Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe lyk jou geloof in Christus? Is dit net 'n kennis-sisteem? Of leef jy so dat ander kan sien – en veral Christus kan sien- dat jy werklik deel aan sy Vlees en sy Bloed het?

SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (4)

Beaumont Schoeman – geskryf in 1975

Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD

Die ondersoek

Die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe op 9 April 1960 in die Milnerpark-arena in Johannesburg was deur ’n man wat later as geestelik versteurd aangedui is. Die man wat dr. Verwoerd ses jaar en vyf maande later in die Volksraad vermoor het, is ook as ’n geestelik versteurde gesertifiseer.

David Beresford Pratt het kort voor sy daad op 9 April 1960 intieme verbintenisse met die verlinkse politiek in Brittanje gehad. Daar is berig dat hy enkele maande voordat hy dr. Verwoerd in Johannesburg geskiet het, geld vir die Liberale Party in Engeland ingesamel het.

Demitrios Tsafendas was ’n kommunis - van sy jeugjare af totdat hy sy afgryslike daad in Kaapstad gepleeg het. Die verhaal van sy lewe toon ’n volgehoue verbintenis met die linkses en die kommuniste. Hy was lid van die Kommunistiese Party.

Net soos David Beresford Pratt was Demitrios Tsafendas ook in Engeland waar hy steun onder die verlinkses gewerf het vir ’n opstand in Suid-Afrika en Mosambiek. Dit was kort voordat Pratt onder die ver-linkses van Engeland beweeg het.

Is dit blote toeval dat die persoon wat dr. Verwoerd in 1960 wou vermoor het, en die persoon wat hom op 6 September 1966 met ’n dolk om die lewe gebring het, albei tot die verlinkse politiek behoort het? Is dit blote toeval dat albei min of meer dieselfde tyd in Engeland was en dieselfde vyande van die Verwoerd-bewind opgesoek het?

Kan die rol van die toeval so groot wees dat twee aanslae op die lewe van dieselfde persoon binne ses jaar en vyf maande gedoen is terwyl politieke sluipmoorde iets heeltemal vreemds aan Suid- Afrika was?

Is dit blote toeval dat albei geestelik versteurdes was?

In die dae van totale verslaentheid wat op die dood van dr. Verwoerd gevolg het, is aangekondig dat ’n regterlike kommissie aangestel gaan word om die sluipmoord op die Premier te onder­soek. Die aankondiging is deur die nuwe Eerste Minister, mnr. B.J. Vorster, op 14 September 1966 in die Volksraad gedoen. Dit was die dag nadat hy as nuwe regeringshoof van Suid-Afrika aangewys

In sy aankondiging het mnr. Vorster die versekering gegee dat die volk die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid oor hierdie verfoeilike daad sou hoor nie. In die verslae gemoed van die volk van Suid-Afrika was daar in die dae onmiddellik na die sluipmoord baie vrae wat om antwoorde geroep het. Die mense van Suid-Afrika het verwag dat hierdie daad tot in die fynste besonderhede ondersoek sou word.

Mnr. Vorster se aankondiging in verband met die aanstelling van ’n regterlike kommissie was sy eerste optrede in sy hoedanigheid as nuwe Eerste Minister in die Volksraad. Dit was ’n geskrewe verklaring waarin hy die Volksraad meegedeel het dat hy deur die Staatspresident versoek is om ’n nuwe regering saam te stel en waarin hy sekere aansteliings in die kabinet bekend gemaak het.

Teen die einde van sy verklaring het hy gesê: “Ek wil net een aankondiging ook by hierdie geleentheid aan die Volksraad doen. Die skokkende gebeure wat horn verlede week hier afgespeel het, staan nog afgeteken voor elkeen van ons. Ons het baie berigte daaroor gelees die afgelope week, en ons het baie gerugte daaroor gehoor. Dit was nie vir my moontlik om alles te lees omtrent wat plaasgevind het nie. U sal dit begryp.”

Toe het mnr. Vorster voortgegaan: “Ek wil net vir agbare lede sê dat ek opdrag gegee het dat elke moontlike gerug, hoe klein of hoe groot dit ook al mag wees, met nougesetheid ondersoek moet word. Dit sal so gedoen word. Ek wil ook ’n beroep doen op agbare lede en ander instansies, indien hulle oor enige informasie beskik, hoe gering dit ook al mag wees, om dit na vore te bring. Ons sal dit baie graag ontvang.

”Maar as ek dit nou gesê het, dan voel ek, meneer, en u sal met my saamvoel, dat dit nie genoeg is nie. Daarom is daar besluit dat ’n regter aangewys sal word om alle aspekte van hierdie aangeleentheid te ondersoek.

“Geleentheid sal geskep word vir alle persone wat oor inligting beskik, om dit aan die regter mee te deel. Dit spreek vanself dat inligting waaroor die Polisie en ander staatsinstansies reeds beskik, ook aan daardie regter voorgelê sal word. ’n Aankondiging sal later gedoen word wat daarop sal neerkom dat alle persone uitgenooi sal word om voor hierdie regter te verskyn en hulle inligting aan hom te verstrek. Besonderhede sal so gou doenlik in daardie verband bekend gemaak word.

“Ek het gevoel dat daar onmiddellik mee begin moet word en daarom het ek die betrokke regter gespreek. Hy is gewillig om daardie taak te onderneem. Hy sal die ondersoek doen. Hy sal sy verslag uitbring ongeag wie daardeur geraak word of wat die gevolge daarvan ook al mag wees. Daardie regter is Sy Edele J.T. van Wyk, wat Suid-Afrika in die Wêreldhof verteenwoordig het.” (Hansard, 14 September 1966, kol. 2101.)

Die volgende keer wat die aanstelling van die regterlike kommissie in die Volksraad ter sprake gekom het, was op 21 September 1966 toe die portefeulje van die Eerste Minister bespreek is. In sy inleidende toespraak in hierdie debat het die Leier van die Opposisie enkele sake in verband met die aanwysing van die kommissie aangeroer.

“Ek wil sê, meneer,” het hy verklaar, “dat ons aan hierdie kant van die Huis voel dat daar ’n aantal sake is waaraan aandag bestee moet word in die opdrag wat opgetrek word. Die eerste is hoe die persoon Tsafendas in Suid-Afrika toegelaat is, in die lig van sy rekord en in die lig van sy verlede, blykens die berigte wat nou aan die lig kom. Die tweede is hoe hy dit reggekry het om permanente verblyf te kry, en of die lopende praktyke en prosedure toereikend is om te voorkom dat ongewenste karakters daardie reg verkry.”

“Ek dink ons wil ook weet”, het sir De Villiers Graaff voortgegaan, “of hy vir diens in hierdie Huis aanbeveel is deur die Departement van Arbeid, en ons wil weet of daar genoegsame skrutinering is deur die Departement as hy aanbevelings maak, as dit gebeur het. Ek dink ons wil ook weet of die prosedure en praktyke van die verskillende departemente wat betrokke is in gevalle van hierdie aard, voorsiening maak vir die nodige skakel om mekaar ingelig te hou betreffende mense van hierdie aard.”

Dan stel die Leier van die Opposisie die belangrike vraag: “Ek dink, meneer, dat ons natuurlik ook wil weet hoe dit gekom het dat hy as bode aangestel is in hierdie Huis, en hoe hy toegang tot die raadsaal verkry het . . .”

Vervolgens het die Leier van die Opposisie hom kortliks uitgelaat oor hoe die getuienislewering voor die kommissie na sy mening behoort te geskied.

“Dan, meneer,” het hy gesê, “is daar ’n ander vraag wat spruit uit hierdie vraagstuk van die kommissie, en dit is of die getuienis in die openbaar afgelê moet word, al dan nie. Ek wil sê ek glo dat dit ’n saak is wat by uitstek aan die diskresie van die Kommissaris oorgelaat moet word, aan die betrokke regter. Maar ek hoop stellig dat dit die algemene beginsel sal wees dat die getuienis in die open­baar afgelê word, tensy dit om redes van slaatsveiligheid in die geheim afgelê moet word, of uit hoofde van redes wat die regter nodig ag ter beskerming van die betrokke getuie.” (Hansard, 21 Septem­ber 1966, kol. 2650.)

Onmiddellik na die Leier van die Opposisie het mnr. Vorster self geantwoord op die vrae wat sir De Villiers Graaff na aanleiding van die kommissie geopper het.

“Ten opsigte van die meeste van die aangeleenthede wat hy ge­opper het”, het die Eerste Minister in sy antwoord gesê, “is ek dit met hom roerend eens.

“Ek wil hom die versekering gee dat die terme van die opdrag wyd genoeg sal wees om alle moontlike gronde wat deur die Leier van die Opposisie genoem is, en baie meer wat ek nog kan byvoeg, te dek . . . Ek gaan van die standpunt uit in hierdie verband dat die volk van Suid-Afrika die reg het om die volle waarheid ten opsigte van elke aangeleentheid te weet, en die nodige fasiliteite sal geskep word om dit moontlik te maak.”

Met betrekking tot die kwessie van getuienislewering het mnr. Vorster gesê: „Ek kan nie met die agb. Leier van die Opposisie saamstem op hierdie moment dat ons ’n openbare verhoor in hier­die verband moet hê nie. Ek dink die saak is te ernstig. Ek dink dat elke moontlike getuie die geleentheid moet hê om onbevange sy of haar storie aan die regter te vertel, en ek dink agb. lede oorkant sal met my saamstem dat die integriteit van die regter wat belas is met hierdie kommissie, waarborg genoeg is dat die volk die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid ten opsigte van hierdie aangeleentheid sal hoor.”

Wat hierdie aspek betref, het mnr. Vorster afgesluit deur aan te kondig dat die hele aangeleentheid in verband met die kommissie onder die Minister van Justisie, mnr. P.C. Pelser, sal ressorteer. “Ek wil onmiddellik sê,” het mnr. Vorster verklaar, “dit sal ’n kommissie wees wat sal uitgaan van die huidige Minister van Justisie, wat as buitestaander in hierdie verband ingekom het. Ek dink dit is goed en billik dat dit so sal wees.” (Hansard, 21 Sep­tember 1966, kol. 2655/6.)

Dit het eintlik as ’n verrassing gekom dat mnr. Pelser die verantwoordelikheid vir die kommissie moes aanvaar. Mnr. Pelser het mnr. Vorster agt dae tevore as Minister van Justisie opgevolg en daar is algemeen verwag dat die nuwe Eerste Minister self die aangeleentheid onder sy sorg sou neem. In ’n geval van so veel belang is dit eintlik as vanselfsprekend aanvaar dat dit ’n kommissie van die Eerste Minister sou wees.

Die aanstelling van die regterlike kommissie het toe op 23 Sep­tember 1966 in die Staatskoerant verskyn. Dit is vervat in Goewermentskennisgewing 1435 en die opdrag aan die kommissie lui soos volg: “Om ondersoek in te stel na en verslag uit te bring oor alle aspekte met betrekking tot die dood van wyle Sy Edele dr. Hendrik Frensch Verwoerd wat bedoelde kommissie in die openbare belang ag.”

Regter Van Wyk het sy verslag in die tweede helfte van Desember 1966 voltooi. Op 24 Januarie 1967 is dit deur die Minister van Justisie in die Volksraad ter tafel gelê en het Volksraadslede en die publiek, deur die pers, van die inhoud daarvan verneem.

Dit is nie ’n lywige verslag nie. Saam met twee bylaes beslaan dit net dertig gedrukte bladsye. Bylae A bevat die proklamasie deur die Staatspresident en die genoemde Goewermentskennisgewing. Bylae B verstrek die aard en omvang van die ondersoek.

Uit die volgende vrae blyk wat die ondersoek van die kommissie behels het:

  1. Wat is die geskiedenis van die persoon wat wyle dr. Verwoerd die dodelike wonde toegedien het?
    1. Waarom het hy dit gedoen?
    2. Was daar medepligtiges?
  2. Was daar pligsversuim aan die kant van enige persoon wat die pleeg van die daad vergemaklik het, of waarsonder die daad waarskynlik nie gepleeg sou gewees het nie?
    1. Op welke gronde en op welke voorwaardes is hy binne­gelaat?
    2. Wat was aan die betrokke beamptes wat hom binnegelaat het, bekend?
  3. Aan wie is sodanige kennis deur hulle oorgedra?
  4. Was daar enige pligsversuim in hierdie verband?
  5. Wie het verlof tot permanente verblyfer hier toegestaan?
  6. Wat was aan die betrokke beamptes bekend?
  7. Welke ondersoek is ingestel?
  8. Welke ondersoek moes ingestel gewees het?
  9. Was daar enige pligsversuim in hierdie verband?

(a) Het enige Departement of amptenaar te enige tyd kennis opgedoen wat ’n terugtrekking van verlof tot permanente verblyf wenslik gemaak het?

  1. Aan wie is sodanige kennis oorgedra?
  2. Welke stappe is as gevolg daarvan gedoen?
  3. Was daar enige versuim in hierdie verband?
  4. Wat behoort daardie kennis te gewees het?
    1. Wat was die pligte van die betrokke instansies ten opsigte van sodanige kennis?
    2. Was daar enige pligsversuim van die kant van die Polisie of enige ander instansie?
    3. Wie moes die aanstelling doen?
    4. Welke ondersoek is gedoen voor die aanstelling?
    5. Welke ondersoek moes gedoen gewees het?
    6. Wie moes sodanige ondersoek gedoen het?
    7. Was daar enige pligsversuim in hierdie verband?
  1. Wie was verantwoordelik vir die veiligheid van die Eerste Minister in die saal van die Volksraad?
  2. Wie moes reelings tref dat ongeoorloofde persone nie die raadsaal van die Volksraad sal binnegaan nie?
  3. Welke reelings is inderdaad getref?
  4. Was hierdie reelings voldoende?
  5. Was daar enige pligsversuim in hierdie verband?
    1. Welke stappe het sodanige persoon inderdaad gedoen om te belet dat die betrokke persoon die raadsaal binnegaan?
    2. Welke stappe moes hy onder die omstandighede gedoen het?
  6. Was daar enige pligsversuim in hierdie verband ?

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3540 gaste aanlyn