NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe lyk jou lewe vanoggend?  Is jy in ’n doodloopstraat?   ’n Doodloopstraat is natuurlik die beste straat om ’n U-draai in te maak; so ook in die lewe.  Dink maar aan die verlore seun wat tussen die varke in ’n doodloopstraat beland en toe die U-draai in sy lewe gemaak het, terug na sy vaderhuis.

SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (10)

Beaumont Schoeman – geskryf in 1975

Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD

Die Polisie

As daar een vraag is wat alle ander aspekte van die moord op dr. Verwoerd oorheers, is dit die vraag of die beskerming van die Eerste Minister voldoende was. Was die maatreëls wat vir die veiligheid van die Eerste Minister getref is, te alle tye van so ’n aard dat dit die risiko van ’n aanval op sy lewe tot ’n absolute minimum beperk het?

Toe die eerste aanslag op 9 April 1960 in die Milnerparkarena in Johannesburg op die lewe van dr. Verwoerd gedoen is, is Suid-Afrika wreed wakker geruk uit sy illusie dat so iets nie in Suid- Afrika kan gebeur nie. David Beresford Pratt het met ’n pistool in sy sak tot ’n paar tree van dr. Verwoerd beweeg en die sneller in sy gesig afgetrek.

Het die instansies wat verantwoordelik was vir die veiligheid van die Eerste Minister daarmee rekening gehou dat ’n tweede aanslag op dr. Verwoerd se lewe nie buite die perke van die moontlikheid was nie, en het hulle hulle maatreëls vir die be­skerming van Suid-Afrika se regeringshoof daarvolgens aangepas ?

Dit is almal vrae wat noodwendig ná die sluipmoord op dr. Verwoerd gestel sou word. En in die samehang hiervan en die bespreking van die nalatigheidskwessie wat betref die hantering van die Tsafendas-geval, is dit ook vanselfsprekend dat die vraag gestel sou word of daar van die kant van die Polisie ook voorbeelde van nalatigheid aan die lig gekom het. Regter Van Wyk stel self sekere indringende vrae na aanleiding hiervan: Was daar enige pligsversuim van die kant van die Polisie of enige ander instansie? Wie was verantwoordelik vir die veiligheid van die Eerste Minister in die Parlementsgebou?

“’n Studie van die geskiedenis van sluipmoorde,” verklaar regter Van Wyk in sy verslag, “toon aan met welke slinkse vernuf sulke mense soms te werk gaan. Dit gebeur selde dat iemand anders as die effektiewe politieke staatshoof die prooi van sulke aanvallers is. Dit spreek dus vanself dat in hierdie land sekuriteitsmaatreëls veral op die Eerste Minister toegespits moet wees.”

Dr. Verwoerd het, net soos sy voorgangers, een persoonlike lyfwag gehad. Hierdie persoon het hom na alle amptelike en dikwels ook na nie-amptelike funksies vergesel. In die Uniegebou het hier­die persoon ’n kantoor langs die Eerste Minister se kantoor gehad.

Dit was ook die geval in die Volksraad en in Marksgebou regoor die Parlement. Wanneer die Volksraad in sitting was en dr. Verwoerd binne die raadsaal was, het hierdie persoon in die openbare galery gesit en nie in die amptenarebank binne in die raadsaal nie.

Aan die lojaliteit van kol. Buytendag, dr. Verwoerd se lyfwag, kon daar nooit enige twyfel gewees het nie. In gesprekke met hom voor die moord op dr. Verwoerd het dit dikwels aan die lig gekom dat sy hele lewe deur een aspek oorheers is en dit is die veiligheid van die Eerste Minister. Dit was eintlik ’n obsessie by hom. Maar dit bly ’n ope vraag of een persoon, hoe lojaal en hoe knap ook al, voldoende was om die veiligheid van die Eerste Minister te waarborg.

Die Veiligheidspolisie was verantwoordelik vir die veiligheid van dr. Verwoerd. Dit is deur genl. Hendrik van den Bergh, destydse Hoof van die Veiligheidspolisie, teenoor die kommissie erken.

Genl. Van den Bergh het omstreeks 1962 hoof van die Veilig­heidspolisie geword. Toe die eerste aanslag in April 1960 op dr. Verwoerd se lewe gemaak is, was iemand anders nog in beheer van die Veiligheidspolisie.

Toe genl. Van den Bergh voor die kommissie getuig het, is die vraag aan hom gestel of die moontlikheid hom nooit getref het dat daar ’n gebrek aan sekuriteit in die Volksraad bestaan het nie. Hy het rondborstig erken dat so ’n moontlikheid hom nooit getref het nie. Hy was daarvan bewus dat ’n majoor Venter, wat voorheen aan die Veiligheidspolisie verbonde was, met die beskerming van die Volksraad belas was en het aanvaar dat alles in die haak was.

“Dit mag ’n geval wees,” sê die regter na aanleiding hiervan, “van agterna weet wat om te doen, maar na die mening van die Kommissie is daar ’n klaarblyklike gevaar dat ’n sluipmoordenaar toegang tot die Volksraadsgebou in die uniform van ’n bode kan verkry.”

Regter Van Wyk vestig die aandag daarop dat politieke sluipmoorde nie juis seldsaam is nie. Dr. Verwoerd was glo die dertiende staatsman wat in 1966 vermoor is. Dan gaan die regter voort:

“Volmaakte sekuriteit is onmoontlik om te bewerkstellig, maar dit is geen rede waarom daar nie sekuriteit sover prakties moontlik sal wees nie. Die argument dat die Eerste Minister daagliks met baie ongekeurdes in aanraking kom, is geen rede waarom die risiko nie sover prakties en redelik moontlik verminder sal word deur te keur wat gekeur kan word nie. Dit spreek vanself dat die kanse van ’n sluipmoord deur iemand wat die Eerste Minister toevallig ontmoet, baie geringer is as in die geval van iemand wat daagliks in noue kontak met horn is. ’n Mens moet nie die toekoms tegemoet gaan deur elkeen as ’n potensiele sluipmoordenaar te beskou nie, maar onverskilligheid is net so ongewens.”

Voorts sê die regter dat daar baie redes is waarom nie besef is dat daar ’n risiko bestaan het dat wat inderdaad gebeur het, kon gebeur nie. Die respek waarmee die bevolking die Parlement bejeën, het so iets by baie byna ondenkbaar gemaak. Die metodes waarvolgens bodes aangestel is, was vir baie jare in swang en het goed gewerk. Dr. Verwoerd self was nie juis bekommerd oor sy veilig­heid nie, en gevalle is aan die kommissie genoem waar hy selfs sekere veiligheidsmaatreëls ontmoedig het. Sluipmoord op ’n staatsman was, behalwe in een uitsonderlike geval, onbekend in Suid- Afrika. Niemand het so ’n moontlikheid spesifiek onder die aandag van die Speaker en sy amptenare gebring nie.

Die regter skenk in sy verslag besondere aandag aan die aanstelling van bodes in die Volksraad en hoe dit gebeur het dat Tsafendas by die Volksraad in diens geneem is. Die Hoofbode en sekere senior bodes is breedvoerig deur die kommissie ondervra.

In sy verslag meld regter Van Wyk dat die parlementsgebou, asook die perseel waarop dit staan, onder beheer van die Senaat en die Volksraad is. Wat die gebou self betref, beheer die Volksraad een deel en die Senaat die ander. Die Volksraad tree op deur ’n komitee waarvan die Speaker die voorsitter is. Behoudens wat hier­die komitee mag bepaal, is die Speaker die hoogste gesag in die Volksraad. Hy word bygestaan deur die Sekretaris van die Volks­raad, die Adjunk-sekretaris en die Ampswag as drie van die belangrikste hoofamptenare.

Sedert die ontstaan van die Volksraad is die gebruik dat bodes eers tydelik aangestel word en later, indien bevredigend bevind, permanent. Die keuring van tydelike bodes was altyd die plig van die Hoofbode, bygestaan deur twee of drie senior bodes. Die opdrag aan die Hoofbode is dat indien enige twyfel aangaande die geskiktheid van ’n applikant ontstaan, hy die Ampswag moet raadpleeg. Wanneer die Ampswag self nie oor ’n aansoek kan besluit nie, moet die hulp van die Sekretaris en die Adjunk-sekretaris ingeroep word.

Ten tyde van die sluipmoord op dr. Verwoerd was mnr. H.J. Klopper, LV vir Parys, Speaker van die Volksraad. Die Sekretaris en adjunk-Sekretaris van die Volksraad was mnre. R. McFarlane en J. Victor onderskeidelik. Mnr. F. Retief was op daardie tydstip Ampswag en mnr. Burger Hoofbode.

In 1962, nadat gevalle van diefstal voorgekom het, het ’n reeks besprekings plaasgevind tussen maj. Venter, na wie vroeër verwys is, en mnre. McFarlane en Victor. Daar is nie eenstemmigheid oor die presiese verloop van die samesprekings nie. Maj. Venter het getuig dat hy in die loop van die besprekings voorgestel het dat alle amptenare van die Volksraad deur die Polisie gekeur moet word en dat dit deur die twee senior amptenare geweier is. Mnre. McFarlane en Victor ontken dit en sê wat hulle wel gedoen het, was om redes aan te voer waarom die voorstel na hulle mening onprakties en nutteloos was. Hulle is meegedeel dat ’n polisie-ondersoek tot vier maande kan duur en hulle beswaar was dat aangesien applikante vir die poste van tydelike bodes skaars is en nie so lank voor die tyd gevind kan word nie, aanstellings nie op so ’n verslag kan wag nie.

Mnre. McFarlane en Victor het getuig dat toe maj. Venter in 1963 ’n lys van alle permanente parlementêre werknemers aangevra het, dit sonder aarseling aan hom verskaf is. Maj. Venter beweer dat hy ’n lys van alle parlementêre werknemers wat toegang tot Marksgebou het, aangevra het. Hy het inderdaad al die persone op die lys wat aan hom verskaf is, gekeur.

Die regter meld spesifiek dat geen lys van byvoegings tot die Volksraad se personeel na 1963 aangevra is nie.

Na afloop van die samesprekings in 1962 is ’n verslag aan die Speaker gestuur waarin onder meer gemeld is dat in die geval van nuwe aanstellings, deeglike ondersoek na hulle agtergrond ingestel word en dat besluit is om in die vervolg polisieverslae aan te vra oor persone oor wie enige twyfel bestaan het.

Geen polisieverslag is ooit aangevra nie.

In die regter se verslag word nie gemeld of die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe in 1960 tot strenger sekuriteitsmaatreëls by die Volksraad aanleiding gegee het nie.

Toe hy voor die kommissie getuig het, is die Speaker spesifiek uitgevra oor die aanstelling van die bodes. Mnr. Klopper het getuig dat by die aanstelling van bodes gepoog word om vas te stel of die applikante van goeie karakter is. Toe hy gevra is of die ondersoek wat na tydelike bodes ingestel is, wat sekuriteit betref, net betrekking gehad het op die moontlikheid dat hulle oneerlik kan wees en kan steel, het mnr. Klopper geantwoord: “Ja, goeie karakter en goeie aansien, dat hy ’n ordentlike, fatsoenlike mens is, en ’n fatsoenlike mens sal nie ’n moordenaar en saboteur wees nie.”

Die regter sê dat mnr. Klopper se antwoorde strook met die menings van die Sekretaris en adjunk-Sekretaris. Daar was geen opdrag aan die Hoofbode om vas te stel of ’n applikant ’n sekuriteitsrisiko is al dan nie.

“Aan die gevaar dat ’n bode diefstal kon pleeg en aan die moont­likheid dat iemand in die galery van die raadsaal ’n moordpoging kon aanwend, is gedink, maar aan die moontlikheid dat ’n bode ’n sluipmoord kon pleeg, is nooit gedink nie,” verklaar die regter.

Klaarblyklik het die Veiligheidspolisie ook nooit aan so ’n moont­likheid gedink nie, want genl. Van den Bergh het teenoor die kom­missie erken dat die moontlikheid van ’n gebrek aan sekuriteit in die Volksraad hom, as Hoof van die Veiligheidspolisie, nooit getref het nie.

Oor die sekuriteitsmaatreëls in die Volksraad het regter Van Wyk verder bevind dat diegene wat verantwoordelik was vir die veiligheid van die Eerste Minister in die Volksraad, moes besef het dat die wyse waarop tydelike bodes aangestel word, onnodige risiko’s geskep het.

“Die duur les wat geleer is,” verklaar hy, “het gelei tot samesprekings tussen die Veiligheidspolisie en verteenwoordigers van die Volksraad en Senaat, met die gevolg dat ingrypende veranderings in die veiligheidsmaatreëls deur die Komitees oor die Reglement van Orde aangeneem is. Die mening van die kommissie is dat, benewens die spesiale aanbeveling wat in ’n aparte koevert ingesluit word, hierdie maatreëls die beste is wat prakties gesproke moontlik is.”

Voorts sê die regter die waarskynlikheid bestaan dat ’n groot aantal sluipmoorde, indien nie die meerderheid nie, deur geestelik gekrenktes gepleeg word. “Dit is veral hulle wat gebruik kan word om moord te pleeg. Dit spreek dus vanself dat sover prakties moont­lik vermy moet word dat hierdie mense in die geleentheid gestel word om sluipmoord te pleeg. Dit volg dus dat alle persone (behalwe klaarblyklike uitsonderings) met wie die Eerste Minister (en ander volksleiers wat gevaar loop om aangerand te word) gereeld in die Parlement of elders in aanraking kom, sover prakties moontlik deur die Veiligheidspolisie gekeur moet word.”

In dié verband verklaar regter Van Wyk: “Een van die voor die handliggende ondersoeke wat gedoen moet word deur diegene wat met die keuring belas word, is om vas te stel of die betrokke persoon geestelik gekrenk is en indien nie, of daar ’n meer as normale moontlikheid bestaan dat hy wel geestelik gekrenk kan word . . .”

’n Vraag wat seker nooit beantwoord sal kan word nie, is hoe dit gebeur het dat Tsafendas sedert einde 1963 in Suid-Afrika kon rondbeweeg het sonder om ooit die agterdog van die Polisie te wek. Selfs toe sy deportasie aan die einde van 1965 deur die Streekverteenwoordiger van die Departement van Binnelandse Sake in Kaapstad by Hoofkantoor aanbeveel is en dit agt maande lank onder oorweging was, het die Polisie klaarblyklik nooit enige kontak met hierdie man gehad nie.

Daar kan seker met reg aanvaar word dat in gevalle waar depor­tasie aanbeveel word en gevalle van sekuriteitsrisiko’s, soos die van Tsafendas wel was, die Polisie in sulke sake geken word. Dit is alleen logies dat die Polisie daarvan moet kennis dra, want ’n mens moet tog aanneem dat ’n uitsettingsbevel enige oomblik deur die Minister geteken kan word en dat die Polisie dan met groot dringendheid sal moet optree.

As dit so is, laat dit weer ernstige vrae ontstaan. As die Tsafendasgeval in Kaapstad as ’n sekuriteitsaangeleendieid beskou is, was die Polisie te alle tye bewus van sy bewegings in Kaapstad, waar hy oral gewerk het en waar hy oral gebly het, sodat hulle vinnig op hom kon toeslaan? Hoe gebeur dit dat die Polisie klaarblyklik nie daarvan bewus was dat Tsafendas aan die begin van Augustus 1966 as bode in die Volksraad begin werk het nie? Het die Streekverteenwoordiger van die Departement van Binnelandse Sake in Kaapstad, met die inligting oor Tsafendas tot sy beskikking, dit nooit nodig geag om met die Polisie in verbinding te tree nie? Is dit nie vanselfsprekend dat wanneer deportasie aanbeveel word, onmiddellik ook met die Polisie in verbinding getree moet word om hulle teen so ’n persoon te waarsku nie?

In die regter se verslag word dit gestel dat toe Tsafendas aan die begin van 1966 by Marine Diamond Corporation aansoek om ’n betrekking gedoen het, die Diamantafdeling van die Suid-Afrikaanse Polisie versoek is om ’n verslag oor hom deur te stuur. Regter Van Wyk sê hierdie verslag het blykbaar net te doen gehad met die vraag of daar enige gevaar bestaan het dat hy diamante sou steel of hom aan onwettige diamanthandel skuldig sou maak. Die verslag van die Polisie was gunstig.

Die vraag wat natuurlik onmiddellik ontstaan, is hoe die Diamant­afdeling van die Polisie te werk gaan om vas te stel dat ’n persoon nie ’n risiko is sover dit diamante betref nie. As Tsafendas nie ’n risiko was nie, werp dit ernstige vraagtekens oor die doeltreffendheid van die Polisie in die verband.

Regter Van Wyk sê dat benewens hierdie verslag, die Suid-Afrikaanse Polisie nie te enige ander tyd om ’n verslag oor Tsafendas gevra is nie. Dit het egter sewe dae na die moord op dr. Ver­woerd aan die lig gekom dat die Polisie ook sy eie lêers oor Demitrios Tsafendas gehad het. Hierdie lêers het die verwysings WD 10/10/4102, WD 10/3/305 en WD 2/2078/366 gedra, terwyl daar ook ’n lêer van die Kommissaris van Polisie in Pretoria in 1941 (nr. 6/1835/3597) bestaan het.

Die bestaan van hierdie lêers het na aanleiding van ’n berig in die destydse Sondagkoerant, Die Beeld, aan die lig gekom. In die berig is vir die eerste keer aan die lig gebring dat Tsafendas se naam op die Departement van Binnelandse Sake se voorbehoudlys verskyn het.

Die berig meld voorts dat, ondanks die verskyning van sy naam op die swartlys, Tsafendas tog toegelaat is om ’n betrekking in die Volksraad te aanvaar. Verskeie regeringsinstansies, onder meer die Suid-Afrikaanse Polisie, is verantwoordelik vir die opstel van die voorbehoudlys.

Dan lui die berig voorts: “Die Veiligheidspolisie het ’n lêer oor hom (Tsafendas) gehad en toe genl. Van den Bergh, Hoof van die Veiligheidspolisie en Inspekteur-generaal van die Polisie, Dinsdagmiddag (6 September 1966) genader is oor die man se verlede, het hy die lêer binne ’n kort tydjie by hom gehad.

“Dit is waarskynlik dat die Veiligheidspolisie die lêer oor hom reeds geruime tyd het, vandat hy in Mosambiek met die Portugese Veiligheidspolisie gebots het.”

Op grond van inligting wat genl. Van den Bergh aan mnr. Vorster, die Minister van Justisie, beskikbaar gestel het, het mnr. Vorster ’n verklaring uitgereik waarin die berig dat die Veiligheids­polisie ’n lêer oor Tsafendas gehad het, ontken is.

Genl. Van den Bergh het voor die kommissie getuig dat toe hy van die moord op dr. Verwoerd verneem het, hy onmiddellik opdrag gegee het dat vasgestel moes word of die Veiligheidspolisie ’n lêer oor Tsafendas gehad het. Terselfdertyd het hy ook met Lourenco Marques in verbinding getree. Hy is in kennis gestel dat die Veiligheidspolisie geen lêer oor Tsafendas gehad het nie, maar belangrike gegewens omtrent die sluipmoordenaar is byna onmid­dellik uit Lourenco Marques ontvang. Toe die berig op 11 Septem­ber 1966 in Die Beeld verskyn het, het hy die Minister van Justisie meegedeel dat dit van alle waarheid ontbloot is.

Die redakteur van Die Beeld, mnr. Schalk Pienaar, het verduidelik dat die berig opgestel is deur afleidings te maak uit verskillende brokkies inligting wat onder hulle aandag gekom het. So het Die Beeld inligting gehad dat Tsafendas se naam op die Departement se swartlys verskyn het en daaruit is afgelei dat die Polisie waarskynlik ’n lêer oor hom gehad het. Hulle het verder inligting gehad dat genl. Van den Bergh sou gesê het dat hy volledige inligting oor Tsafendas gehad het binne ’n paar minute nadat hy die berig oor dr. Verwoerd se dood ontvang het. Hieruit is die afleiding gemaak dat die inligting uit ’n lêer verkry is.

Regter Van Wyk sê na aanleiding hiervan dat die naam van Tsafendas wel op die sg. swartlys verskyn het. Die Veiligheidspolisie het reeds sedert 1964 ’n afskrif van hierdie lys in sy besit gehad. Genl. Van den Bergh, die hoof van die Veiligheidspolisie, was egter glo nie bewus hiervan toe hy sy mededeling aan mnr. Vorster gemaak het nie.

Genl. Van den Bergh het dus onmiddellik die berig van Die Beeld deur mnr. Vorster laat ontken sonder dat hy die Departement van Binnelandse Sake se voorbehoudlys geraadpleeg het. Hy was glo nie bewus dat die Veiligheidspolisie waarvan hy die hoof was, ’n afskrif van hierdie lys gehad het nie.

Hoewel dit volgens mnr. Pienaar die koerant se eie afleiding was dat die Veiligheidspolisie en die Suid-Afrikaanse Polisie oor ’n lêer van Tsafendas beskik het, was hulle tog volkome korrek in hulle afleidings. Hieroor verklaar regter Van Wyk in sy verslag:

“Onbekend aan Die Beeld toe die berig geplaas is, en onbekend aan genl. Van den Bergh toe die ontkenning gedoen is, was die feit dat daar wel ’n ou Polisielêer, WD 10/10/4102, oor Demitrios Tsafendas bestaan het.

“Hierdie lêer is eers op 13 September 1966 deur die Veiligheids­polisie opgespoor as gevolg van inligting wat in die lêers van die Departement van Binnelandse Sake gevind is. Die lêer is wel by ’n gebou wat nou deur die Veiligheidspolisie gebruik word, gevind, maar daar is aan die kommissie verduidelik dat die vertrek waarin dit gevind is, eintlik gebruik is om sg. ‘dooie lêers’ van die Afdelingskommissaris, Witwatersrand, te huisves.”

In hierdie lêer is onder meer die briewe van 13 Oktober 1941 en 20 Oktober 1941 gevind. Die brief van 13 Oktober 1941 is die een van die Kommissaris van Immigrasie en Asiatesake waarin ge­meld word dat Tsafendas ’n kommunis is. Die een van 20 Oktober 1941 is die een van die Adjunk-kommissaris van Polisie, Witwatersrand, aan die Kommissaris van Polisie in Pretoria, oor die persoon Demitrios Tsafendas.

Hierdie briewe het in ’n vertrek vir “dooie lêers” in die gebou van die Veiligheidspolisie beland!

Regter Van Wyk verstrek vervolgens die volgende verbasende inligting:

“Die Veiligheidspolisie is in 1947 in die lewe geroep en in 1950 is lêers wat van belang was vir die Veiligheidspolisie, na hulle oorgeplaas. Hierdie lêer is blykbaar nie as van belang beskou nie en is in 1963 vernietig.”

Dertien jaar nadat belangrike lêers na die Veiligheidspolisie oorgeplaas is, is die lêer waarin na Tsafendas se kommunistiese bedrywighede verwys is, as nie van belang geag nie en vernietig. Dit was die jaar van Rivonia en die sabotasieaanslae deur die kommuniste en kommunistiese saboteurs in Suid-Afrika. Dit was ook die jaar toe Tsafendas, na ’n reeks mislukte pogings, daarin geslaag het om die grens na Suid-Afrika by Komatipoort oor te steek en Suid- Afrika binne te kom.

Regter Van Wyk verstrek egter ook nog die volgende verbasende inligting:

“Dit blyk dat geen magtiging hiertoe (die vernietiging van die polisielêer oor Tsafendas) ingevolge die Argiefwet en die regulasies daar kragtens uitgevaardig, verkry is nie.”

Die lêer oor Tsafendas, die kommunis, is dus deur die Veilig­heidspolisie vernietig sonder dat toestemming daarvoor verkry is.

Regter Van Wyk sê daar was ook nog twee ander lêers. Dit is die Lêer WD 10/3/305 en Lêer WD 2/2078/366 van die Witwaterrandse Afdeling van die Suid-Afrikaanse Polisie. Lêer WD 2/2078/ 366 is reeds in 1946 vernietig.

Die regter sê dit mag wees dat, indien ’n verslag oor Tsafendas of Tsafendakis by die Suid-Afrikaanse Polisie aangevra is toe hy in 1963 aansoek gedoen het om blywende vestiging, geen ongunstige feite ten opsigte van sy vorige verblyf aan die lig sou gekom het nie. “Die polisielêer wat ongunstige bewerings ten opsigte van Tsafendas bevat het, naamlik 6/1835/3697, was blykbaar toe reeds vernietig. Die lêer in Johannesburg, WD 10/10/4102, kon miskien opgespoor gewees het. Daar moet egter vermeld word dat dit eers op 13 September 1966 opgespoor is nadat die verwysingsnommer daarvan in die lêers van die Departement van Binnelandse Sake gevind is. Die belangrike feit is egter dat so ’n verslag nie aangevra is nie, en dit is bykans onmoontlik om te bepaal wat wel sou gebeur het indien dit aangevra is.”

Oor die geval van die verdwene en die vernietigde lêers verklaar regter Van Wyk: “Die kommissie ag dit nie nodig om verder op hierdie aspek in te gaan nie, aangesien geen verslag van die Polisie aangevra is nie. Indien ’n verslag wel aangevra was en so ’n verslag misleidend was omdat die twee lêers vernietig was en een nie gevind kon word nie, sou ’n verdere ondersoek noodsaaklik gewees het.”

Hierdie feite word deur regter Van Wyk in die laaste hoofstuk van sy verslag onder die opskrif “Die Polisie” behandel. Sy bevinding lui: “Behalwe bogemelde verslag (die een van Marine Diamond Corporation) is die Suid-Afrikaanse Polisie nie te enige tyd om enige verslag gevra nie. Dit volg dus dat geen bevinding van nalatigheid teen die Departement ingebring kan word nie.”

Vervolg...


Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4179 gaste aanlyn