NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet leer dat daar in ons lewe baie dinge is wat ons netso aan die Here moet oorlaat. Sy geregtigheid waarborg dat Hy dit eindeloos beter sal hanteer as ons. Dit sal baie spanning van ons wegneem. "...Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here" (Rom 12).

WAAROM HET JOEGOESLAWIË TOT SY EINDE GEKOM?

 Dr J J Snyman

The war in Bosnia was America’s war in every sense of the word. The U.S Administration helped started it, kept it going, and prevented it’s early end. – Sir Alfred Sherman (Margaret Thathcher se adviseur).

Ná die val van die Berlynse muur was die uitdaging vir die VSA om sy oorheersing van NATO in Europa te behou, aangesien die kommunistiese bedreiging iets van die verlede was. Nuwe konflik moes dus gesoek word.

Joegoeslawië was ‘n ideale kandidaat met sy veel-etniese samestelling van ortodokse Christelike Serwiërs, Rooms-Katolieke Slowene en Kroate en die Moslems van Bosnië-Herzegowina. Sedert 1945 het Josip Tito die land met ‘n ysterhand regeer. Met sy dood was die geleentheid daar vir dramatiese veranderinge. Die VSA het dit dadelik ingesien.

Tot en met 1980 was Joegoeslawië se ekonomie baie gesond. Jaarlikse BBP was 6%, mediese sorg was gratis en die lewensverwagting was gemiddeld 72 jaar. Nege uit elke tien burgers was as literêr beskou.

Dmv die berugte NGO’s van die VSA ( non-governmental organisations) gelei deur die National Edowment for Democracy (NED), is die saadjie geplant om onrus in Joegoeslawië te stook. Dit moes gedoen word deur die staat te balkaniseer.

Die IMF het die finale nekslag toegedien deur onmoontlike voorwaardes te stel vir die hernuwing van die skuldlas van 21 biljoen dollar. Feitlik die helfte van alle inkomste moes aangewend word om die skuldlas te dra.

Goed-betaalde onrusstokers het die revolusie vanuit die hart van Joegoeslawië gelei. Reeds in 1984 het president Ronald Reagan die Nasionale Sekuriteit-Besluit Direktief 133 (NSDD) opgeteken wat ‘n “stille revolusie” in dié staat ten doel gestel het.

Die ekonomiese krisis het die chaos in Joegoeslawië verhaas. Teen 1991 het meer as ‘n 1000 maatskappye hulle deure moes sluit en het die BBP met 15% gedaal. Werkloosheid was 20%. Salarisverhogings is op bevel van die IMF gevries. Inflasie het tot 140% gestyg.

Dit was ‘n geval van elkeen vir homself. In Junie 1991 het Kroasië en Slovenië afgeskei. Waarom? Omdat die VSA in November 1990 ‘n wet aanvaar het wat deelstate van Joegoeslawië voor die ultimatum gestel het om af te skei en alle VSA hulp te verloor. Dat dit ‘n oorlogsverklaring van die VSA was, het meeste nie eers opgemerk nie.

Die VSA het aangedring op verkiesings in elk van die ses deelstate en partye van hulle keuses befonds. George Soros het hierin ‘n leidende rol gespeel.

Slobodan Milesovic, die president, het, soos dit sy goeie reg was, sy party in November 1990 geherorganiseer ten einde die federasie (en die staat) behoue te laat bly.

Toe seperatiste ‘n militêrere basis in Mei 1991 wou oorneem het Milosevic, soos dit ‘n president van sy land betaam, teenoptrede gelas. ‘n Burgeroorlog het uitgebreek.

Die Serwiërs is deur die geldmag-gestemde media as die onderdrukkers uitgebeeld. Die oorlog sou 10 jaar duur en 133 000 lewens eis. Met VSA-hulp en terroriste opgelei deur die VSA (huursoldate) het Bosnië-Herzegowina die speerpunt van die oorlog geword.                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                      

En alhoewel ‘n verdrag in Maart 1992 onderteken is om Bosnië in drie dele te verdeel, het die VSA enkele dae later besluit om met Alija Izetbegovic ‘n ooreenkoms aan te gaan en het hy hom aan die verdrag onttrek. Die oorlog het gevolglik geëskaleer.

Izetbetgovic het die oorlog skielik ‘n “heilige oorlog” gedoop, ‘n jihad, iets wat dit net kon word vanweë Amerikaanse inmenging.

In 2002 het professor Cees Wiebes van die Amsterdamse Universiteit ‘n verslag gepubliseer getiteld Intelligence and the War in Bosnia. Daarin word bevestig dat die Pentagon en die radikale Moslemgroepe in Bosnië ‘n geheime alliansie gevorm het en wapens na Bosnië gesmokkel is. Duisende huursoldate is na Bosnië gestuur!

Op daardie stadium was die naam Osama Bin Laden nog onbekend. Wel, eers het hy die CDA hulp verleen in Afghanistan en nou het hy sy toetrede in Bosnië gemaak. Hy het ook ‘n Bosniese paspoort besit.

Die VSA-media het die propaganda-aanslag teen dít wat oorgebly het van Joegoeslawië, gelei. Milosevic is as ‘n oorlogsmisdadiger uitgebeeld en die ware geweldenaar, Izetbegovic, as ‘n heilige. Die waarheid was gans anders.

Die slagting by Srebrenica, waar Serwiërs uitgelok is om Bosniese mans af temaai, het aan die VSA die geleentheid gebied om 80 000 soldate in Bosnië te plaas om “vrede” te verseker. Op 14 Desember 1995 is die Dayton Ooreenkoms gesluit.

Intussen het die oorlog na Kosovo verskuif. Ook hier het die VSA die nodige steun aan die KLA (Kosovo Liberation Army) verleen. Dit het die oorloglustiges min geskeel dat die KLA deur die VSA gelys was as ‘n terroriste organisasie. Ook hier het Osama Bin Laden “waardevolle” werk vir die VSA gedoen. 30 000 Huursoldate het deur VSA-toedoen, toegetree.

Intussen het NATO lugaanvalle op Belgrade geloods. Bill Clinton het blatant gelieg dat Serwië besig was met “ethnic cleansing”, terwyl dit presies was wat die KLA in Kosovo gedoen het. Vir 79 dae is Belgrade gebombardeer deur NATO. Milosevic het geen ander keuse gehad as om ook Kosovo te laat gaan nie.

Milosevic was nou die laaste teiken. Deur middel van OTPOR! (vertaal as weerstand) en befonds deur miljoene vanuit die VSA is ‘n “vreedsame weerstand” van stapel gestuur om van Milosevic ontslae te raak. Hierdie keer sou dit deur middel van ‘n verkiesing geskied. Daarvoor is $41 miljoen bewillig. Die Serwiese jeug is geteiken. Anti-Milosevic slagspreuke is deur die ganse Serwië op mure met spuitverf geverf. 2.5 Miljoen plakkers is oral geplak. “He’s finished”, was die slagspreuk.

Die sosiale media, toe nog in sy kinderskoene, het handig te pas gekom. Op 5 Oktober 2000 het Milosevic die verkiesing verloor teen die VSA-gesteunde Vojislav Kostunica. Op 1 April 2001 is Milosevic gearresteer en is Serwië gedreig met sanksies as hy nie aan die Internasionale Tribunaal (ICTY} uitgelewer word nie.

Die klagte? Oorlogsmisdade. Op 11 Maart 2006 is hy dood in sy sel gevind. Hy is nooit skuldig bevind aan enigiets nie. In Maart 2016 het die ICTY bevind dat daar nie genoegsame getuienis was waarop Milosevic skuldig bevind kon word nie. Die media het hierdie bevinding geïgnoreer.

Duisende menselewens en miljoene dollars later.... En Amerika se greep op Europa was bestendig!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3059 gaste aanlyn