse regering gepubliseer is verloor diegene wat die gifinspuiting geneem het, gemiddeld elke week ongeveer 5 persent van hul immuunfunksie. Dit beteken dat mense se immuniteit binne 20 weke na nul persent immuniteit sal daal.

Die sterk afname van die immuunrespons onder slagoffers van die sogenaamde covid-entstowwe beteken dat sterftes as gevolg van kanker en algemene infeksies soos verkoue en griep in die komende ses maande die hoogte in sal skiet. Ons wat nie ingespuit is nie, sal waarneem hoe daar meer mense as ooit te vore op hierdie aardbol sterf.

Soos VIGS-pasiënte baie goed weet, kan persone wat aan 'n sterk onderdrukte immuunfunksie ly, deur  ligte verkoue of grieppatogene sterf wat normaalweg geen risiko vir 'n gesonde persoon inhou nie.

Wat die saak erger maak, is dat verpleegsters en hospitaalwerkers met natuurlike immuniteit nou uit hul werk ontslaan word omdat hulle weier om die gifinspuiting te neem. Dit veroorsaak ernstige personeeltekorte in sommige gebiede (in Amerika in New York is dit reeds chaoties) en die griepseisoen is nog nie eers hier nie. In die winter sal ons hierdie keer sien dat hospitale werklik oorvol is; nie soos toe daar verlede winter vir die publiek gelieg is oor sogenaamde oorvol hospitale met covid-pasiënte nie.

Wat kom, is 'n wêreldwye golf van massa sterftes as gevolg van verskeie soorte kanker en algemene infeksies. En moenie glo dat die gifinspuitings die skuld gaan kry nie, nee!  Die sogenaamde covid-entstof vernietig die mens se natuurlike immuunsisteem geleidelik. Met elke “booster” wat ook op ons afgedwing gaan word sal dit vererger. Sommige mense is sterker as ander en volgens die Britse verslag sal persone bo 50 jaar gouer siek word en sterf terwyl persone tussen 20 en 50 jaar dubbel so lank sal neem om dodelik siek te word. Maar dit sal alles in die volgende drie tot ses maande begin gebeur. En dit gaan hospitale in 2022 oorweldig.