Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God wil hê dat ons soos diamante in sy Koninkryk skitter. Daarvoor word die hitte van beproewing dikwels benodig. Daar sou geen diamante gewees het as daar nie hitte was nie. Sulke beproewing is ook die diamantstof waarmee God sy juwele poets.
WIE IS DIE SKULDIGES (43)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
NOU WIE IS DAN DIE SKULDIGES? (2)
Ons kyk verder na die kalender van gebeure wat aanleiding gegee het tot die uitbreek van die rebellie:
4 November: Genl. Smuts aan die president: Hy het genl. Botha oor die president se werk geraadpleeg. Geen een van huIIe twee kan Pretoria nou verlaat nie. Reis na Bloemfontein sal onder omstandighede n paar dae duur. Vertrou die president se werk sal voorspoedig wees.
Weer 4 November: Van Pres, aan Smuts: Hy vrees Smuts se verre afwesigheid (nl. op Pretoria—Skr.) kan maklik oorsaak van mislukking word.
Op 5 November probeer genl. Smuts telegrafies uitvind waar De Wet is. Die magistraat op Winburg antwoord aan genl. Smuts dat Colin Steyn verwag om genl. De Wet die volgende dag, die 6e êrens op Ventersburgweg te ontmoet en dat Iaasgenoemde dan waarskynlik na Bloemfontein sal gaan. 'n Bevestiging daarvan deur die Magistraat van Lindley en van die polisie te Kroonstad.
Op 6 November: Pres. Steyn aan genl. Smuts: Genl. De Wet en Colin Steyn het nog nie aangekom nie, tot sy Ieedwese. Moontlik deur reën verhinder. Uit 'n sertifikaat van komdt. Prinsloo en Brand Wessels blyk dit dat De Wet nog vasbeslote was om te kom. Pres. Steyn verwag hom enige oomblik.
En nog op 6 November van pres. Steyn aan genl. Smuts: Genl. De Wet en Colin Steyn nog nie aangekom nie. Het so pas genl. Hatting, Brand Wessels en dr. Loubscher gestuur om huIIe te soek. Ondertussen bly genl. Hertzog by pres. Steyn, sodat huIIe nie nodig het om tyd te verloor nie, na De Wet arriveer.
7 November: Van genl. Smuts aan die president: Beyers is die vorige dag tussen BIoemhof en Wolmaransstad gevind. Het hom vrygeleide na die president gegee. Smuts weet nie of hy daarvan gebruik sal maak nie. Vertraging van De Wet tesame met aktiwiteit van sy kommando’s maak saak byna hopeloos. Gevegte het al op Kroonstad begin om vernietiging van spoor en opblaas van brue teen te gaan.
(Drie dae voor genl. Beyers "skielik gevind" is, naamlik op 4 November, het genl. Smuts vir prokureur Meintjes gestuur, wat samesprekings met genl. Beyers geKhad het en op die 5de is die magistraat van Wolmaransstad, ook as afgevaardigde van genl. Smuts, met genl. Beyers in onderhandeling. Regeringstroepe was al van 27 Oktober af voortdurend in aanraking met genl. Beyers se kommando—Skr.).
Nog op 7 November telegrafeer Colin Steyn van Winburg af aan genl. Smuts in Pretoria: Genl. De Wet dring daarop aan dat Beyers en Kemp teenwoordig moet wees op Onze Rust (die president se woning—Skr.) op Dinsdag 10 November. Sy offisiere het, soos Colin Steyn verneem, hom eenparig gevra om te gaan. Hy wil hê Colin Steyn moet tot Maandag (die 9de) wag, maar oordeel dit raadsaam om na Bloemfontein te gaan. Hy versoek Colin Steyn toe of hy Maandag sou terug kom. As De Wet daartoe beweeg kan word om nie meer verder te trek nie en daar enige moontlikheid bestaan om Beyers en Kemp te vind, is daar nog kans vir vrede. (Colin Steyn is dus ook onder die indruk gebring dat genl. Smuts nie geweet het waar genl. Beyers was nie!— Skr.).
Nog op 7 November pleit pres. Steyn (in 'n telegram aan genl. Smuts) om tog te sorg dat 'n botsing vermy word en dat genl. Smuts geen aanval moet Iaat maak op die kommando’s van genl. De Wet nie, as Iaasgenoemde van sy mense af weg is na Bloemfontein vir onderhandelings. Daarop antwoord genl. Smuts dadelik aan die president dat genl. De Wet volgens onderskepte briewe nog maar altyd besig is met sy planne, in weerwil van die president se pogings. Colin Steyn (voeg genl. Smuts daarby) het daardie selfde oggend van Winburg af na Bloemfontein vertrek. "Hy heeft zick uiterst braaf en patrioties gedragen”. De Wet ruk nog vorentoe. Vrees dat sy houding saak hopeloos maak.
Op hierdie dag, Saterdag / November, trek komdt. Cronje met regeringstroepe op van Winburg af, "gereed om rebelle te beveg.”
Op 7 November stuur pres. Steyn nog twee telegramme aan genl. Smuts. Die een eindig dat hy bly sal wees as Beyers aankom. Moontlik kan hom die kans daarvoor gegee word. "Misschien zal daarvoor 'n deur geopend worden. En daarna dat Colin Steyn aangekom het. Na pres. Steyn sy rapport aangehoor het, het hy besluit om Charles Fickardt en Colin dadelik na De Wet te stuur om kom daarheen te bring. Pres. Steyn vra genl. De Wet om sy kommando’s so te Iaat trek dat hulle nie met regeringstroepe in botsing kom nie. Hy vra om dergelike instruksies en veral om te sorg dat daar geen aanval op sy burgers gemaak word solank as hy afwesig is nie. Pres. Steyn sou persoonlik gaan, maar hy is te siek. Die spanning van die Iaaste dae was te veel vir hom. Colin sal nog dieselfde dag probeer om Beyers in die hande te kry.
Daarop antwoord genl. Smuts, nog steeds op 7 November: Uit rapporte van De Wet opgevang blyk daar dat De Wet met sy planne aangaan, in weerwil van al pres. Steyn se pogings. 'n Rapport het ook ingekom dat kol. Lemmer dieselfde dag 'n geveg gehad het naby Hoopstad en 350 van Beyers se kommando gevang het. — Baie jammer om te hoor van die president se slegte gesondheidstoestand.
Sondag 8 November: Geveg van Doornberg drie uur te perd noord van Winburg. Tien van genl. De Wet se burgers gedood, onder wie sy seun Danie. Genl. De Wet self verloor amper sy lewe.
Nog 8 November: Genl. Smuts aan pres. Steyn: Toe Colin hier was in verband met behandeling van rebelleleiers in geval van onvoorwaardelike oorgawe (kyk "streng konfidensiële rapport” en telegram van 27 Okt.—Skr.) het daar nog geen openlike vyandeIikhede plaasgevind nie. Maar De Wet en Beyers het hulle besoek aan pres. Steyn baie vertraag en ondertussen is oorlog openlik uitgebreek. Gevegte is gelewer, eiendomme verniel, menselewens het verlore gegaan. Vandag nog is die Winburg-kommando onder Cronje verniel. Onder hierdie omstandighede is toestand sodanig verander dat Smuts vrees, die verbitterde gevoelens sal nie gedoog dat vernaamste Ieiers sonder straf sal vryspring nie.
9 November: Pres. Steyn aan genl. Smuts: Genl. De Wet weier nou om te kom. Rapport van Fickardt en Colin Steyn omtrent geveg by Doornberg. Op genl. De Wet is geskiet met noodlottige gevolge. Colin is toe nie na Beyers nie. Daar sal dus geen byeenkoms meer plaasvind nie. Poging tot pres. Steyn se droefheid misluk, maar sal geduldig moet wag vir nuwe kans. As daar geen bloedvergieting in Vrystaat en Transvaal plaasgevind het nie, het pres. Steyn nog altyd hoop gehad op uitweg, daarom was hy so uiters begerig dat nie met geweld opgetree sou word nie. Verneem dat rooikruisreëling by burgers onder wapens sleg is. Kan Smuts nie iets doen om in die behoefte aan ambulanshulp te voorsien nie, om die Iyding van ons arm mense te versag?
9 November: Charley Fickardt rapporteer aan pres. Steyn dat genl. De Wet op Donderdag 12 November by hom sal wees.
9 November: Genl. Smuts aan die president: Sal sy bes doen om ambulansreëlings te verbeter — na al die vertragings was daar miskien niks anders as om te verwag nie (dat die onderhandelings sou misluk).
10 November: Pres. Steyn aan genl. Smuts: Beyers so pas daar aangekom. Dit sal goed wees as Smuts aan Beyers vrygeleide gee na genl. De Wet. Raai ten sterkste aan dat regering 'n breë politiek van vergewensgesindheid volg, anders is ellende nie te voorsien nie. Genl. Hattingh daardie middag by pres. Steyn aangekom en rapporteer dat toestande erger is as wat 'n mens dink. Sal Smuts tog so goed wees om pres. Steyn so spoedig moontlik te telegrafeer of hy aan genl. Beyers 'n vrygeleide kan stuur (om na genl. De Wet te gaan).
11 November: Genl. Smuts aan die president: Genl. Botha is afwesig van Pretoria. Het hom inhoud van Pres, se telegram gestuur.
11 November: President aan genl. Smuts: Wanneer sal hy aan pres. Steyn antwoord kan stuur?
11 November: Genl. Smuts aan kaptein Brink (stafhoof Bloemfontein) : Laat Beyers terugneem na sy kommando. Genl. Smuts het geweier om hom na De Wet te Iaat gaan.
11 November: Genl. Smuts aan Verdedigingsmag, Bloemfontein: De Wet het eindelik geweier om gehoor te gee aan president Steyn. Regering het nou krygsoperasies in Vrystaat begin met baie sterk magte van Vereeniging na Bloemfontein en hoop met magte onder hulle bevel wet en orde te kan berstel, soos hulle reeds in Transvaal gedoen het.
Donderdag 12 November. Dag waarop genl. De Wet onderneem het om pres. Steyn te besoek. Genl. Botha val met dagbreek skielik vir genl. De Wet aan "met baie groot magte” op Mushroom Valley en verja hom.
Donderdag 16 November: President aan genl. Smuts: Brand Wessels het so pas teruggekom van genl. De Wet en rapporteer dat genl. De Wet gewillig is om na pres. Steyn te kom as hy vrygeleide kan kry en ook vrygeleide aan genl. Beyers gestuur kan word. Doel is om onderhandelinge aan te knoop om te sien of daar 'n weg gevind kan word om vrede te kry. Dit Iyk of hy veral wil probeer om sekere griewe van die burgers herstel te kry. Pres. Steyn vertrou dat die regering van hierdie gunstige geleentheid gebruik sal maak, want hy is oortuig daarvan dat hulle op pad is om 'n vreedsame oplossing te verkry. Die onderhoud sal in pres. Steyn se teenwoordigbeid plaasvind, waardeur genl. Smuts se beswaar weggeneem word. (Naamlik dat genl. De Wet, volgens genl. Smuts die onversoenlike, vir genl. Beyers sal opsteek.—Skr.). As van hierdie kans nie gebruik gemaak word nie voorsien pres. Steyn 'n ellende van bloedvergieting, wat jare kan duur. Moet tog nie weier nie. Dit was swaar om genl. De Wet oor te haal om na pres. Steyn te kom. Genl. Smuts moet telegrafeer as hy instem en hy vra asseblief aparte vrygeleides vir altwee die generaals en ook vir Brand Wessels om vrygeleide aan genl. De Wet te besorg en hom hierheen te bring.
Dieselfde dag, 16 November: Sterk regeringsmagte val genl. De Wet aan by Virginia en dryf sy kommando’s in dele uitmekaar.
Hier eindig die drama van onderhandelings. In die vier Iaaste telegramme wat tussen president Steyn en genl. Smuts gewissel is, kla die president oor " ’n blinde noodlot, wat soos dit Iyk al die planne (vir vrede) in die war stuur.”
Die 'epiIoog' bestaan uit die vier hierbo bedoelde depeches, waarvan die inhoud as volg is:
Op 17 November blameer genl. Smuts (in sy antwoord op die telegram wat president Steyn die vorige dag gestuur het) vir genl. De Wet, wat "botweg geweier het om na u te gaan.” Hoe graag die regering vrede op eerbare wyse wil hê en verdere bloedvergieting vermy, die krygstoestand het te ernstig geword om van regeringsweë die konferensie toe te Iaat. Die regering het sy posisie duidelik gemaak deur die verspreiding van 'n kennisgewing met die voorwaardes waarop rebelle hulle vrywillig kan oorgee. Daar bestaan onder die publiek bitterheid oor die ligtheid van daardie voorwaardes, en as dit aan die rebelle toegestaan word om vrede af te dwing, kan die toestand nog erger en noodlottiger word. OnvoorwaardeIike oorgawe op die basis van die Eerste Minister se terme is noodsaaklik met dien verstande dat daar op die oomblik geen voorneme bestaan om die doodstraf op die Ieiers toe te pas nie. Waarskynlik sal generaals De Wet en Beyers mekaar ontmoet en dan kan hulle ondermekaar van gedagte wissel.
Die president druk die volgende dag sy diepe teleurstelling uit: maar aangesien die verantwoordelikheid op die regering rus, is dit nie vir my om huIIe houding te beoordeel nie. Hy wys genl. Smuts daar verder op: dat die feite deur hom vermeld nie duidelik die ware verloop van sake teken nie. Genl. Beyers het gesê: as genl. De Wet kom, sal ek ook kom, maar voordat genl. Hertzog en Colin Steyn vir genl. De Wet kon bereik, het die regering 'n aanval op hom gemaak, ofskoon ek gevra het dat so iets nie gedaan moes word nie. Daardie optrede het genl. De Wet ongetwyfeld beïnvloed in sy houding. Dit was nie net 'n uitvlug van hom om tyd te win nie. Genl. De Wet sal geen onwaarheid praat nie. Ek het eerlik probeer om die ramp van ons land af te keer. Mag om te handel, het ek nie en my raad word nie altyd aangeneem nie. Ek stuur Brand Wessels met 'n kopie van u telegram aan genls. De Wet en Beyers, sodat huIIe direk met u kan onderhandel, as huIIe dit verkies. Wees tog so goed om dadelik instruksies te gee, dat Wessels in staat gestel word om dit te kan doen.
Op die 19de telegrafeer genl. Smuts weer aan die president: dat die botsing tussen die kommando’s van Cronje en De Wet by Doornberg van altwee kante 'n blote toeval was, maar dit wys hoe onvermydelik vyandelikhede word, as kommando’s teen mekaar in die veld is. As die president die datums vergelyk van genl. Botha se brief aan die president en genl. De Wet se finale weiering om na Onze Rust te gaan, sal die president sien hoe geduldig genl. Smuts-huIIe was. Genl. De Wet het onder die dekmantel van private onderhandelings toegelaat dat die hele noordelike Vrystaat ongesteurd in sy besit geneem is. Genl. Smuts-hulle se gedrag was net: om die eer van huIIe volk te red en die ramp van 'n burgeroorlog te voorkom. Baie mense het, deurdat die president stilgebly het, op 'n dwaalspoor geraak. Dit was die dure plig van alle voormanne, wat nie aan die rebellie deelneem nie, om hulle sienswyse aan die hele volk bekend te stel. Dit spyt genl. Smuts dat huIIe die gevraagde vrygeleide aan Brand Wessels nie kon gee nie. Maar die regering sal 'n afskrif van genl. Smuts se Iaaste telegram aan genls. De Wet en Beyers vir huIIe inligting meedeel.
Genl. Botha wat daardie dae in Kimberley was om kommando’s daar saam te trek, het genl. Smuts gelukgewens: "U telegram aan Steyn staan op pote en is na my hart.”
Die slotwoord was van die president aan genl. Smuts, waardig en beleef, maar reguit, soos altyd.
Die president bedank genl. Smuts (op 20 November) vir sy vriendelike telegram. Dit Iyk of 'n blinde noodlot al die planne in die war stuur. Die weiering van die regering om 'n konferensie toe te Iaat, slaan 'n ander plan om vrede te bewerk in duie. Die weiering om Brand Wessels 'n vrygeleide te gee, sal 'n sterk invloed ten gunste van vrede wegneem. Die president sê hy kon in die begin nie openlik tot die volk gaan nie, omdat dit die regeringsbeleid was om Duitswes in te val. En noudat die politiek is om onverbiddelik straf uit te deel, kan hy nie spreek nie, omdat hy vrees dat daardie politiek huIIe in nog groter ellende sal stort. Hy wil genl. Smuts of die regering nie beskuldig dat hulle inderhaas gehandel het in die Vrystaat nie, en ook wil hy genl. De Wet nie verskoon nie. Maar die tyd wat hy gewen het, is deur die regering gebruik om groot troepemagte in sy omgewing saam te trek, en die president se versoek om nie aanvallend op te tree nie was ook vir Transvaal bedoel. Die geveg by Doornberg was aan die kant van Cronje geen blote toeval nie. Genl. Hattingh wat daar was, verklaar dat genl. De Wet nie geweet het dat Cronje by Doornberg was nie. Hattingh het deur die regeringsveldkornet Botha vir Cronje Iaat vra om tog terug te trek of opsy te gaan; en hy het hom gesmeek om hulle nog twee dae tyd te gee om vrede te bewerkstellig. Maar aan daardie versoek is nie voldoen nie.
Ten slotte verseker die president vir Smuts dat sy bedoeling nie was om kritiek op Smuts se politiek of sy dade uit te oefen nie, maar net om sy plig te doen, soos hy dit voel. As hy daardie plig verkeerd opgevat het, sal hy die blaam daarvoor moet dra. Hy herbaal dit, dat hy die weiering om Brand Wessels 'n vrygeleide te gee na genls. De Wet en Beyers, diep betreur.
Vervolg...