26 SEPTEMBER 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe lyk die mense wat in ewigheid nie sal wankel nie, wat die reg het om op God te vertrou en hulself kinders van God te noem? Dawid skryf in Psalm 15 presies wie hulle is:

  1. Dit is mense wat nie onreg bewerk nie
  2. Hulle lieg en belaster, beskinder, besteel en bespot nie ander mense nie
  3. Dis daardie mens wat kinders van die Here met respek behandel
  4. Dis die mens wat vas staan by sy beloftes
  5. Dis hy wat nie woekerwins en dobbelgeld gebruik nie
  6. En dit is die mens wat geen omkoopgeskenk tot nadeel van ander neem nie

Durf ons sê dat die huidige SA-regime kinders van God is en nie sal wankel nie?... Hulle ineenstorting kom so seker as God leef.