VERSKROEIDE AARDEBELEID

Op 16 Junie elke jaar herdenk ons Die Verskroeideaardebeleid, omdat ons steeds met meegevoel en dankbaarheid onsself nie die verskriklike lyding van ons Boeregesinne kan indink nie. DiĆ© beleid is aanvanklik deur lord Roberts ingestel en later deur Horatio Kitchener uitgebrei gedurende die Tweede Vryheidsoorlog wat geduur het van 1899 - 1901.

Die Engelse was nie in staat om ons Boere in die oorlogveld te wen nie en daarom die lafhartige plan uitgedink om die vrouens en kinders gevange te neem en landerye af te brand. Volgens hierdie beleid is ook byna al die Boere se plaashuise verbrand, vee op die wreedste wyses doodgemaak en die vroue en kinders is na konsentrasiekampe toe gestuur, soms soos vee deur swartes soontoe aangejaag, sommige kaalvoete, oues, siekes, alles sonder enige genade. In die kampe was daar onvoldoende kos, mediese dienste en doelbewuste pogings om veral kinders te laat sterf. I1901 het ongeveer 25 000 kinders en 3 000 vroue in hierdie kampe van honger en siekte gesterf.

Lord Roberts het op 16 Junie 1900 die volgende proklamasie (No 5/1900) uitgevaardig:

 

Whereas small parties of raiders have recently been doing wanton damage to public property in the Orange River Colony and South African Republic by destroying railway bridges and culverts and cutting the telegraph wires, and whereas such damage cannot be done without the knowledge and connivance of the neighbouring inhabitants and the principle civil residents in the districts concerned;

Now, therefore, I, Frederick Sleigh, Baron Roberts, of Kandahar and Waterford, K.P., G.C.B., G.C.S.I., G.C.I.E., Field-Marshal, Commander-in-Chief of Her Majesty's Troops in South Africa, warn the said inhabitants and principle civil residents that, whenever public property is destroyed or injured in the manner specified above, they will be held responsible for aiding and abetting the offenders. The houses in the vicinity of the place where the damage is done will be burnt and the principle civil residents will be made prisoners of war.

Hier volg 'n paar foto's wat pragtig deur Tinus le Roux met kleur bewerk is: