MONUMENTE WAT LEWE

ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD

Ons is verheug om te kan bekend maak dat ons ‘n verdere twaalf titels toegevoeg het tot die reeks van DVD’s wat deel vorm van ons historiese DVD-projek. Dit bring die totale aantal titels nou op twee en-dertig te staan.

In Suid-Afrika is daar tans ‘n berekende en sistematiese veldtog aan die gang om die sigbare tekens van ons volk se geskiedenis te vernietig. Dit geskied deur die verandering van die name van plekke, strate, berge, damme en riviere en deur die verwydering van standbeelde en monumente. Dit is gerig op die uitwissing van ons historiese bewussyn en op ons uiteindelike permanente verslawing. Iemand het gesê: "Die geskiedenis is die wapen waarmee die oorwinnaar die oorwonnene in permanente knegskap wil hou." Ons het egter nie nodig om dit toe te laat nie.

Ons vyand kan die sigbare getuienis van ons geskiedenis vernietig, maar niemand kan die monumente wat deur middel van beeld en klank op ons hartsnare en ons breinselle gebou word, vernietig nie.

Dit wil ons graag met hierdie DVD-projek bereik. Die dade van manne, vroue en kinders wat, in vertroue op God, hulle lewens en dit wat vir hulle kosbaar was op die altaar geplaas het om vir ons, hulle nageslag, ‘n toekoms te skep, is op hierdie DVD’s vasgelê. Deur saam met u kinders en u kleinkinders daarna te kyk, kan u monumente oprig wat nie afgebreek kan word nie en ons historiese nalatenskap kan voortgedra word tot in die verste geslagte.

Die volgende nuwe titels is bygevoeg:

• Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer

‘n Toneelstuk oor Rudolf Dreyer, die hoofkarakter in die boeke Geknelde Land, Offerland en

Gelofteland van FA Venter, aangevul met beeldmateriaal uit verskeie films.

• Vegkop

‘n Dokumentêr oor die gedenkterrein naby Heilbron waar die slag van Vegkop tussen die

Voortrekkers en Matabeles in Oktober 1836 plaasgevind het. Enkele verwysings na die veldslag self kom ook voor.

• Paul Kruger

Die lewensverhaal van President Kruger, gedeeltelik in drama- en gedeeltelik in dokumentêre vorm.

• Konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog

Die regisseur en kameraman Rudie Rousseau is besig met ‘n dokumentêre reeks oor die

konsentrasiekampe wat tydens die oorlog bestaan het. Ons stel hiermee twee daarvan bekend, naamlik:

- Die Nylstroom Konsentrasiekamp

- Die Springfontein Konsentrasiekamp

• Emily Hobhouse

‘n Tweespraak waarin die rol wat Emily Hobhouse gespeel het om die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe te versag uitgebeeld word, aangevul met beeldmateriaal. Dit is gesien uit Britse oogpunt en aanvullend tot die bestaande dokumentêr.

• Teregstelling van Boereverraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog

‘n Dokumentêr oor die verskynsel van verraad tydens die Anglo-Boereoorlog en die uitwerking daarvan op die psige van ons volk.

• Sons of the Blood

Vertellings deur Boere- en Britse veterane van die Tweede Vryheidsoorlog oor hulle deelname aan gevegte en oor die oorlog in die algemeen, aangevul deur beeldmateriaal.

• Die Vredesonderhandelinge

‘n Drama waarin die verloop van die vredesonderhandelinge te Vereeniging in 1902 uitgebeeld word.

• Koos de la Rey

‘n Drama oor die dood van Genl de la Rey.

• Verspeelde Lente

‘n Drama wat afspeel teen die agtergrond van die armoedetydperk van die Afrikanervolk tydens die dertiger-jare van die vorige eeu

• Ongetwyfeld die Kampioene

n Dokumentêre film oor Suid-Afrika se grensoorlog met beeldmateriaal en inligting oor militëre operasies en verskeie bekende gevegseenhede.

Hieronder verskyn ‘n volledige lys van alle DVD’s wat tans beskikbaar is, met hulle pryse. Op ons webtuiste by www.suidland.com verskyn meer besonderhede oor die die inhoud van die DVD’s en oor die projek in die algemeen sowel as ‘n lys van boeke met meer inligting oor die onderwerpe wat die DVD’s dek.

Ons vertrou dat u hierdie projek sal ondersteun. Daardeur kan u ‘n konkrete, opbouende en positiewe bydrae tot die bewaring van ‘n besondere erfenis en die skepping van ‘n toekoms vir ons kinders lewer.

 

Afrikanergroete

Frikkie Strauss

1 April 2011

 

VOLLEDIGE LYS VAN BESKIKBARE DVD’S

ALGEMENE GESKIEDENIS

Grepe uit SA volksgeskiedenis (Reeks van 3 DVD’s) R150 vir reeks

Die Bou van ‘n Nasie R60

DIE GROOT TREK

Geknelde Land (Reeks van 5 DVD’s) R220 vir reeks

Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer R40

Die Voortrekkers R60

Die Slag van Bloedrivier R60

Die Vegkop Gedenkterrein R40

EERSTE VRYHEIDSOORLOG

Majuba, Heuwel van die Duiwe (Drama) R60

Vannag gaan ek Majuba beset (Dokumentêr) R40

TWEEDE VRYHEIDSOORLOG

Paul Kruger R60

Genl Christiaan de Wet R60

Die Leeu van Wes-Transvaal R120

Danie Theron R60

Gideon Scheepers R60

Teregstelling van Boereverraaiers R120

Die Slag van Magersfontein R120

Konsentrasiekampreeks:

- Nylstroom R40

- Springfontein R40

Emily Hobhouse (Tweespraak) R60

That English Woman (Dokumentêr) R60

Sons of the Blood R60

Die Ruiter in die Nag R60

Sarie Marais R60

Die Vredesonderhandelinge R60

Boere-oorlogherdenking (Malmesbury, 26 Februarie 2000)

(Reeks van 5 DVD’s)

- Verrigtinge

- Erediens – Ds AS Benecke

- Herdenkingsrede – Mnr Jaap Marais

- Lewensskets van Genl Manie Maritz

- Skyfiereeks oor ons geskiedenis R220 vir die reeks

TWINTIGSTE EEUSE GESKIEDENIS

Koos de la Rey (Die dood van Genl de la Rey) R60

Jopie Fourie R60

Verspeelde Lente R60

Africa Addio R60

The Assassination of Dr HF Verwoerd R60

Ongetwyfeld die Kampioene (Grensoorlog) R60

KONTEMPORÊRE GEBEURE

Eugéne Terre Blanche (Begrafnis) R40

Pryse van DVD’s is soos volg saamgestel:

- Nuwe produksies R120

- Kopieë van bestaande produksies (half prys) R60

- DVD’s met minder beeldmateriaal en kwaliteitsbeperkings (een-derde prys) R40

BESTELLINGS EN NAVRAE

• Stuur bestelling na: Posbus 339, Piketberg, 7320 / Faks 022 – 913 1482

of e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

• Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in

• Bankbesonderhede vir inbetalings: Suidland Media, Absa 9244 967 631, kode 632005

• Navrae: 022 – 913 2391 / 082 - 4933 785

• Webtuiste: www.suidland.com