28 DESEMBER 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In 1 Johannes 5:14 sê hy dat God ons verhoor as ons iets vra volgens God se wil. Calvyn se kommentaar op hierdie vers bring meer duidelikheid wanneer hy sê dat as dit aan elkeen van ons toegestaan wou word om te vra net wat ons begeer, sou daar baie swak na ons omgesien word. Dit sou ook die geval wees as God aan ons wense sou toegee. Want ons weet nie wat vir ons goed is nie. Inteendeel, ons brand van slegte en verderflike begeertes.  Dus is die geheim van verhoorde gebede daarin dat ons niks sal vra wat strydig is met God se wil nie. Daarom moet ons sy wil ken en gehoorsaam.