NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoordigng moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

TWAK MET AFRIKANER VERSUS BOER!

Dr Mike du Toit

Vir sommige mense is dit deesdae oënskynlik belangrik om te probeer bewys dat die Afrikaanssprekende Blanke bevolking van Suid-Afrika in werklikheid uit twee volkere, naamlik Afrikaners en Boere, bestaan.  Vanuit ‘n volkekundige oogpunt is dit natuurlik heeltemal onwaar en in die huidige politieke tydstip van ons volk se geskiedenis totaal onvanpas.

Definisie van ‘n volk

Alvorens die aangeleentheid van naderby bekyk word, moet ons eers probeer bepaal wat ‘n volk is.

‘n Volk is ‘n groep mense wat van ander groepe mense onderskeibaar is op grond van gemeenskaplike faktore soos ras-identiteit, bloedverwantskap, taal, kultuur en geskiedenis.

Daar is ‘n groot verskil tussen die begrippe volk en nasie.  ‘n Nasie is ‘n groep mense wat binne die grondgebied van ‘n bepaalde staat woonagtig is en dus onderworpe is aan die gesag van die betrokke regering.  Daar is dus nie noodwendig gemeenskaplikheid van ras, taal, kultuur en geskiedenis nie.  Daar is dus ‘n Suid-Afrikaanse nasie, maar nie ‘n Suid-Afrikaanse volk nie.

Daarteenoor is die Duitse volk nie in ‘n enkele staat saamgebind nie, hulle woon in meer as een staat, naamlik Duitsland, Oostenryk en Switserland.  Verder woon daar ook groot Duitse gemeenskappe in byna alle aangrensende Europese lande tot so vêr oos as Rusland en in ander wêrelddele soos Namibië en Argentinië.

‘n Mens verloor nie sy volksidentiteit wanneer hy na ‘n ander land migreer nie.  Gewoonlik behou so ‘n persoon sy identiteit en soos wat sy kinders en kleinkinders algaande by die nuwe gemeenskap inskakel, verloor hulle geleidelik hul oorspronklike identiteit en word mettertyd deel van die nuwe gemeenskap.

‘n Volk is dus ‘n objektiewe gegewe.  ‘n Portugees kan nié ‘n Duitser wees nie, net so min as wat ‘n Duitser ‘n Portugees kan wees.  Wat wel kan gebeur, is dat ‘n Duitser na Portugal kan migreer en sy kinders en kleinkinders kan geleidelik in die Portugese volk opgeneem word, mits hulle assimileerbaar is.  ‘n Nederlander of Duitser kan na Suid-Afrika migreer en sy nageslag kan geleidelik deur assimilasie in ons volk opgeneem word.  ‘n Zoeloe se kinders en kleinkinders kan egter nie in ons volk opgeneem word nie, omdat hulle vanweë hul ras-identiteit nié assimileerbaar is nie.

Afrikaner of Boer

Die historikus, Herman Giliomee, wys daarop dat sedert die begin van die 18de eeu ons na onsself as Afrikaners of Boere verwys het.  Die twee terme is daarna dwarsdeur ons geskiedenis as wisselvorme gebruik.  Ten tye van die bestaan van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat (OVS) is die twee terme steeds op dieselfde wyse as wisselterme gebruik.  Geen persoon het nog ooit getwyfel wat Afrikaner of Boer beteken nie.

Skielik is daar egter nou mense wat van mening is dat “Afrikaner” en “Boer” nie slegs verskillende terme is nie, maar in werklikheid verskillende volkere beteken.  Daar word beweer dat die “Boere” die konserwatiewe Blankes is wat in die noordelike provinsies gebore is en daar woon.  Slegs hulle het glo ‘n vryheidstrewe en vertoon nie eienskappe van verraad nie.  Daarteenoor word gestel dat die “Afrikaners” die liberale Blankes is wat in die suidelike provinsies gebore is en daar woon, nie belangstel in vryheid vir ons volk nie en tot verraad geneigd is.  Daar word soms so vêr gegaan as om te sê die term “Afrikaners” is die naam van ‘n beesras.

In terme van die definisie van ‘n volk kan daar nie twee volkere van dieselfde ras, taal, kultuur en geskiedenis in dieselfde land bestaan nie.  Die genealogie bewys in elk geval baie duidelik dat elke enkele Afrikaanssprekende Blanke ‘n noue bloedverwant is van elke ander Afrikaanssprekende Blanke in hierdie land, tot so ‘n mate dat ons volk niks anders is as ‘n uitgebreide familie nie.  Ons voorsate was terdeë bewus hiervan; by die ontmoeting van ‘n vreemde het die handdruk gepaard gegaan met:  “Dagsê neef / niggie, hoe voer jy die van?”  Familiebande is dus vermoed en gewoonlik dan ook baie vinnig uitgelê.

Verskille tussen noordelike en suidelike Afrikaners

Natuurlik was daar in die geskiedenis verskille tussen die noordelike en suidelike gemeenskappe van ons volk.  So byvoorbeeld was die “Boere” van die ZAR sedert die laat 1870’s in ‘n ernstige konflik met Engeland betrokke wat uiteindelik in die militêre stryd van die Eerste Vryheidsoorlog (1880 – 1881) oorgegaan het.  Gedurende dieselfde tyd het die “Afrikaners” in die Kaap ‘n taalstryd onder leiding van “Die Genootskap van Regte Afrikaners” aangepak.

Die feit dat daar verskille in die geskiedenis van die Kaapse en Transvaalse gemeenskappe van ons volk voorkom, is egter géén bewys dat daar twee verskillende volkere bestaan nie.  Gedurende die tydperk van die unifikasie van Duitsland, onder leiding van Otto von Bismarck in die 19de eeu, was daar ook ‘n verskil in die geskiedenis van die Suid-Duitsers en die Noord-Duitsers.  In die tydperk voor die Frans-Pruisiese Oorlog van 1870 – 1871 het die Suid-Duitsers hulle aan die kant van die Franse teen die Noord-Duitsers geskaar en wou hulle nie saam met die Noord-Duitsers staan ten einde Duitsland te verenig nie, omdat hulle die Katolieke godsdiens met die Franse gedeel het.  Dit beteken egter nie dat die Suid-Duitsers Franse was en nie meer Duitsers nie.

Daar is dan ook baie voorbeelde van hierdie tipe verskille in die geskiedenis van byna elke volk op aarde.

Kaapse leiers van ons volk

Ten opsigte van die argument dat die “Boere” en “Afrikaners” in die noordelike en suidelike provinsies respektiewelik gebore is en woon, kan die volgende teenargument gevoer word.  Indien dit onbetwisbaar so is dat mense wat in die Kaap gebore is nie lede van ons volk is nie, dan is die grootste leier wat ons volk nog ooit opgelewer het, genl. J. B. M. Hertzog, sekerlik nie ‘n lid van ons volk nie – dieselfde geld vir dr. D. F. Malan, adv. J. G. Strijdom, mnr. Jaap Marais, dr. Andries Treurnicht en mnr. Eugene Terre’Blanche.

Die ergste van alles is dat Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en selfs Paul Kruger nie “Boere” was nie, maar “Afrikaners” aangesien hulle almal van die Kaap afkomstig was.

In terme van die argument is ons almal in elk geval Afrikaners, want ons almal se voorouers is van die Kaap afkomstig!

Voortrekkers en Trekboere

Soms word ‘n variasie op bogenoemde argument gevoer, naamlik dat diegene wat om bepaalde redes aan die Groot Trek deelgeneem het “Boere” is en diegene wat om bepaalde redes in die Kaap agtergebly het “Afrikaners” is.  Indien dié argument waar is, is die held van Bloedrivier, Andries Pretorius, weereens nie werklik ‘n “Boer” nie, maar ‘n “Afrikaner,” aangesien hy nie in 1836 saam met die res van die Trekkers getrek het nie.  Boonop het hy na die Britse anneksasie van Natalia in 1842 heel gerieflik onder Britse bewind gebly en nie die gebied dadelik saam met die tweede Trek verlaat nie – hy was ‘n agternatrekker.

Verder was daar baie Trekboere wat nie om politieke redes uit die Kaapkolonie getrek het nie, maar om suiwer ekonomiese redes, soos dat hulle beter weiding vir hulle beeste gesoek het.  Indien hulle dus nie werklik “Boere” is nie, maar “Afrikaners,” dan is Paul Kruger weereens ‘n “Afrikaner” aangesien sy vader ‘n Trekboer was wat eers later by die Groot Trek aangesluit het.

Vryheidstrewe en verraad

Ten opsigte van die argument dat die “Boere” ‘n vryheidstrewe het en nog nooit die volkstryd verraai het nie en dat die “Afrikaners” nie in vryheid vir ons volk belangstel nie en verder tot verraad geneigd is, die volgende:  Aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog (1899 – 1902) was daar ongeveer 22 000 Bittereinders en 24 000 “hensoppers,” “joiners,” “National Scouts” en verraaiers in die ZAR en OVS – dit wil sê amper net soveel mense in die noordelike provinsies wat ons volk se vryheid ten alle koste wou handhaaf as mense wat bereid was om die Engelse oorlogspoging teen ons volk te steun.  Daarbenewens het baie Kapenaars as Rebelle tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan die twee Boererepublieke se kant geveg en gesterf.

Verder, genl. Christiaan de Wet was sekerlik die grootste vryheidsvegter wat ons volk nog ooit opgelewer het, terwyl sy eie broer, genl. Piet de Wet, ‘n “National Scout” was wat teen sy eie volksgenote geveg het.  Beteken dit dat Christiaan de Wet ‘n “Boer” en Piet de Wet ‘n “Afrikaner” was?  Kan dit werklik so wees dat ‘n pa en ma se een seun van een volk kan wees en hul ander seun van ‘n ander volk?  Dit is tog onmoontlik.  Die waarheid is egter baie eenvoudig:  die een was ‘n held en die ander een ‘n swakkeling en verraaier.

Dit dien ook vermeld te word dat toe sekere Afrikanerleiers in 1914 besluit het om ons volk se vryheid te herstel, het generaal Manie Maritz, wat in bevel van die militêre kamp in Upington was, met ongeveer 2000 Kapenaars teen die Unie-regering gerebelleer.

Kapenaars en Transvalers

Onthou verder dat die Gesuiwerde Nasionale Party, wat vanaf 1934 tot 1940 die vaandel van volksnasionalisme gedra het, hoofsaaklik ‘n Kaaplandse politieke party was, terwyl die Transvalers en Vrystaters hoofsaaklik die pro-Engelse Verenigde Party onder genl. Jan Smuts gesteun het.

Daarteenoor was diegene wat ons volk se politieke mag gaandeweg ondergrawe en uiteindelik die land aan die ANC oorgegee het van die noordelike provinsies afkomstig.  Beide John Vorster en F. W. de Klerk is in die Transvaal gebore en het daar gewoon, terwyl P. W. Botha in die Vrystaat gebore is.

Meerdere benamings

Dit is ook belangrik om daarop te let dat verskeie ander volkere ook meer as een naam het.  So byvoorbeeld verwys die Duitsers na hulleself as “Deutsch” terwyl die Franse na hulle as “Allemande” verwys.

Bees en perderasse

Bestaan daar ‘n beesras bekend as “Afrikaners?”  Ja, natuurlik.  Die woord “Fries” verwys eweneens na ‘n volk sowel as ‘n sekere bees en perderas.  Dieselfde geld vir “Brahmaan” of “Brahmane” wat na ‘n Indiese godheid, ‘n Indiese kas of ‘n beesras verwys.  Dit is dus glad nie ongewoon dat sekere diere, soos beeste of perde, na ‘n volk of groep mense vernoem word nie.

Vraag

Indien die storie van ‘n afsonderlike Boerevolk en Afrikanervolk werklik waar is, ontstaan ‘n baie interessante vraag, naamlik:  Indien ‘n man wat in Noord-Transvaal woonagtig is met ‘n dame uit die Wes-Kaap trou, is hulle kinders “Afrikaners” of “Boere?”

Slot

Daar is nie twee verskillende Blanke Afrikaanssprekende volkere in Suid-Afrika nie.  Selfs al sou dit waar wees, moet ons, ons energie veel eerder daarop fokus om die verskille tussen hulle te oorkom en die ooreenkomste tussen hulle te beklemtoon ten einde eensgesindheid te bevorder.  Ons as Boere of Afrikaners staan almal voor dieselfde vernietigende gevaar, naamlik dat ons voortbestaan in Afrika as Blanke volk bedreig word.  Om dié bedreiging te oorkom moet ons almal saamstaan en eenheid bevorder, selfs met die ander Blanke gemeenskappe in Suid-Afrika soos die Engelse, Duitsers, Nederlanders, Portugese en Grieke.

Bewyse vir my standpunt:

President Stefanus Johannes Paulus Kruger

Kruger, Joubert en Jorissen het tydens hul besoek aan die Kaap die Afrikaanssprekende Blanke Kapenaars as volg toegespreek:

“Wij zijn toch een natie, een bloed, een been en een vleesch.”

Bronne:

Generaal Christiaan Rudolf de Wet

Kort voor sy dood op 3 Februarie 1922 het genl. Christiaan Rudolf de Wet die volgende politieke testament opgestel:

“Ek voel my einde kom.  Soos die Here wil.  As ek die dag op my sterfbed lê en my verstand het, sou ek sê:  Doen geregtigheid, maar bly Afrikaners.  As ek tog maar my volk bymekaar kon bring – my Afrikanervolk!  En almal wat in siel by ons is, al is dit ‘n Engelsman.  Dan sal ons die hand om sy nek sit, nes hy ‘n gebore Afrikaner sou wees.”

Bron:
H. J. May en I. Hamilton
Die Dood van Generaal De la Rey
Kaapstad
Nasionale Boekhandel Beperk
1968
pagina 136

F. A. van Jaarsveld
Die Ontwaking van die Afrikaner Nasionale Bewussyn
Johannesburg
Voortrekkerpers
1959
pagina 137

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2101 gaste aanlyn