VERAGTELIKE BLANKE AGENTE

Adriaan Snyman

Op 17 Januarie 1916 het Siener ‘n visioen gehad wat eers in ons tyd bewaarheid sou word. In die gesig het hy gesien ons sal in die toekoms nog daal tot die vlak van die nie-blankes; selfs in ons voorkoms (kleredrag) en optrede sal ons soos hulle lyk en doen; maar nog erger, hy het ook gesê ons gaan (net soos hulle) niks vir mekaar omgee nie, mekaar uitbuit, in die rug steek, en teen betaling aan die vyand uitlewer.

Die dag toe hy hierdie gesig aan Kerneels Nieuwenhuis meegedeel het, het hy bewoë bygevoeg: “Ja, Kerneels – ons is ‘n veragtelike volk!”

Daar gaan byna nie ‘n dag verby dat die media nie hierdie skandvlek in ons volksiel met koelbloedige leedvermaak aan die wêreld uitbasuin nie, en ‘n perverse behae daarin skep om die behoudende regses as ‘n spul onopgevoede skobbejakke sonder integriteit, eer of selfrespek voor te hou.

In ‘n artikel Lies, Spies and slush-funds het ‘n nie-blanke joernalis ‘n gewetenlose komplot teen die Boere onthul. Verraderlike blanke agente van die ANC het hulself as verregse elemente voorgedoen om die behoudendes onder ons te diskrediteer.

Hier het ons ‘n sinistere sameswering van die staat wat maar onlangs eers onthul is – en daar is baie meer verskuil agter hierdie slinkse agente wat onder die blankes funksioneer, as wat dit op die oog af lyk.

Dit is ‘n baie gevorderde vorm van propaganda en sielkundige oorlogvoering teen die Boerevolk.

Die ANC en hierdie agente bereik ‘n verskeidenheid doelwitte met hulle optredes.

Eerstens, deurdat hulle in die openbaar optree as ‘verregses’ met ekstreme, buffelagtige en afstootlike gedrag. Allerhande afkeurenswaardige kentekens en vlae word rondgeswaai, en hulle gedrag is dié van mense met geen opvoeding nie. Hiermee slaag hulle daarin om die gemiddelde, denkende Afrikaanssprekende af te skrik om by enige ‘regse’ groep of party betrokke te raak uit protes teen die ontluikende volksmoord van blankes in Suid-Afrika.

Op hierdie manier trek hierdie ANC-jioners vir elke Afrikaanssprekende ‘n dwangbaadjie aan wat hom daarvan weerhou om polities aktief te raak in die land.

Tweedens, stigmatiseer hulle enigeen wat dit nog oorweeg het om by die politiek betrokke te raak. Uitvrees dat die sosiale gemeenskap die normale Afrikaanssprekende as ‘een van daardie’ gaan etiketteer, bly die blankes eerder weg van sulke bewegings

Veral twee persone, Hendrick Swart en ‘n sekere kolonel Pretorius, speel ‘n uiters sinistere rol hierin en byna niemand is bewus daarvan nie. Hulle besig om die Boere op te stel as wettige teikens in ‘n volksmoord en volskaalse slagting deur die ANC.

Volgens die ondoeltreffende wet wat volksmoorde moet verhoed, (die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Misdaad en Straf vir Volksmoorde van 1947) mag ‘n staat ‘n kultuur- of etniese groep uitwis wat as ‘n ‘politieke probleem’ beskou word. In so ‘n geval is die uitwissing van die ‘ongewensde groep” dan nie ‘n volksmoord nie.

Maar om dit te kan doen, moet die groep eers ‘n probleem wees in die oë van die wêreld. En dit is waar Swart en Pretorius inkom.

Deurdat hulle en hul agente die behoudende Boere binnedring met allerhande AWB-vlae en kentekens, skep hulle ‘n internasionale persepsie dat die Boere almal verregse neo-Nazi’s en dus maar uitgewis kan word as ‘n diens aan die mensdom en internasionale gemeenskap. Maar inderwaarheid is dit die staatsagente wat die neo-Nazi’s is. Dit is hulle wat allerhande opmerkings, onbeskofte en buffelagtige optrede en barbaarse gedrag openbaar teenoor ander bevolkingsgroepe, sodat ALLE Afrikaners deur hulle optrede beswadder word.

Dit is hierdie staatshonde wat besig is om die Boere se koppe onder die valbyl te sit, reg vir die volskaalse uitwissing deur die staat.

En dit maar net die punt van die ysberg. Daar is verskeie sogenaamde ‘regse bewegings’ waar die leierskap almal betaalde agente van die staat is, en wat gewone veiligheidsbewuste blankes insleep in hul siek planne om alle Afrikaners te etiketteer

Die bewegings het gewoonlik ook meer ‘generaals’ as manskappe, en wat op die einde van die dag maar net dieselfde retoriek uiter.

Dit was ook hierdie wit ANC handlangers wat die arrestasie van welmenende regses (soos die Boeremag) gekoördineer en beplan het, om, tesame met laakbare mediaberige hierdie mense summier te etiketteer as veragtelike ‘verregses’.