Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vandag word samelewings wêreldwyd volgens die beginsels van menseregte georden. Owerhede, kerke, ekonomiese instellings en sosiale instansies word volgens hul handhawing van menseregte beoordeel. Onderwysinstellings word selfs ingespan om heiden-owerhede te help om ’n menseregte-kultuur te vestig!
WIE MAAK ONS GELD? (1)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Deel 1: Hoe om biljoene te maak deur die goedvertrouende en liggelowige volkere van hierdie wêreld te bedrieg.
Die Grondwet van die V.S.A. vereis dat geld skuld- en rentevry deur die Regering gedruk word.
Die eerste Amerikaanse koloniste het hierdie stelsel beoefen en dit gewettig. Hulle het oor geen belastinggarende masjinerie beskik nie: hulle het papiergeld gedruk om vir openbare werke te betaal. Hulle het ’n regering tot stand gebring wat direkte belasting verwerp het en die bou en instandhouding van skole, hospitale, paaie en hawens, asook alle ander regeringsuitgawes gefinansier het met varsgedrukte papiergeld. Uit ondervinding het hulle geweet dat dit onmoontlik was om onbeperkte hoeveelhede papiergeld uit te gee: dat die koopkrag van hierdie geld van aanbod en aanvraag afgehang het.
Om stabiele pryse en volle werkgewing te verseker en om voorspoed te skep vir almal wat bruikbare werk verrig het, moes hulle toesien dat die papiergeld in omloop nie die waarde van werklik koopbare goedere en dienste oorskry nie. Hulle het bevind dat te veel papiergeld pryse laat styg en inflasie veroorsaak. Dan moes die druk van meer papiergeld gestaak word. Aan die ander kant het pryse gedaal wanneer te min papiergeld in omloop was; dus moes meer papiergeld beskikbaar gestel word om deflasie te voorkom. Alle Amerikaanse kolonies wat hierdie eenvoudige reël toegepas het, het binne korte tyd voorspoed ervaar, stabiele pryse vir hulle produkte gehandhaaf en geen werkloosheidsprobleme ondervind nie.
Hierdie eerlike en opregte geldstelsel het egter nie in die smaak geval van ’n aantal Europese finansiers nie wat vasbeslote was om die stelsel toe te pas wat reeds meer as 200 jaar in Europa in swang was.
Op 22 Desember 1913 het hulle in skreiende skending van die Amerikaanse Grondwet deur bedrog, omkopery en afpersing daarin geslaag om die Amerikaanse Regering te oorreed om die reg van papiergeld-druk en uitgee oor te maak aan hulle private instelling: Die Federale Reserwebank. Sedertdien is die Regering, so dikwels as hulle bykomende geld benodig wat nie deur belastings gedek word nie, nie langer toegelaat om dit skuld- en rentevry vir openbare uitgaaf beskikbaar te stel nie, maar word hy genoodsaak om dit van banke te leen in ruil vir obligasies (Nasionale Skuldbriewe) waarop belastingbetalers ewigdurend rente moet betaal.
Sommige of al hierdie obligasies word vervolgens deur die banke verkoop aan die Federale Reserwebank wat daarvoor met varsgedrukte dollarnote betaal. Op hierdie slinkse manier word die Amerikaanse Regering gedwing om rente te betaal op die leen van hul eie geld!
Die banknote wat deur die Reserwebank gedruk word, is eintlik regeringsbesit, want die Amerikaanse Grondwet laat ’n privaatbank nie toe om dollarnote te druk en uit te gee nie; hulle mag slegs op rekening van die Amerikaanse Regering gedruk word en is dus regeringsbesit.
Boonop het die Federale Reserwebank op 22 Desember 1913 onderneem dat elke banknoot deur hulle gedruk en uitgegee in goud of silwer aflosbaar sou wees. Deur die intrekking van die aflosbaarheid het die kontrak verval en het die reg om dollarnote in omloop te bring van nul en gener waarde geword, dus is die banknote wat die Federale Reserwebank op die oomblik uitgee, na mening vals en die eienaars van die Federale Reserwebank vervalsers.
Voorts is dit Amerikaners op die mou gespeld dat die Federale Reserwebank nie ’n privaatbank is nie maar wel ’n regeringsinstelling, en dat die geld deur hulle gedruk en uitgegee regeringsbesit is.
Weinig is bekend oor hoe ’n aantal onbekende finansiers 300 jaar gelede daarin geslaag het om die regeerders van Europa te oorreed om die reg om geld uit te gee aan hulle oor te maak; dit is geheim gehou. Wat wel bekend is, is dat Holland die eerste land op die Europese Kontinent was wat onderdeur gespring is om die Reserwebank se boeie te aanvaar; daarom word die stelsel van skuldmaak en rente-betaal dikwels “Hollandse Finansies” genoem. Ook is bekend dat die teenswoordige Amerikaanse geldstelsel ’n afdruk van die Europese stelsel is; dis dus redelik om aan te neem dat dié twee stelsels identies of baie eenders is.
Deur my mening op daaropvolgende geskiedkundige gebeurtenisse te baseer glo ek dat sekere finansiers in 1688 nadat hulle die reg om geld in Holland uit te gee verseker het, die Engelse troon aan die Prins van Oranje aangebied het as hy aan hulle die koninklike prerogatief om geld in Engeland uit te gee, sou toestaan. Om sy besware te besweer het hulle beloof dat geen onheil sy skoonvader, Jakobus II, sou tref nie, en dat hulle hom onbeperkte somme geld teen 8% rente sou leen, asook dat elke banknoot deur hulle gedruk en uitgegee gedek sou word deur die onderneming dat dit op aanvraag in goud aflosbaar sou wees by hulle bank, “Die Bank van Engeland”.
Die Prins, onbekend met die rol van geld in die ekonomiese lewe, het ingewillig. Binne korte tyd is Jakobus uit sy Koninkryk verdryf maar toegelaat om na die hof van Lodewyk XIV uit te wyk, terwyl Willem III en Maria die Engelse troon bestyg het. Ses jaar later is die Bank van Engeland gestig.
Deur hulle privaatbank verkeerdelik “Die Bank van Engeland” te noem het die finansiers die indruk geskep dat dit ’n regeringsinstelling was en dat die geld wat hulle druk, regeringsbesit was. Daarom het so min burgers na die Bank van Engeland gekom om hulle papiergeld vir goud in te ruil. Almal het volle vertroue in die “Bank van Engeland” gehad en geglo dat dit altyd sonder uitsondering papiergeld vir goud sou ruil. Aldus was hierdie finansiers in staat om miljoene papierbanknote sonder gouddekking uit te gee en dan teen rente uit te leen soos egte geld. Die belofte dat elke banknoot deur goud gedek word, is bykans dadelik verbreek. Wanneer hierdie bankiers bv. £100 000 se banknote gedruk en teen rente uitgeleen het, het hulle beloof om £100 000 in goudmunt in hulle brandkluise te hou. In werklikheid het hulle slegs £2 000 in goudmunt gehou. Die orige £98 000 was fiktief, het geen gouddekking gehad nie, was slegs papier en kon nie vir goud verhandel word as die eienaars dit sou eis nie. Dit was ’n bykomende profyt op ’n kapitaal van slegs £2 000. Dus, aannemend dat hulle £100 000 teen 8% uitgeleen het, het goudmunte van £2 000 in waarde tot £108 000 gegroei, m.a.w ’n wins van meer as 5 000%. Hiervolgens het hulle die geldmag verkry om die wêreld te regeer.
Toe hulle banknote begin uitgee het sonder die beloofde gouddekking het die verlof daartoe verval en het hierdie finansiers niks anders as vervalsers geword nie.
William Gayley Simpson het in “Which Way Western Man?” (Yeoman Press, Bus 862, Cooperstown, N.Y. 13326, 1978, bl. 621/2) soos volg uit Christopher Hollis se “The Breakdown of Money” (Sheed & Ward, 1934) aangehaal: “In 1694 het die regering van Willem III (wat saam met die Jode uit Holland gekom het) geld dringend nodig gehad. 'n Aantal ryk manne onder aanvoering van ene William Patterson (of was hy maar net hulle front?) het aangebied om Willem £1 200 000 teen 8% te leen op voorwaarde dat “die Goewerneur en Maatskappy van die Bank van Engeland” soos hulle hulself genoem het, die reg sou verkry om note uit te gee tot die volle omvang van hulle kapitaal. Dit beteken dat die Bank die reg het om £1 200 000 in goud en silwer in te samel en dit te omskep in £2 400 000 (d.w.s. dubbel soveel) waarvan hulle dan £1 200 000 in goud en silwer aan die Regering leen en nog £1 200 000 in banknote oor het vir eie gebruik. . . Twee jaar later, teen 1696, sirkuleer hulle £1 750 000 se note teen ’n kontant goudreserwe van slegs £36 000 - dus met ’n dekking van slegs 2% van die papiergeld wat hulle uitgee en rente op trek.
Hierdie finansiers het beslis geweet hoe om ’n slag te slaan. William het hulle ’n verband gegee wat erken het dat hulle hom £1 200 000 teen 8% geleen het. Deur hulle toe te laat om ’n gelyke som in banknote te druk en te versprei het hy sy onderdane gedwing om hierdie finansiers van goedere en dienste ter waarde van £1 200 000 te voorsien. Is geld al ooit op hagliker voorwaardes geleen? Was dit die prys wat hy hulle moes betaal vir hul hulp om hom Koning van Engeland te maak? Hierdie finansiers het geen waagstukke aangegaan nie: dieselfde dag wat hulle hom die geld betaal het, het hulle hulself ter volle terugbetaal deur die banknote te druk en boonop ’n verband te ontvang vir ’n lening van £1 200 000 teen 8%. Was dit nie ’n super-blitssnelle manier van geldmaak nie? As die Koning self die banknote gedruk en versprei het, sou daar geen skuld en geen rente gewees het nie.
Deur die reg om geld uit te gee en aan internasionale finansiers oor te maak, het ons Konings, Keisers en demokratiese regerings en ’n spesiale klas almagtige Super-bankiers geskep wat vetmes op oorlog. T.K. Derry, C.H.C. Blount en T.L. Jarman het in hul boek “Great Britain” (Toronto Oxford University Press, 1960, bl. 250) soos volg geskryf: “In 1694 moes die Regering ’n buitengewoon groot som geld leen om vir die oorlog teen Lodewyk XIV te betaal.”
Willem III het die destyds geweldige som van £1200 000 geleen nie om losbandig te leef nie maar om oorlog te voer. Ons regerings het destyds begrotings gehad wat geklop het omdat ontvangste uitgawes gedek het; in vredestyd hoef hulle nie te geleen het nie. Maar in oorlogstyd moes Konings en Keisers hoed in die hand kom leen by hierdie bankiers wat maar te gretig was om van diens te wees, aangesien hulle die geld van papier gemaak het en verbande in ruil daarvoor ontvang het. Om oorlog aan te hits waar en wanneer hulle kon en dit so veel as moontlik te verleng was ’n winsgewende saak vir genoemde bankiers. Plaaslike oorloë het miljoene ingebring, en wêreldoorloë biljoene.
Om vir Wêreldoorlog I te betaal het die Britse Regering omtrent £6000 miljoen benodig. Hy het dit van hierdie bankiers geleen wat dit uit papier vervaardig en tjekboekkrediet voorsien het. Dit beteken dat deur die Britte oor te haal om aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem hierdie bankiers hulself beloon het met ’n belastingvrye profyt van £6000 miljoen! Met behulp van hierdie oneerlike geldstelsel het hierdie geldsluiters hulle meer verryk as waarvan Croesus kon droom.
W.G. Simpson (op. cit. bl. 622/23) skryf: “Daar is nog meer aan te merk oor hierdie ‘nasionale’ Bank van Engeland. Om mee te begin, die naam self is doelbewus misplaas. Dit was bedrog beplan om vertroue te wek by mense vir wie die bank uit die staanspoor voornemens was om te verraai. Hierdie sogenaamde “Bank van Engeland”, die Federale Reserwebank en alle ander op die oorspronklike Engelse patroon, is en was altyd private instellings wat sake doen vir die voordeel van hul aandeelhouers. Die onderskeie regerings van die lande waarin hierdie banke opereer, het so goed as geen beheer oor hulle nie. Die beleid van elkeen is nog altyd bepaal deur die absolute diktatorskap van sy eie Goewerneur en Raad. Dit doen geen openbare verslag van sy bedrywighede en winste nie, sy lys aandeelhouers kan deur geen buitestaander nagegaan word nie, nie eens deur ’n verteenwoordiger van die nasionale regering nie ...”
Ons glo dat ons in die Weste “vry” is, dat die Amerikaners ’n regering van die volk en deur die volk het, maar geen Amerikaners, selfs senatore, kongreslede of presidente van die V.S.A., mag die name van die aandeelhouers van die nasionale bank, die Federale Reserwebank, weet of openbaar nie, of vra hoekom hulle geen inkomstebelasting betaal op die biljoene wat hulle in deur die vervaardiging van papiergeld nie. Hulle name is slegs aan weiniges bekend; uit vrees vir ontmaskering en vergelding, verkies hulle naamloosheid.
Vervolg...