NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waaraan dink u die meeste? Is die sorge van die lewe gedurig in u gedagtes? Jesus sê in Lukas 21 dat ons vir onsself moet oppas dat ons nie deur sorge en ander dinge beswaard word nie want dan kan sy wederkoms ons dalk oorval en ons onvoorbereid daarvoor sal wees. Los die aardse sorge waar hulle is en getuig en praat voortdurend oor Jesus sodat Hy die hoofplek in u gedagtes kry.

DE WET (12)

Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier

Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET

Op 15 Mei kom die afgevaardigdes almal op Vereeniging bymekaar en die vergadering begin. Drie dae lank word die toestand van sake bespreek. Kmdt.-genl. Louis Botha en sy generaals in dieTransvaal, genl. De Wet en van sy leiers in die Vrystaat en genl. Smuts wat in Kaapland opgetree het, doen verslag. Die prent is donker, want plase is verwoes, veestapels en landerye is vernietig,die sterftesyfer in die konsentrasiekampe het gestyg tot meer as ses-en-twintigduisend, en voortdurend word nog steeds groepies burgers gevange geneem. Onder leiding van die National Scouts tree die vyand ook steeds doeltreffender op.

Aan die ander kant word daarop gewys dat in Engeland self daar ’n groeiende teenstand van die opposisiepartye teen die oorlog is, dat Engeland oorlogsmoeg is en waarskynlik nie langer as nog ’n jaar die verskriklike uitgawe sal wil aangaan nie. Die burgers wat nog veg is bittereinders, die swakkelinge en verraaiers het uit hulle geledere verdwyn. Daar is nou geen rede om minder geloof te hê in die uiteindelike oorwinning as toe die oorlog begin het nie.

Ongelukkig vir die Vrystaters is pres. Steyn baie siek. Hulle moet nou die leiding van hierdie man met die rotsvaste geloof en ysere wil ontbeer. Aan die moontlikheid dat die Republieke hul vryheid moet prysgee, dink hy nie eens nie.

Uiteindelik kies die afgevaardigdes ’n komitee bestaande uit Louis Botha, C. R. de Wet, J. H. de la Rey, J. B. M. Hertzog en J. C. Smuts om met Kitchener en Milner in Pretoria te gaan onderhandel. Hierdie onderhandelinge duur elf dae, want die Boere stry verbete vir hulle regte. Toe die voorgestelde terme op die tafel kom, trek Smuts dadelik die dokument nader. Die opskrif lui: act of surrender. Hy verander dit na act of peace. Nog Kitchener, nog Milner waag dit om hierteen te protesteer.

Die stryd om die behoud van hulle vryheid is hopeloos. Hier wil die Britse Regering geen toegewing maak nie. Met die beste voorwaardes wat hulle kan verkry, soos die behoud van taalregte en vergoeding van R6 000 000 vir die herstel van oorlogskade, gaan die kommissie terug na Vereeniging. Al die afgevaardigdes moet nou vir of teen die aanname daarvan stem.

Pres. Steyn is teen die aanname, maar hy is dodelik siek. "Ek is soos een wat ’n dodelike wond gekry het. Ek kan in die stryd nie meer meedoen nie en daarom het ek miskien nie die reg om te spreek nie.” Hy lê dan ook sy amp neer en genl. De Wet word as waarnemende staatspresident aangestel.

Op die vergadering is dit duidelik dat daar ’n groot verskil van mening is. Genl. Botha en baie van sy volgelinge voel dat die bittere einde aangebreek het, maar De Wet, De la Rey en Beyers voel dat die vryheid nie prysgegee kan word nie. Dit word duidelik dat die verskil kan lei tot 'n volkskeuring. Die feit dwing De Wet en De la Rey ook om te swig.

Aan die wat nog sê dat die stryd in geloof voortgesit moet word, sê De la Rey: "Geloof? Wat is geloof? Dit is: Laat Here, u wil en nie my wil nie, geskied! . . . Julle kan aanhou veg, maar die toekoms is donker en sonder hoop.”

De Wet roep die Vrystaters byeen. Hy dink aan pres. Steyn se laaste woorde van advies aan horn; dat hy liewer moet instem tot vrede as om toe te laat dat die volk skeur. Hy, die onbreekbare, moet nou sy getroue volgelinge en kamerade oorreed om die vredesvoorstelle te aanvaar. Onder die wat by De Wet byeen is, is ds. J. D. Kestell. Hy vertel later:

"Ek sien horn nog, die onbuigbare man, met sy deurdringende oë, sy sterke mond en ken - ek sien horn nog daar, soos ’n leeu in ’n hinderlaag vasgekeer. Hy wil nie, hy kan nie, maar hy moet die stryd opgee.

"Watter aandoening was dit daar! Ek het daar die lippe gesien beef van manne wat nooit vir ’n vyand gebeef het nie. Ek het daar trane gesien wat opwel in oë wat droog was toe hulle hul dierbaarste in die graf gesien wegbêre het.”

Met 54 stemme teen 6 word die terme van die vredesverdrag deur die sestig afgevaardigdes aanvaar. Dieselfde aand word die lede van die twee regerings per trein na Pretoria geneem waar hulle lord Kitchener en lord Milner ontmoet.

Hulle neem plaas aan ’n lang tafel. Aan die hoof sit Kitchener en Milner. Aan die regtersy sit waarn. pres. De Wet, dan genls. Olivier en Hertzog en staatsekretaris Brebner.

Oorkant hulle sit die Regering van die Z.A.R. - waarn. pres. Burger, staatsekretaris Reitz, genls. Botha en De la Rey, die heer J. Krogh en oud-genl. Lucas Meyer.

Om vyf minute oor elf plaas die waamemende staatspresident van die Transvaal, Schalk Burger, sy handtekening op die verdrag. In stilte teken die ander Transvalers. Die dokument word oor die tafelblad na Christiaan de Wet geskuif, maar die pen bly vergete. Hy hou sy hand uit daarvoor en sê:  "Gee my die pen waarmee ek die graf van my volk se vryheid moet grawe.”

Laaste van almal teken Kitchener en Milner.

Die stilte is oorweldigend.

Na ’n paar oomblikke staan almal op om die saal te verlaat.

Lord Kitchener gee elkeen die hand.

"We are good friends now!” sê hy.

De Wet stap uit die donker nag in. Nog ’n bittere taak wag op hom. Hy moet nou van kommando na kommando gaan en hulle die wapens laat neerlê. Hy vertel:

"Op die 5de Junie lê die eerste kommando die wapens neer naby Vredefort. Watter onbeskryflike oomblik was dit vir my en elke burger om ons onskatbare onafhanklikheid so te moet prysgee. Ek het menigmaal by die sterfbed en by die teraardebestelling gestaan van die wat my die naaste aan die hart lê: vader, moeder, broer, vriend, vriendin—maar wat ek dan ondervind het, kan nie vergelyk word hiermee nie, waar ek die begrafnis van my volk aanskou het.”

By ’n ander geleentheid is sy gemoed so vol dat hy moet swyg.  Al wat hy na ’n rukkie kan sê, is: "Lê neer julle wapens en laat ons saam die donker toekoms ingaan.” Terwyl trane oor sy wange loop, draai hy weg en gaan sit op ’n miershoop met sy hoof tussen sy hande.

In De Wet, soos in baie ander, leef die wil dat die volk weer moet opstaan en dat die vryheid herwin moet word, maar die magte teen hulle lyk oorweldigend.

In die eerste plek is die volk verskeur. Daar is bitterheid teen diegene wat die vyand gehelp en hulle volk verraai het. Daar kom ook 'n vloedgolf van vreemdelinge die land binne wat lyk of hulle die Boerevolk gaan verswelg. In die staatskantore en die skole word die taal van die volk verdring en op geen gebied het die Afrikaner seggenskap nie. In Kaapland word die rebelle selfs die stemreg ontneem.

Veral mis De Wet in hierdie dae die bystand en raad van pres. Steyn saam met wie hy soveel deurgemaak het. Die oud-President se gesondheid is so dat hy vir behandeling na Nederland geneem is.

Om uiting te gee aan hulle ontevredenheid begin die mense protesvergaderings te hou. Hierin neem die Generaal ’n leidende aandeel. Hulle stig die Orangia-Unie en betoog vir selfregering, moedertaalonderrig in die skole, meer spoorweë en hulp aan die boere. Ook in die Transvaal begin ’n politieke herlewing en onder leierskap van genl. Louis Botha word die party, Het Volk, gestig om te stry vir hulle regte.

Te midde van al hierdie woelinge kom daar ’n kabelgram dat pres. Kruger stil op 14 Julie 1904 oorlede is. Deur die jare het hy gegroei tot ’n grootse simbool van die Afrikaner se worsteling om te groei tot ’n vrye volk. Sy dood laat die volksgevoel dwarsoor die land nuut en helder gloei.

Die ou President se stoflike oorskot word met 'n Nederlandse skip na Suid-Afrika gebring. In Kaapstad lê dit ’n week lank in staatsie en duisende word die geleentheid gebied om aan sy nagedagtenis hulde te bring. Daarna word die begrafnis op Pretoria gehou.

By hierdie geleentheid lees genl. Botha 'n boodskap voor wat die gryse ou staatsman kort voor sy afsterwe tot sy volk gerig het. Dit bevat die bekende gevleuelde woorde:

"Want wie zich een toekomst scheppen wil, mag het verledene niet uit het oog verliezen. Daarom: Zoekt in het verledene al het goede en schoone, dat daarin te ontdekken valt, vormt daarnaar uw ideaal en beproeft voor de toekomst, dat ideaal te verwezelijken.”

By hierdie plegtige geleentheid tree genl. De Wet ook op as spreker. Hy kom voor Botha aan die woord en is onbewus van wat in die boodskap staan. Op treffende wyse spreek hy dieselfde gedagte uit:

"Die Afrikaanse volk moet die verlede nie vergeet nie . . . Wee hom wat die verlede nie voor oë hou nie! Die Afrikaanse volk word opgebou op sy geskiedenis. Wee hom wat hierdie opbou van die Afrikaanse nasie wil verstoor! Ek sê: Wee hom! en dit sê God ook!”

Almal wat die begrafnis bywoon, voel dat die volk weer sal opstaan. Die kis is bedek met ’n vierkleur en oral langs die roete waar die lykstasie beweeg, wapper ook net die ou Transvaalse vlag. Dit alles bring die vryheid wat was in pynlike herinnering en dien as spoorslag om ’n nuwe vryheid te wil verwerf.

In Engeland is nou ook ’n nuwe party, die Liberale Party, aan bewind. Hulle was die Boere altyd goedgesind en wil graag vergoed vir die verontregting wat teen die twee Republieke gepleeg is. Die nuwe Eerste Minister, Henry Campbell-Bannerman, word dan ook deur genl. Smuts oortuig dat as die twee nuwe kolonies selfbestuur kry, hulle lojaal binne die Britse Ryk sal bly. So kry die Transvaal in 1906 en die Vrystaat in 1907 verantwoordelike bestuur. In die verkiesing wat plaasvind, behaal die Orangia-Party ’n oorweldigende meerderheid. Abraham Fischer word Eerste Minister, genl. Hertzog Minister van Onderwys en Justisie en genl. De Wet word Minister van Landbou.

Omdat hy nou gereeld op kantoor moet wees, huur genl. De Wet die plaas Leeuberg naby Kaalspruitstasie. Hiervandaan kan hy maklik heen en weer met die trein Bloemfontein toe ry. Die boerdery op Rooipoort laat hy in die hande van sy seuns.

Alhoewel administratiewe werk en die gebonde lewe wat dit vereis vir die Generaal vreemd is, doen hy sy portefeulje eer aan. Onder sy leiding word wette aangeneem om boere-koöperasies te bevorder, besproeiing aan te moedig, peste en wilde diere te bestry en die bokhaarbedryf te beskerm. Oud-president Steyn het ook reeds ’n paar jaar vantevore uit Europa teruggekeer. Sy gesondheid is nog steeds so geknak dat hy nie normaal kan werk nie en dit verskaf genl. De Wet groot genoeë om in die Volksraad voor te stel dat sowel Steyn as oud-pres. Reitz pensioene moet ontvang.

In 1908 begin die gedagte van ’n nouere verbintenis tussen die vier kolonies in Suid-Afrika sterk veld wen. Die Vrystaatse Regering besluit om ook hierdie beweging te steun en so word genl. De Wet een van die verteenwoordigers op die Nasionale Konvensie wat moet werk aan die samestelling van die grondwet van die toekomstige Unie van Suid-Afrika. Hiertoe lewer hy dan ook ’n wesenlike positiewe bydrae soos verskeie mense, waaronder sir James Molteno, Speaker van die Kaapse Parlement, later sou getuig.

Toe die Konvensie op ’n keer in Kaapstad byeenkom, word die lede uitgenooi na die Paarl en hulle besoek die groot rots op Paarlberg. Hier staan ’n ou kanon uit die tyd van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie. Aan genl. De Wet word die eer bewys om die kanon af te vuur en ’n toesprakie te maak.

"Waar is die man wat teen die Unie is?” sê hy kort en bondig. ”Laat hom hier voor die kanon kom staan sodat ek hom kan wegblaas!”

Daarop steek hy die kruit in die pan aan die brand en die skoot dawer oor die vallei.

Die voorsitter van die Konvensie, sir Henry de Villiers, is daarop baie ingenome met die Generaal se optrede en sê openlik dit is die beste toespraak wat maar gemaak kon word.

Op 20 September 1909 keur die Britse koning, na goedkeuring deur sy parlement, die Suid-Afrika-wet goed. Op 31 Mei 1910 sal die Unie van Suid-Afrika tot stand kom. ’n Voorlopige regering word eers deur die Goewerneur-generaal aangestel en toe word daar verkiesing gehou. Louis Botha, die waamemende Eerste Minister, is ook leier van die Suid-Afrikaanse Party en hulle veg die verkiesing teen die Unioniste en die Arbeiders. Toe die uitslae bekend word, het die S.A.P. meer as die helfte van die setels gewen en kom die party met Botha as Eerste Minister, aan die bewind.

Genl. De Wet weier egter om hom beskikbaar te stel vir die nuwe regering en trek hom terug op sy plaas Allanvale naby Memel. Dit wil voorkom asof hy nou die res van sy dae rustig as boer gaan deurbring, maar dit is nie so nie. Een van die grootste dramas waarin hy ’n leidende rol sal speel, wag op hom en op die Afrikanervolk.

Dit begin alles toe dit blyk dat die eensgesindheid in die Kabinet nie so groot is as wat aanvanklik gemeen is nie. Genl. Hertzog, die Minister van Justisie en Naturellesake, voel dit nie eens met Botha, Smuts en sy ander kollegas in die kabinet oor die Unie se verhouding met Groot Brittanje nie. Hy is daarvan oortuig dat daar te veel mense in Suid-Afrika is wat Brittanje en die Britse Ryk ten koste van hulle eie land aanhang. Die S.A. Party moet hom sterker beywer om ’n suiwer Suid-Afrikaanse nasionalisme te ontwikkel.

By verskeie openbare vergaderings stel Hertzog sy saak, maar dit is eintlik in Desember 1912 by De Wildt waar hy een van die grootste politieke toesprake in ons geskiedenis lewer. Hier sê hy dat die Rykspolitiek vir hom alleen van belang is as dit vir Suid-Afrika nuttig is; so nie, is hy daarteen gekant. Te alle tye moet die beleid wees: Suid-Afrika Eerste!

Veral die Engelssprekendes, maar ook baie gematigdes word deur hierdie standpunt afgeskrik en Hertzog se sienswyse word boonop verkeerd voorgestel en verkeerd verstaan. Dit lei tot so ’n krisis, dat genl. Botha die kabinet ontbind en toe weer opnuut saamstel met die weglating van Hertzog.

Hertzog se standpunt vind egter onmiddellik weerklank by De Wet en ook by pres. Steyn.  De Wet begin dadelik ’n reeks vergaderings hou om Hertzog te steun. Die belangrikste een vind plaas toe ’n betoging ten gunste van Hertzog in die Prinsespark in Pretoria gehou word. Die enigste beskikbare verhoog is 'n mishoop. Dit bied De Wet die geleentheid om sy bekende woorde te uiter: "Ek wil liewer met my volk op ’n mishoop as in die paleise van die Britse Ryk verkeer.”

In Mei 1913 word die Vrystaatse kongres van die S.A.P. gehou. Hier word Hertzog se standpunt met ’n geweldige meerderheid aanvaar. Die uniale kongres, waarop afgevaardigdes uit al die provinsies teenwoordig sal wees, lê egter nog voor. Dit word in November van dieselfde jaar in Kaapstad gehou. Genl. De Wet is vanselfsprekend een van die Vrystaatse afgevaardigdes.

Die standpunte van Hertzog en Botha word heftig bespreek. Met ’n meerderheid van 131 stemme teen 90 keur die kongres Botha se standpunt en optrede goed. Daar is stilte in die saal terwyl Hertzog sy dokumente bymekaarsit, dan staan hy op en verlaat die saal. Oral in die saal volg sy ondersteuners sy voorbeeld.

By die deur draai De Wet om en stap ’n entjie terug die vertrek binne. Hy lig sy hand en groet die agterblywendes met een woord:

"Adieu!” — vaarwel. Die breuk met die S.A. Party en sy ou oorlogskamerade is finaal. Die eerste stap tot die stigting van ’n nuwe party, die Nasionale Party, is gedoen. In Januarie 1914 word hierdie party dan ook op ’n kongres in Bloemfontein gestig.

Nadat De Wet in November van die Kaap af terugkeer, moet die stryd egter eers ter syde gestel word. Daar wag ’n groot gebeurtenis op die Afrikanervolk. Op 16 Desember 1913 word die Vrouemonument waarvan die gedagte by pres. Steyn ontstaan het, op Bloemfontein onthul. Genl. Botha en genl. De Wet tree albei as sprekers by hierdie grootse, plegtige geleentheid op.

Op versoek van pres. Steyn gedra die 20 000 hulle plegtig en waardig soos die geleentheid vereis. Die toesprake van die sprekers word nie deur enige applous gevolg nie. Toe De Wet egter die verhoog betree, is dit asof daar ’n vloedgolf deur die menigte gaan en hy word met spontane toejuiging begroet. Dit was moeilik om die ander sprekers so in die opelug te hoor, maar toe De Wet begin praat, dring sy kragtige stem deur tot selfs by die wat op die koppies om die monument plaasgeneem het: "Toe die storm gister so woed, het die gedagte by my opgekom dat ons dierbare afgestorwenes sulke storms in die kampe deurworstel het. Vandag is daar ’n buitengewone stilte en dit bring nou ’n ander gedagte in my: dat ons heldinne, ná die storm, in heerlike stilte verkeer ...”

Toe die aandskaduwees daal en die dankgebed en die seën deur die stilte opklink, voel twintigduisend manne, vroue en kinders dat daar nog nooit só ’n Geloftedag gewees het nie.

So sluit die jaar 1913 af.

Niemand daar kan dink wat in die skoot van die nuwe jaar verborge is en op hulle wag nie. Die minste van almal kan Christiaan De Wet droom oor watter lot op hom wag.

Vervolg

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1086 gaste aanlyn